Page 1 of 1

10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Thu Oct 27, 2011 9:29 pm
by JoevR
Hier is 'n paar foto's van my A tipe Oberndorf Mauser, vervaardig in 1932.

Die geweer:
        [img width=560 height=117]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... G_6147.jpg[/img]

BUGN Proefmerk en Reeksnommer:
        [img width=560 height=373]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... G_6150.jpg[/img]

Klein Mauser Banner:
        [img width=560 height=373]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... G_6151.jpg[/img]

Klappiesvisiere:
        [img width=560 height=373]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... G_6152.jpg[/img]

Die geweer groepeer heel skaflik.

3 Skoot 25 mm groep:
        [img width=560 height=326]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... 0006-2.jpg[/img]

3 Skoot 13 mm groep:
        [img width=560 height=320]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... an0007.jpg[/img]

3 Skoot 10 mm groep:
        [img width=560 height=435]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... an0008.jpg[/img]

Groete
Joe

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Thu Oct 27, 2011 9:38 pm
by tripodmvr
Het nog altyd gehoor hoe swak kaliber dit is/was. As mens na die ballistiek kyk is dit perfekte buffelkos en met (ordentlike) soliede koeel genoeg vir enige olifant.

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Thu Oct 27, 2011 10:15 pm
by JoevR
Tripodmvr, ek stem. Die volgende foto's kom uit George Michael se boek "African Fury", Maart 1954. George Michael het 'n wapenwinkel besit in Pretoria. Miskien sal die ouer garde hom onthou. Sy keuse was die 10,75 x 68 Oberndorf Mauser.

        [img width=560 height=398]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... 0009-2.jpg[/img]

        [img width=560 height=467]http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... 0010-2.jpg[/img]

Groete
Joe

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Thu Oct 27, 2011 10:52 pm
by immelmanw
Oooo f..... Dit is n mooi geweer!

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Fri Oct 28, 2011 5:35 am
by JoevR
Dankie Willem. Ek het die afgelope seisoen 'n blouwillebees geklop met die geweer. Plankdwars, op die blad, die 350 gr Woodleigh was regdeur.

Die geweer se blou afwerking is 95 % weg, en daar is maar pitmerke hier en daar. Moet ek die geweer herblou of nie?

Groete
Joe

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Fri Oct 28, 2011 7:26 am
by blaser
wat sal so geweer werd wees

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Fri Oct 28, 2011 7:30 am
by axe942
Sjoe, dis baie mooi Joe !

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Fri Oct 28, 2011 7:32 am
by Geno
Oom Joe,
Dis 'n verskriklike mooi geweer! Ek sou hom gladnie laat her-blou nie, hy't baie mooi karakter!

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Fri Oct 28, 2011 4:38 pm
by Francois Marais
Joe
wat sal so geweer werd wees
Ek sal ook graag wil weet.

Mooi loop
Francois

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Fri Oct 28, 2011 5:18 pm
by JoevR
remington wrote: wat sal so geweer werd wees
Remington, die versamelwaarde van Oberndorf Mausers hang van die volgende faktore af:

1. Toestand van die wapen: % oorblywende blou op staal, oorspronklike afwerking op kolf.
2. Oorspronklikheid: stem die nommers op al die parte ooreen, is slot geboor en getap vir teleskoopmontering, grendelhandvatsel aangepas, loop korter gemaak, ens. Enige verandering aan die geweer doen afbreuk aan versamelwaarde.
3. Tipe aksie: Standaard aksie is volopste. Intermedieere aksie is skaarser. Kort intermedieere aksie (Gregor Woods se "Reduced" aksie) is seldsaam.  Kurz en Magnum aksies is baie skaars. Hoe skaarser hoe meer waardevol. Vierkantbrug aksies kom teen 'n premie. Dubbel vierkantbrugaksies teen 'n premie x 2.
4. Model: A, B, C, S en M (volkolf modelle), Afrika Model. B Model is die volopste. S en M is seldsaam in Suid-Afrika. Ek het nog nie 'n C gesien nie.
5. "One of a kind" Die enigste opgetekende Afrika Model op 'n Kurz aksie, kaliber in 8 x 51, is in Suid-Afrika. Daar is moontlik ander, of dalk nie!
6. "Special features": enige nie-standaard, spesiale bestelling spesifikasies soos halfrond, half agtkantige loop, vol agtkantige loop, fabriek teleskoop basisse en ringe, Zeiss of ander "period" teleskoop, spesiale "safety", gravering, hoer graad hout ens. dra by tot waarde.

Oberndorf Mausers is slegs op bestelling gebou, hetsy van indiwidue of handelaars. Ongeveer 127 000 is gebou van 1898 tot 1946. Die fabriek is toe vernietig.

Ek vroeer vanjaar na 'n B Model in 10,75 x 68 kaliber, met spesiale "Tang sight", in goeie toestand, gaan kyk by African Rifles.
Die prys was R 58 000. Bo my vuurmaakplek.

