Page 1 of 1

Reuk van knoffel.

Posted: Wed Oct 26, 2011 12:42 pm
by Skolla
Almal

Ek sien hier is al raad gegee oor die reuk van uie op jou hande, maar hoe gemak met die reuk van knoffel as jy dit ge-eet het?

Skolla

Re: Reuk van knoffel.

Posted: Wed Oct 26, 2011 12:44 pm
by Geno
Skolla,
Vra jou apteker vir "Pong-Go", dis 'n kapsule wat nogal lekker werk.


Groete,
Eugene

Re: Reuk van knoffel.

Posted: Wed Oct 26, 2011 12:55 pm
by SV MAD (Henk)
Sorg net dat jy in 'n plek werk die volgende dag wat 1) 'n kwaai wind het wat jou asem kan wegblaas of 2) 'n plek wat meer stink as jou asem. Ek het op varsity disseksies op kadawers gedoen, daai formalien reuk is 'n knoffel-asempie se baas! :o

Re: Reuk van knoffel.

Posted: Wed Oct 26, 2011 1:03 pm
by VdWalt
Geno wrote: Skolla,
Vra jou apteker vir "Pong-Go", dis 'n kapsule wat nogal lekker werk.
Groete,
Eugene
Ons sukkel nogal die laaste ruk om die in die hande te kry.

Re: Reuk van knoffel.

Posted: Wed Oct 26, 2011 4:19 pm
by Nuweseun
Kerels Pon-Go is al van Mei uit voorraad uit en ons kan nerens kry nie.

Groete

Re: Reuk van knoffel.

Posted: Wed Oct 26, 2011 5:45 pm
by Spanner
Hoekom, pla die reuk jou of die ander mense ?  Ons gebruik die knoffel reuk juis as 'n taktiek by die werk as ons lastige ouditeure kry - almal in die dept gaan eet die vorige aand BAIE knoffel en rum en daai ouditeure kan nie vinnig genoeg uit ons hare uit kom nie !  Dit werk soos 'n droom. 

Re: Reuk van knoffel.

Posted: Sun Jan 29, 2012 12:25 am
by Fanie
Om die knoffel uit jou hande te kry, was met 'n stukkie vlekvrye staak asof dit seep is.  Mens kry tot sulke vlekvrye 'koekies seep' te koop, en dit werk.  As jou hande teen die vlekvrye wasbak vryf dan werk dit ook.  Probeer gerus.

Om die knoffel uit jou asem te haal, bv as jy later vannaand by ma wil gaan wit voetjie soek, eet 'n piesang.  Die piesang sal jou red.

Re: Reuk van knoffel.

Posted: Sun Jan 29, 2012 12:53 am
by Fanie
Ha ha Piet, jy moet die piesang darrem kou ook en nie heel insluk nie.

As die vrou daarna wil kla. sit 'n wasgoed pennetjie op haar neus.
Dis die gouste wat die knoffel reuk heeltemal verdwyn :-D