Page 1 of 1

Navraag oor Truvelo lope

Posted: Thu Mar 07, 2019 10:45 am
by Veteran
Môre manne, het enigeen ondervinding met Truvelo se lope ? Ek kyk na die vervanging van .300 Wm se loop en oorweeg Truvelo. kommentaar of ervarings sal waardeer word.

Re: Navraag oor Truvelo lope

Posted: Thu Mar 07, 2019 1:05 pm
by joe rocket
Kyk na hulle nuwe teflon lope. Bitter goed.

Re: Navraag oor Truvelo lope

Posted: Thu Mar 07, 2019 1:44 pm
by Fanta300
Ek het een op my 260Rem. Baie tevrede

Re: Navraag oor Truvelo lope

Posted: Thu Mar 07, 2019 3:13 pm
by Riaan Kriel
Ek het een op my 260AI.. Ek skiet 123gr en 140gr Nosler CC met hom. Na ongeveer 1200 skote het ek begin om die koeëls te moly. Geweer word na elke skietsessie skoongemaak. Ek het die vorige 4 jaar met die geweer deelgeneem aan die SAJWV Presidentskiet- en Intertakkompetisies op streek- en nasionale vlak. Die loop het tans so net onder die 4000 skote deur en die verwering begin nou duidelik wys as met 'n borescope geloer word. Die geweer skiet egter steeds gereeld 10-15mm 3-skootgroeperings op 100m as ek my kant bring en 25mm groeperings op 300m is ook nie ongewoon nie.

So ek is heel tevrede met die een wat ek gekry het.