Page 1 of 1

karp hengel

Posted: Sun Feb 24, 2019 7:05 pm
by Eli
iets wat my laat wonder, enige komentaar oor die volgende:
ek is lief vir karp hengel (spesie hengel) en het stories gehoor by die eienaar van die dam waar ek gereeld vang, dat n sekere persoon wat homself voor doen as n protea hengelaar, konsessie oor die spesifieke dam wil neem en dat die protea hengelaar beweer dat, mielies (bol pap) nie goed is vir karpe, die mielies swel in hul magies en dan vrek die karpe.
Ek hengel baie jare met mielies as bol aan die hoek en nog nooit het n karp gevrek waarvan ek weet, aan mielies. Vir jare hengel vissermanne met mielies en nog nooit is daar bewys, dat karpe by dosyne vrek, asgevolg van mielies, ongeag gekook of fyn gemaal. Gesonde kommentaar sal waardeer word.

Re: karp hengel

Posted: Sun Feb 24, 2019 10:11 pm
by Gawie(13mm)
r u a robot! ???

Re: karp hengel

Posted: Mon Feb 25, 2019 8:24 am
by Lourens Potgieter
Neewat, ek weet van ouens met privaat damme wat die karps weekliks mielies voer. Ek weet wel grondboontjies in rou vorm laat hulle vrek.

Re: karp hengel

Posted: Mon Feb 25, 2019 8:34 am
by joe rocket
Dis n uitheemse spesie. So hulle kan maar vrek. Gaan stel jouself asb. voor.

Re: karp hengel

Posted: Tue Feb 26, 2019 8:46 am
by Frederik
Gawie(13mm) wrote:r u a robot! ???
Die byt op lyn is te laat gekap lyk dit my.

Re: karp hengel

Posted: Tue Feb 26, 2019 12:06 pm
by Rudiejacobs
Nee wat, spesie manne is mos maar ANDERS jong.

Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk