Page 1 of 1
45-70
Posted: Sun Feb 24, 2019 12:13 pm
by Baas Rudi
Hi Guys.
Does a 45-70 qualify as a big bore calibre?
Thanks
Rudi
Sent from my S60 using Tapatalk
Re: 45-70
Posted: Sun Feb 24, 2019 12:52 pm
by Pvdw
Sovêr ek weet is 9.5mm(.375) die kleinste om te kwalifiseer as groot kaliber. Nou as dit korek is kom die 45-70 in teen 'n gemaklike 11.4 of 11.5mm. Die 45-70 se go-to koeël is rondom 400gr toon so 1700-1800ft/s as ek reg onthou. Dis in die energie ballpark van die 375H&H met 300g.
Dis my droom geweer vir bosjag. Ek wil hom skiet met 405gr cast bullets teen so 1800ft/s. As bosgeweer gaan hy als wat ek kan bekostig lag lag kan jag met min vlies skade en die lekker is dat ek vir hom kan cast en gas check vir onder R1/koeël.
Re: 45-70
Posted: Sun Feb 24, 2019 12:54 pm
by Baas Rudi
Baie dankie. Ek oorweeg sterk om my 375Ruger te verkoop en vir my so een aan te skaf.
Sent from my S60 using Tapatalk
Re: 45-70
Posted: Sun Feb 24, 2019 3:55 pm
by DWB
Ek het nog nie eintlik manne by BASA gesien wat hulle skiet nie. Sal hoor en laat weet of hy daar gaan tel.
Re: 45-70
Posted: Sun Feb 24, 2019 4:02 pm
by DWB
Het nou vanaf die voorsitter gehoor hy tel wel!
Ek sou vir die langste moontlike loop gaan as ek jy was.
Re: 45-70
Posted: Mon Feb 25, 2019 12:01 am
by Albert84
1800fps met 400gr is ruger no1 se wereld. Ek het n tuarus rio grande en stop maar by 1800fps met 300gr.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 45-70
Posted: Mon Feb 25, 2019 8:25 am
by Wouter Roets
More Rudie
Daar is basies twee maksimum drukvlakke vir die rondte. Die eerste een wat hier by die 28 000psi merk hardloop is bedoel vir lever action gewere soos Marlin asook die ou militere gewere waarvoor die rondte oorspronklik voor ontwerp was. Gewere met aksies in die klas van die Ruger No1 word drukvlakke meer in die orde van 32 000psi gehardloop. Daar is manne wat hom hoer hardloop, maar doen dit op risiko aangesien die doppe nie ontwerp is vir moderne drukvlakke nie. So as jy op n geweer besluit moet jy hierdie ingedagte hou.
Nou as ons praat oor geskiktheid van die kaliber vir gevaarlike wild jag dan kom ons uit op daai grensgeval argumente. Ja hy kwalifiseer in terme van loop deursnee, maar agv sy lae snelhede met geskikte koeels is hy verseker nie idiaal vir die aplikasie nie. Penetrasie veral deur groot bene word n probleem. Verder sukkel n mens met koeels wat nie ontwerp is vir die lae snelhede om op te tree soos hulle moet. Jy kan aan die kaliber dink in dieselfde asem as die 308 as langafstand kaliber. As jy beperk is om net hom te gebruik dan kan hy werk, maar as daai beperking weggevat word dan is daar n magdom beter keuses.
So as jy van dag een af besluit om die roer te gebruik vir n lekker bosveld roer gaan hy jou oneindige plesier verskaf, maar as jy ernstig is oor grootwildjag sal ek jou baie sterk aanbeveel om eerder na iets anders te kyk.
Groetnis
Wouter
Re: 45-70
Posted: Mon Feb 25, 2019 9:40 am
by Baas Rudi
Dankie Wouter,
Ek kan myself nie maklik insien om eendag 'n buffel te gaan skiet nie, op die huidige oomblik gebruik ek my 375Ruger maar net vir bosveld jag en Big Bore skiet oefeninge.
Die lever action is maar iets wat ek altyd wou gehad het maar ek wil nie myself benadeel deur om nie meer aan die Dangerous Game shoots en SAjagter se big bore oefeninge te kan deel neem nie.