Groete
Joe

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Sat Oct 29, 2011 9:06 am
by blaser
dankie maat die goed is ook my belangstelling
wat dink jy van die ander mausers wat ook daar in suhl gebou is

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Sat Oct 29, 2011 12:16 pm
by Nuweseun
Joe, daai is voorwaar 'n stunning roer!!

Ek sal hom net so los, stem saam met Geno en nie weer blou nie. Baie baie mooi!

Groete

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Sat Oct 29, 2011 6:46 pm
by immelmanw
JoevR wrote: Dankie Willem. Ek het die afgelope seisoen 'n blouwillebees geklop met die geweer. Plankdwars, op die blad, die 350 gr Woodleigh was regdeur.

Die geweer se blou afwerking is 95 % weg, en daar is maar pitmerke hier en daar. Moet ek die geweer herblou of nie?

Groete
Joe
Ek sou nie herblou nie, deel van die geweer se mooi is sy looks, n mens kan sien hy het al gewerk!

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Sun Oct 30, 2011 6:28 am
by JoevR
remington wrote: dankie maat die goed is ook my belangstelling
wat dink jy van die ander mausers wat ook daar in suhl gebou is
Remington, daar is verskeie boeke oor Oberndorf Mausers. Die een wat ek eerste sal koop is "Mauser Original Oberndorf Sporting Rifles" deur Speed, Schmid & Herrmann, 1997. Wees egter gewaarsku, nadat ek hierdie boek gelees het, het ek Mauser mal geword! ;D

Die volgende aanhaling kom uit "Mauser Bolt Rifles", Ludwig Olson, Third edtion, 1988:

"Mauser Sporters by other makers: Sporters produced in Suhl

Many Mauser sporters were produced by firms other than the Mauser Co. Some of these rifles were of high quality and compared favorably with Oberndorf Mauser sporters. Others varied from excellent to only fair. Among the better ones were those produced by J.P. Sauer & Sohn, C.G. Haenel, Heinrich Krieghoff and Merkel Brothers. These firms were located in Suhl, the famous German gunmaking city."

Die name van sekere van die Suhl vervaardigers is vandag steeds met ons. Ek het al verskeie Suhl Mausers gesien. Gewoonlik is die vervaardiger se naam iewers op die geweer, meestal op die loop en ook die woord Suhl. Interessante gewere, ek het self nog nie een besit nie. Sal graag wil as ek 'n mooi een kan kry.

Groete
Joe

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Sun Oct 30, 2011 8:59 am
by Wouter Roets
Hallo Joe

Hierdie is n pragtige geweer en n bitter interessante kaliber. Ek het al heelwat oor die kaliber gelees en stem saam dat Taylor die pot heeltemal misgesit het met swak redenasie wat aan die dag gele was deur hom.

So bye the way wat dink jy van die nuwe Mausers van vandag?

Groetnis
Wout

PS Ek sal bietjie werk aan jou herlaaitegniek, ek dink daar is plek vir verbetering! ;D ;D ;D

Re: 10,75 x 68 Oberndorf Mauser

Posted: Sun Oct 30, 2011 4:14 pm
by JoevR
Hallo Wouter, dankie vir die kompliment.

Die herlaai van die hierdie geweer was heel interessant. Die cannelure op die 350 gr Woodleigh sagte punt koeel is 'n volle 3,5 mm vlakker as op die 347 gr Stewart. Die Stewart se cannelure stem ooreen met die van RWS fabrieksammo. Ek krimp maar altyd die kalibers van 9,3 en op met die Lee Factory Crimp Die. Ek het die RWS fabrieks ammo geskiet teen 2200 vt/sek trompsnelheid, met so rapsie oor 'n duim groep op 50 meter met oop visier.

Die 350 gr Woodleigh (eintlik bedoel vir die 404) het ek geskiet teen 2400 vt/sek, 3 skote sny mekaar op 50 meter met oop visier! Daardie ekstra dopkapasiteit doen die ding, en in my 10,75 x 68 sonder tekens van druk! Dit is wanneer 'n ou die onbekende betree met herlaai eksperimente, dat jy regtig waardering kry vir Paul Mauser se geniale ontwerp van die sterk 98 aksie! Die lekker van self laai is dat die werkverrigting van sogenaamde kontroversieele kalibers soos die 458 Win Mag en 10,75 x 68 verbeter kan word.

Die nuwe M03 Mausers is indrukwekkende gewere. Die enigste moderne Mauser wat ek het is 'n Model 96 met "straight pull bolt" in 30-06 kaliber. Akkurate geweer met 165 greiners. Die "straight pull bolt" se werking is kompleks en blykbaar 'n nagmerrie om te herstel as iets fout gaan. Die gewere word ook nie meer gemaak nie.

Groete
Joe