Page 1 of 2
Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Wed Feb 13, 2019 8:58 am
by knipmes
Kan die mense wat weet asb n lys van die provinsies wat 9,3 kalibers toelaat vir gevaarlike wild soos buffels voorsien? Indien moontlik ook buurlande soos Namib, Zim, Zambia, Botswana
Dankie
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Wed Feb 13, 2019 9:20 am
by Supacow
Sal ook graag wil weet veral by kalibers soos 9.3x66
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Wed Feb 13, 2019 9:26 am
by DWB
Ekkan onthou daar was 'n provinsie of 2 in SA wat hom toelaat, maar die ongeskrewe reel is dat min mense jou in SA sal weier om met 'n 9.3 te jag.
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Wed Feb 13, 2019 9:45 am
by Apie
Dink net Natal as ek reg onthou is 375 minimum
Res is 9.3x62 reg!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Wed Feb 13, 2019 10:45 am
by Wouter Roets
Lian
Sover ek dit het is dit net Natal wat die 9,3 toelaat. Die res is almal 375 minimum.
Groetnis
Wouter
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Wed Feb 13, 2019 11:44 am
by Frederik
Vir internasionaal is Nam en Zim reg vir 9.3 net nie 100% seker oor olifant in Nam nie omdat hulle met min energie tabel werk.
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Wed Feb 13, 2019 6:34 pm
by spekieries
Zimbabwe- both 9.3's mentioned is legal
Namibia- only 9.3x64 legal for buffalo, 9.3x62 legal for lion, hippo, elephant as they are not specifically mentioned in law. (Law states minimum energy level of 5400 J / (about 3900 ft/lbs) for buffalo)
South Africa- both legal, except in Kwazulu Natal province, where minimum is .375. (Northern Cape's new "permit conditions" on the back of a hunting permit states .375 as minimum, and also that you require 2 PH's to hunt dangerous game!!! I do not think they enforce it though.)
I still want to meet the outfitter telling a prospective client he cannot hunt with his beloved 9.3x62...
Aanhaling van Karel Stumpfe - Namibië PH, BASA lid, van ons lede het al saam met hom gejag en kan getuig.
Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Wed Feb 13, 2019 8:19 pm
by Apie
spekieries wrote:Zimbabwe- both 9.3's mentioned is legal
Namibia- only 9.3x64 legal for buffalo, 9.3x62 legal for lion, hippo, elephant as they are not specifically mentioned in law. (Law states minimum energy level of 5400 J / (about 3900 ft/lbs) for buffalo)
South Africa- both legal, except in Kwazulu Natal province, where minimum is .375. (Northern Cape's new "permit conditions" on the back of a hunting permit states .375 as minimum, and also that you require 2 PH's to hunt dangerous game!!! I do not think they enforce it though.)
I still want to meet the outfitter telling a prospective client he cannot hunt with his beloved 9.3x62...
Aanhaling van Karel Stumpfe - Namibië PH, BASA lid, van ons lede het al saam met hom gejag en kan getuig.
Wouter Roets wrote:Lian
Sover ek dit het is dit net Natal wat die 9,3 toelaat. Die res is almal 375 minimum.
Groetnis
Wouter
Skuld my ‘n koue een!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Wed Feb 13, 2019 8:46 pm
by tripodmvr
Die klient het 'n PH saam met hom wat die minimum kaliber sal moet gebruik. Hy kan dus sekerlik sy 9.3 met toestemming van die PH aanwend. Dit is wanneer iemand seerkry of gedood word waar die papaja die waaier tref.
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Wed Feb 13, 2019 9:18 pm
by Frederik
Ek sien dit so as jy nog nie 9.3 of 375 het nie en nie of een ander groter kaliber nie koop die 375 H&H jy kan hom aflaai om soos 'n 9.3 te hardloop en dan is alles wettig waar jy gaan.
Dit is soos laatjie wat sy eerste dop by die bar wil koop hy is 17 en volgende week 18 niemand kom dit agter nie maar dit is nogsteeds nie wettig nie.

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Thu Feb 14, 2019 6:44 am
by knipmes
Frederik wrote:Ek sien dit so as jy nog nie 9.3 of 375 het nie en nie of een ander groter kaliber nie koop die 375 H&H jy kan hom aflaai om soos 'n 9.3 te hardloop en dan is alles wettig waar jy gaan.
Dit is soos laatjie wat sy eerste dop by die bar wil koop hy is 17 en volgende week 18 niemand kom dit agter nie maar dit is nogsteeds nie wettig nie.

