Page 1 of 1

Crohny se batery

Posted: Mon Jan 28, 2019 11:34 am
by vlakvarkbeer
Dagse is daar iemand wat n crohny se batery verander het na 6v of 12 v dis n Alpha fi as ek kan ont hou.
Hy vreet die klein PM9.

Dankie Andre

Re: Crohny se batery

Posted: Mon Jan 28, 2019 12:13 pm
by tripodmvr
Kry 'n "stepdown" transformator wat 12V afneem na 9V en soldeer 'n 9V battery se bopunt aan die drade om dit dan maklik te koppel.

Re: Crohny se batery

Posted: Mon Jan 28, 2019 12:35 pm
by vlakvarkbeer
Tripod as ek nou reg is ek sit n 12v battery op n 12v transformer wat dan 9v uit sal ac werk of moet jy hom dc toe vat ek dink net bietjie.

Dankie

Re: Crohny se batery

Posted: Mon Jan 28, 2019 12:49 pm
by Langeraat
Ek het hierdie (https://lantis.co.za/ocols/index.php?ro ... uct_id=721) verstelbare "step down DC/DC buck converter" in my chrony ingebou. In my geval kry hy 'n 12V inset vanaf 'n gewone 7AH 12V battery (soos wat alarms of hek motors tipies gebruik) en skakel dit om na 9V wat dan deur die chrony gebruik word. Hy is verstelbaar tussen 1.25 en 35V so jy moet hom net verstel na 9V uitset met die potensiometer wat op die bordjie is. Skreeu maar as jy hulp nodig het.

Re: Crohny se batery

Posted: Mon Jan 28, 2019 12:54 pm
by tripodmvr
Langeraat het jou nou sommer die regte ding getoon. Alles bly by DC.

Re: Crohny se batery

Posted: Mon Jan 28, 2019 1:32 pm
by vlakvarkbeer
Dankie manne kan hom seker by enige elektriese winkels kry.

Re: Crohny se batery

Posted: Fri Feb 08, 2019 8:49 pm
by vlakvarkbeer
Manne ek het reg gekom gaan more toets.

Dankie

Re: Crohny se batery

Posted: Fri Feb 08, 2019 9:40 pm
by tripodmvr
Kom vertel van jou oplossing en wys fotos asb.

Re: Crohny se batery

Posted: Sat Feb 09, 2019 7:29 pm
by vlakvarkbeer
Ek het hom getoets vandag en hy werk 100% sal more n foto plaas.

Dankie julle

Re: Crohny se batery

Posted: Sat Feb 09, 2019 7:55 pm
by ChristoK
vlakvarkbeer wrote:Ek het hom getoets vandag en hy werk 100% sal more n foto plaas.

Dankie julle

Dankie, sal graag wil sien.

Re: Crohny se batery

Posted: Tue Feb 12, 2019 9:23 am
by vlakvarkbeer
Dagse manne hier is die fotos van die Chrony skree maar as ek meer inligting moet gee.

Dankie Andre

Re: Crohny se batery

Posted: Tue Feb 12, 2019 1:05 pm
by swc-tr
Waar gekry, waste koste?

Re: Crohny se batery

Posted: Tue Feb 12, 2019 6:49 pm
by vlakvarkbeer
By n plek in Durban DIY Electronics R166 met coerier
Dankie Andre hy werk baie goed geen erreo of so iets nie

Re: Crohny se batery

Posted: Wed Feb 13, 2019 8:37 am
by andre007
Manne. DIY Electronics het nie meer stock nie. Die perde in PTA het wel https://lantis.co.za/ocols/index.php?ro ... uct_id=721

Hyt nou nie die LED display nie maar jy kan 1 self opsoldeer https://lantis.co.za/ocols/index.php?ro ... ct_id=1333 op die uitgaande lyn, anders stel hom net met n multimeter en bou hom in n kasie. Die totale pakkie gaan dan net so onder die R90 uitwerk. Hulle postnet wel, so n bulk bestelling kan die versending darem goedkoper maak.

Split jou uitgaande draad en sit hierdie enetjie by vir jou Foxpro se remote https://lantis.co.za/ocols/index.php?ro ... lug&page=1 As jou toestel nie n input socket het nie kan die enetjie maklik ge instaleer word https://lantis.co.za/ocols/index.php?ro ... lug&page=1. Aan die ander kant van die split die enietjie https://lantis.co.za/ocols/index.php?ro ... lug&page=4 in reverse vir jou Chrony

Re: Crohny se batery

Posted: Thu Feb 21, 2019 1:16 pm
by andre007
andre007 wrote:Manne. DIY Electronics het nie meer stock nie. Die perde in PTA het wel https://lantis.co.za/ocols/index.php?ro ... uct_id=721

Manne julle kan maar enigetyd iets van @lantis met n geruste hart koop, vanoggend n klompie komponente aanlyn gekoop, alles weer telefonies met Henry en Jolene in AFRIKAANS bevestig nadat ek amper n blapsie gemaak het. Puik diens, het alreeds my Postnet naspoornr gekry.!

Re: Crohny se batery

Posted: Thu Feb 21, 2019 1:28 pm
by RUPERT
Kan n 7809 voltage regulator nie dit ook doen nie? dink net dit is baie makliker en goedkoper.

Re: Crohny se batery

Posted: Thu Feb 21, 2019 1:49 pm
by andre007
RUPERT wrote:Kan n 7809 voltage regulator nie dit ook doen nie? dink net dit is baie makliker en goedkoper.
Rupert. My Skoonpa het dit voorgestel en het al vir my goed gebou met die regulators maar dan is jy vas soos in hierdie geval 9v, ek het die ander roete gegaan omdat ek dieselfde 'module' vir verskillende volts (toestelle) wil gebruik.

Re: Crohny se batery

Posted: Mon Mar 18, 2019 4:33 pm
by Wattlegrove
andre007 wrote:
andre007 wrote:Manne. DIY Electronics het nie meer stock nie. Die perde in PTA het wel https://lantis.co.za/ocols/index.php?ro ... uct_id=721

Hyt nou nie die LED display nie maar jy kan 1 self opsoldeer https://lantis.co.za/ocols/index.php?ro ... ct_id=1333 op die uitgaande lyn, anders stel hom net met n multimeter en bou hom in n kasie. Die totale pakkie gaan dan net so onder die R90 uitwerk. Hulle postnet wel, so n bulk bestelling kan die versending darem goedkoper maak.

Split jou uitgaande draad en sit hierdie enetjie by vir jou Foxpro se remote https://lantis.co.za/ocols/index.php?ro ... lug&page=1 As jou toestel nie n input socket het nie kan die enetjie maklik ge instaleer word https://lantis.co.za/ocols/index.php?ro ... lug&page=1. Aan die ander kant van die split die enietjie https://lantis.co.za/ocols/index.php?ro ... lug&page=4 in reverse vir jou Chrony
Manne julle kan maar enigetyd iets van @lantis met n geruste hart koop, vanoggend n klompie komponente aanlyn gekoop, alles weer telefonies met Henry en Jolene in AFRIKAANS bevestig nadat ek amper n blapsie gemaak het. Puik diens, het alreeds my Postnet naspoornr gekry.!
Ek kan hierdie sekondeer.

Het verseker die beste diens al ooit van hulle gekry. Sal verseker weer op hulle staatmaak.