Page 1 of 1

Motivering vir Jag geweer

Posted: Wed Oct 26, 2011 12:39 pm
by DieLem
Middag Almal

Ek het bietjie hulp nodig met my motivering vir 'n jaggeweer (7mm Rem Mag) wat ek gekoop het.
Dit is my eerste aansoek so ek is nie rerig seker wat als in my motivering moet kom en waar om te begin nie.
Al my ander dokumentasie is reg ek kort net die motivering om my aansoek in te dien.

Enige hulp sal waardeer word

Groete

Lem

Re: Motivering vir Jag geweer

Posted: Wed Oct 26, 2011 12:41 pm
by DWB
gee my jou e-mail adres en ek stuur vir jou voorbeelde

Re: Motivering vir Jag geweer

Posted: Mon Jun 02, 2014 6:24 pm
by elsabe
goeiemiddag

my seun wil graag 'n 30.06 aanskaf , het nou vir hom kluis geinstalleer maar hy moet nou 'n motiverings brief inhandig om een te kan koop. Hy het so maand terug gaan jag vir die eerste keer en was baie gelukkig om 'n rooibok te kon skiet , lyk my die gogga het hom nou gebyt

sal hoogs waardeer

my epos

elsabesnyman7@gmail.com

syne

frikkiesnmn@gmail.com

Re: Motivering vir Jag geweer

Posted: Mon Jun 02, 2014 6:46 pm
by Johan Nel
Skakel ook met Jagtersreg Motivering http://jaracal.com/memberlist.php?mode= ... ile&u=4175 hier op die forum. Hy stel sulke motiverings op teen vergoeding. Die persone wat van sy dienste gebruik gemaak het en hier op die forum kom betuig het, praat met lof van sy werk.

Re: Motivering vir Jag geweer

Posted: Mon Jun 02, 2014 7:43 pm
by Philip De Bruyn(MFWIC)
Hier is vir jou n voorbeeld
Getuigskrif vir 'n nuwe Vuurwapen Lisensie Aansoek...

IN SAKE: Motivering vir Jaggeweer Lisensie

Wie dit mag aangaan:

Hiermee bevestig ek, Philip de bruyn, dat ek die aansoeker, Mnr Pieter Meyer, reeds etlike jare persoonlik ken en dat hy al menige kere saam my gejag het op Dronkfontein.

Ek ken regtig nie 'n meer joviale ou as Pieter nie. Elke aand om die vuur is hy die man wat die hardste kuier, en as hy nou mooi gesuip is, is hy so vriendelik om sy pistool te gaan haal om skote in die vuur te skiet sodat die ander ouens kan foto's neem.

Hy het al van sy jagmaats raakgeskiet, maar dit was alles net vleiswonde wat getuig van sy uitstekende skietvernuf en veiligheids besef.

As verdere bewys van sy goeie skietvernuf kan ek getuig dat hy die enigste ou is wat nog ooit saam my gejag het wat die rondawel se ligte almal kon uitskiet met net een magasyn.

In die veld is hy ook bobaas, en skiet gewoonlik nie meer as tien skote op 'n bok nie, wat natuurlik teen daardie tyd 'n duidelike spoor van bloed en pensmis los. Dit maak spoorsny kinderspeletjies, so ons is altyd redelik vroeg terug by die huis om die vuur op te steek en 'n paar biere te knak.

Hy is werklik 'n topjagter, en op my plaas het hy al spesies soos springbok, koedoe, brahman, 'n dorperooi en 'n perdemerrie geskiet. Die vulletjie het ons maar hans grootgemaak.

Pieter is 'n rustige ou wat nie maklik sy humeur verloor nie, en was nog net twee maal aangekla van aanranding. Dit was ook nie eintlik regtig aanranding nie, en die een ou kan nog goed sien met sy linkeroog. Die ander ou was in elk geval 'n poepol en het gekry waarna hy gesoek het.

Sy vrou reken ook dat hy nie baie hard slaan wanneer hy dronk is nie, want hy moes een van sy dogters se boyfriends later met 'n leë bottel bykom omdat hy nie hard genoeg kon slaan met die vuis nie.

Die kinders is ook weer aan hulle terugbesorg na 'n rukkie by die welsyn. (Groot misverstand gewees, so 'n jaar gelede. Sien, daai laaitie moes geweet het om nie aan Pieter se dogter se hand te vat nie. Hy kan nou weer self regop sit, en begin selfs woordjies sê soos 'Dadda', 'Mamma' en 'Sorry oom Pieter'...)

Ek beveel aan dat julle gerus vir Pieter sy lisensie toestaan, dan kan hy ophou om my geweer te leen om te jag.

Hy het juis nou ander dag die kolf afgeslaan teen 'n plaaswerker se kop en ek sit met al die skade. Die ou het blykbaar te veel gekerm omdat Pieter op hom geskiet het.

Ek sal verkies dat hy sy eie wapen gebruik en versoek daarom dat julle hierdie aansoek vir 'n eie 308 vir Pieter moet toestaan asb.

Die Uwe, PJ De Bruyn

Re: Motivering vir Jag geweer

Posted: Wed Jun 18, 2014 10:34 am
by Langeraat
Eish O0 ++>: ++>:

Re: Motivering vir Jag geweer

Posted: Wed Jun 18, 2014 11:35 am
by Andrew Leigh
++>: That was funny ++>:

Re: Motivering vir Jag geweer

Posted: Tue Aug 22, 2017 11:37 am
by Grabouw Jagter
DWB wrote:gee my jou e-mail adres en ek stuur vir jou voorbeelde
Goeie More

Ek hoop jy kan my dalk help ek is opsoek na motiverings briewe of voorbeelde vir .38special, .22, 243, 303p14. Ek is tans besig om aansoek te doen vir die wapens wat ek by my oorlede pa geerf het en ek is nie seker wat om te skryf nie.

Hoor graag trug van jou

Groete
H