Ek het nou wel nie enige gevaarlike wild met die 9,3 X 62 geskiet nie maar ek sal my geweer nie vir n 375 omruil nie (Het voorheen n 375 besit)
Miskien as ek eendag groot is, n werk het en n salaris verdien, sal ek dalk n buffel kan bekostig.
Dankie vir al die insette
Groete en lekker skiet met wat jy ook al besit.
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Thu Feb 14, 2019 7:44 am
by Supacow
Waar pas die 9.3x66 in op daai energie tabelle. Sal hy mag buffel doen?
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Thu Feb 14, 2019 2:00 pm
by knipmes
spekieries wrote:Zimbabwe- both 9.3's mentioned is legal
Namibia- only 9.3x64 legal for buffalo, 9.3x62 legal for lion, hippo, elephant as they are not specifically mentioned in law. (Law states minimum energy level of 5400 J / (about 3900 ft/lbs) for buffalo)
South Africa- both legal, except in Kwazulu Natal province, where minimum is .375. (Northern Cape's new "permit conditions" on the back of a hunting permit states .375 as minimum, and also that you require 2 PH's to hunt dangerous game!!! I do not think they enforce it though.)
I still want to meet the outfitter telling a prospective client he cannot hunt with his beloved 9.3x62...
Aanhaling van Karel Stumpfe - Namibië PH, BASA lid, van ons lede het al saam met hom gejag en kan getuig.
Ek weet nie van die 9,3 X 66 Sako se energie nie maar die energie van 9,3 X 62 wat ek op die I/ net gesien het:
293gr @ 2400 vt p sek = 5209 J of 3842 vt pond
286gr @ 2360 vt p sek = 4803 J of 3543 vt pond
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Thu Feb 14, 2019 4:41 pm
by Supacow
Lyk my hy maak dit.
286@2560 voete 4163 vt ponde
Sommige lande het glo n beperking tov minimum deursnit van koeel wat (375) is.
Weet jul wie die lande is?
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Thu Feb 14, 2019 5:11 pm
by knipmes
Supacow wrote:Lyk my hy maak dit.
286@2560 voete 4163 vt ponde
Sommige lande het glo n beperking tov minimum deursnit van koeel wat (375) is.
Weet jul wie die lande is?
Mooi! Nou kan ek die laaste olifant en geblikte leeus wat nog nie gestroop is nie gaan jag

Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Thu Feb 14, 2019 6:29 pm
by DWB
Die meeste manne wat 375 herlaai moet hoop en bid hulle word nie gechrony voor die jag nie....
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Fri Feb 15, 2019 7:35 am
by JAGTERSREG-JRM
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Fri Feb 15, 2019 9:16 am
by FHM
Minimum Equipment Requirements for Rifle Hunting in Namibia
- Namibia does not have a minimum caliber requirement for rifle hunting and rely by law on minimum energy (Eo - muzzle velocity). Smallest caliber recommended by NAPHA 7 mm (.284).
- Minimum energy (Eo - muzzle velocity)
*Big Game = 5400 Joule (Elephant, Cape Buffalo, Rhino, Lion, etc.)
*Large Game = 2700 Joule (Greater Kudu, Cape Eland, Oryx / Gemsbok, Red Hartebeest, Blue Wildebeest, Black Wildebeest, Hartmann's Zebra, Burchell's Zebra, Giraffe, Sable Antelope, Roan Antelope, Waterbuck, Tsessebe, Leopard, etc.)
*Medium to Small Game = 1350 Joule (Springbok, Impala, Blesbok, Gray Duiker, Steenbok, Ostrich, Caracal, Black-Faced Impala, Red Lechwe, Damara Dik-Dik, Klipspringer, Black-Backed Jackal, Warthog, Cheetah, Nyala, Chacma Baboon, Game Birds, etc.)
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Fri Feb 15, 2019 9:26 am
by DWB
Ek het nou al baie ouens se spoed en ladings gekyk, meeste hang hier by 2300fps rond....
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Fri Feb 15, 2019 9:34 am
by Wouter Roets
Lian
Ek sal met graagte vir jou n koue koop. Net n vraag, het wetgewing verander vanaf 1999 op minimum kalibers? Dit was die jaar toe ek my beroepsjag kursus gedoen het en toe was 375 die minimum met net Natal waar jy die 9,3 kon gebruik. Ek verbeel my daar was op n kol voorgestelde wetgewing waar energie syfers ook betrokke was, maar kan nie onthou of dit toe aanvaar was nie. Het iemand dalk die wetgewing byderhand? Ek het ge-google, maar kry niks.