Re: 45-70
Posted: Mon Feb 25, 2019 9:57 am
by Wouter Roets
Rudie
Ek ken n paar manne wat so n Marlin in n 45-70 het en ek weet daai manne verruil daai gewere vir niks. Sal self nie omgee vir so een in SS met n swart galamineerde kolf nie. Sal verseker een van die lekkerste en handige bosveld kombinasies daar buite wees. Sal ook regtig lekker werk vir die big game shoots. Moet net nie gedruk word om hom te warm te laai om kompeterend te wees by n plek soos BASA waar energievlakke ter sprake is nie.
Groetnis
Wouter
Re: 45-70
Posted: Mon Feb 25, 2019 10:00 am
by Baas Rudi
Dankie vir die advies Wouter. Sal nou begin soek vir 'n mooi 45-70 en dan die 375 verkoop.
Weereens dankie vir almal se insette
Re: 45-70
Posted: Mon Feb 25, 2019 12:37 pm
by Geno
Wouter Roets wrote:Rudie
Ek ken n paar manne wat so n Marlin in n 45-70 het en ek weet daai manne verruil daai gewere vir niks. Sal self nie omgee vir so een in SS met n swart galamineerde kolf nie. Sal verseker een van die lekkerste en handige bosveld kombinasies daar buite wees. Sal ook regtig lekker werk vir die big game shoots. Moet net nie gedruk word om hom te warm te laai om kompeterend te wees by n plek soos BASA waar energievlakke ter sprake is nie.
Groetnis
Wouter
Ek het so een wat in Maart land indien iemand belangstel?
Marlin 1895SBL .45-70...
https://www.marlinfirearms.com/sites/default/files/styles/mar_catalog_product/public/70478_1895SBL_Right.png
Re: 45-70
Posted: Mon Feb 25, 2019 1:39 pm
by Swede
Geno wrote:Wouter Roets wrote:Rudie
Ek ken n paar manne wat so n Marlin in n 45-70 het en ek weet daai manne verruil daai gewere vir niks. Sal self nie omgee vir so een in SS met n swart galamineerde kolf nie. Sal verseker een van die lekkerste en handige bosveld kombinasies daar buite wees. Sal ook regtig lekker werk vir die big game shoots. Moet net nie gedruk word om hom te warm te laai om kompeterend te wees by n plek soos BASA waar energievlakke ter sprake is nie.
Groetnis
Wouter
Ek het so een wat in Maart land indien iemand belangstel?
Marlin 1895SBL .45-70...
https://www.marlinfirearms.com/sites/default/files/styles/mar_catalog_product/public/70478_1895SBL_Right.png
Geno, wat prys hulle min of meer?
Sent from my SM-N960F using Tapatalk
Re: 45-70
Posted: Mon Feb 25, 2019 1:53 pm
by Geno
Geen idee nie. Het hom al amper 3 jaar op backorder en het nou gehoor hy is naby. Die ou wat hom destyds bestel het het egter elders n 2dehandse een gekoop intussen.
Re: 45-70
Posted: Mon Feb 25, 2019 2:26 pm
by Geno
Cassie het 1ste opsie op die 1895SBL wat inkom sodra ons prys het.
Re: 45-70
Posted: Mon Mar 25, 2019 6:47 pm
by Geno
Swede wrote:Geno wrote:Wouter Roets wrote:Rudie
Ek ken n paar manne wat so n Marlin in n 45-70 het en ek weet daai manne verruil daai gewere vir niks. Sal self nie omgee vir so een in SS met n swart galamineerde kolf nie. Sal verseker een van die lekkerste en handige bosveld kombinasies daar buite wees. Sal ook regtig lekker werk vir die big game shoots. Moet net nie gedruk word om hom te warm te laai om kompeterend te wees by n plek soos BASA waar energievlakke ter sprake is nie.
Groetnis
Wouter
Ek het so een wat in Maart land indien iemand belangstel?
Marlin 1895SBL .45-70...
https://www.marlinfirearms.com/sites/default/files/styles/mar_catalog_product/public/70478_1895SBL_Right.png
Geno, wat prys hulle min of meer?
Sent from my SM-N960F using Tapatalk
Hulle kos R24800
Sent from my SM-G975F using Tapatalk