Page 1 of 1

Eerste probeer slag

Posted: Thu Jan 31, 2019 6:46 am
by Blink Stefaans
Dagse manne.
Is uiteindelik klaar met my eerste mes. So tussen die kinders deur was ek n maand lank besig met hom.
Die staal was n stuk 6x60mm 5160 veër staal en al die werk is met hand gereedskap gedoen...vyle en skuurpapier. Die handvadsel is hardekool wat my vriend van Komatipoort vir my gestuur het
Uit elke fout het ek n les geleer. Het probeer regmaak waar ek aangejaag het, maar toe besluit dat ek eerder nog messe sal wil maak ipv om vir ewig besig te wees met die een

https://i.imgur.com/MkeDABO.jpg
https://i.imgur.com/Z7IDWc4.jpg
https://i.imgur.com/9l15V0r.jpg
https://i.imgur.com/ShemdXq.jpg
https://i.imgur.com/xIkJ7QH.jpg

Re: Eerste probeer slag

Posted: Thu Jan 31, 2019 8:37 am
by Malan123
Netjies. Lyk baie mooi! Daai gogga gaan nou lekker byt

Re: Eerste probeer slag

Posted: Thu Jan 31, 2019 8:55 am
by LoopSoosStroop
Baie mooi, wel gedaan!

Re: Eerste probeer slag

Posted: Fri Feb 01, 2019 9:39 am
by Fanta300
Spoggerig!!

Re: Eerste probeer slag

Posted: Fri Feb 01, 2019 2:59 pm
by GooseMan
baie nice

Re: Eerste probeer slag

Posted: Fri Feb 01, 2019 3:45 pm
by airhunter
Smart man.

Re: Eerste probeer slag

Posted: Fri Feb 01, 2019 5:36 pm
by Jacquesb
Mooi
Welgedaan.

Re: Eerste probeer slag

Posted: Thu Feb 07, 2019 7:25 pm
by Blink Stefaans
Dankie julle.
Klaar besig met die volgende een