Groetnis
Wouter
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Fri Feb 15, 2019 9:35 am
by JAGTERSREG-JRM
Ek het nou al baie ouens se spoed en ladings gekyk, meeste hang hier by 2300fps rond....[/quote]

Eishhh
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Fri Feb 15, 2019 9:42 am
by Apie
Wouter Roets wrote:Lian
Ek sal met graagte vir jou n koue koop. Net n vraag, het wetgewing verander vanaf 1999 op minimum kalibers? Dit was die jaar toe ek my beroepsjag kursus gedoen het en toe was 375 die minimum met net Natal waar jy die 9,3 kon gebruik. Ek verbeel my daar was op n kol voorgestelde wetgewing waar energie syfers ook betrokke was, maar kan nie onthou of dit toe aanvaar was nie. Het iemand dalk die wetgewing byderhand? Ek het ge-google, maar kry niks.
Groetnis
Wouter
As ek reg onthou het ek die ordonansie eksamen einde 2005 geskryf en ek het nogal ‘n punt daarvan gemaak om op te let siende ekself ‘n 9.3 skiet.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Fri Feb 15, 2019 6:52 pm
by Frederik
Ek weet nie van die ander provinsies nie maar ordonansie het in Limpopo verander seker by 2006-2007 met die dat jy eweskielik vir aap en bobjaan permitte voor die tyd moes kry.
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Tue Jul 14, 2020 6:31 am
by ettiene.xtremetr
Ek self geniet my 9.3x62 maar het nie n belang om buffel te skiet nie. Kommentaar wat ek kan lewer sal dalk n paar manne dwars krop laat trek....
Met die intree slag wou ek n punt laai wat redelik goedkoop is tog effektief is op papier asook bos.
Met my heenswaaie het ek met Kobus gesels van Impala.
Hier is die issue. Met n loodpunt kry jy n swaar stadige punt. Om effektiewe energie verplasing te bekom moet jy 250 of 286 min laai met n effektiewe range van minstens 80m tot 150m.
Wat ek agtergekom het van Impalas is dat jy tog ligter kan laai wat masiewe energie verplasing tot gevolg het. Die syfers was bevestig tog het ek nie baie aandag gegee nie. Wat ek wel kan bevestig is dat SA Jagters die 9.3 beskou as n grootwild geweer. Die min vereiste is nou nie meer soveel die kaliber nie maar is gebaseer op die Joules.
My huidige gewig is soos volg
200gr Impala. Zero op 100. Effektief tot 200m
180gr impala. Zero op 200. Effektief tot 300.
Verder moet ek die visuelle effek van die 200gr noem. Met n laaste skiet by jan haasbroek het my skiet maaitjie n masiewe gat in die wal geraporteer elke keer as die 200gr die wal tref.
Die effektiewe vereiste van n groot kaliber is dus nie die grote van kaliber nie (size does not matter, lol) maar tog hoe effektief hy energie verplaas.
My baan punt is nou wel die 180gr. Gelaai soos n 30-06 met spoed bo 2690 gelaai met S321. Ongelooflik akkuraat (12mm geoep op 100) en dan sy "drop" varieer so min tussen 50m en 200m (10mm laag op 100m, zero op 200m) dan net onder 2 duim op 250.
Wil graag ander manne so opinies hoor van Impala op sie kaliber asook of daar enige jag verwante sukses of kritici uitgelok kan word.
Gooi lood (of geel koper)!!!!
Sent from my LYA-L09 using Tapatalk
Re: Toelaatbaarheid van 9,3 kaliber vir gevaarlike wild
Posted: Tue Jul 14, 2020 6:49 am
by knipmes
Dankie vir die inligting. Ek ken Kobus (en sy oorlede pa) Kobus het in 2003 vir my Impalas met al die nodige gegewens vir die 9,3 X 62 en die 375H&H gestuur Ongelukkig het die Impalas nie goed gegroepeer uit my 9,3 geweer nie. Die ladings vir die 375 was egter wel heel goed. Op n stadium het ek 255 gr Sako koeels gebruik wat uitsonderlik akkuraat was. Ek gebruik tans 286 gr Lapua Mega punte wat goed in my geweer werk. 285 gr Norma Oryx ook gekoop. Hulle gee ook goeie groeperings.
Hoop jy kry net soveel plesier uit jou 9,3
Groete