Page 1 of 1
NZ Emigreer - Kan ek my geweer saamvat?
Posted: Wed Jan 02, 2019 6:30 pm
by Rem
Naand manne,
Soos bo genoem is ek oppad NZ toe. Baie opgwonde maar met so knop in my keel ook.
Ek wil nou hoor. Is daar manne wat my kan help of kan verduidelik wat die stappe is om my geweer oor te vat of is dit nie moontlik nie? Hoe lank vat dit? Wat kos dit en waar begin ek aansoek doen?
Dankie!
Dirk
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: NZ Emigreer - Kan ek my geweer saamvat?
Posted: Wed Jan 02, 2019 7:30 pm
by tripodmvr
Ek dink jou status gaan jou kans beinvloed om daar 'n geweerlisensie te bekom. Permanente inwoner of landsburger sal bepaal of jy soiets mag kry. Dit beteken jy sal jou wapen eers hier moet berg.
My gevoel is dat dit 'n baie duur wapen moet wees alvorens jy dit moet oorweeg. Vind al die stappe uit en kyk dan of dit nie beter sal wees om daar te koop nie. Vlakvark, hier op die forum, het slegs sy herlaaitoerusting na Australia gevat.
Re: NZ Emigreer - Kan ek my geweer saamvat?
Posted: Wed Jan 02, 2019 7:48 pm
by Maroelas
Kyk na hierdie draad op Gunsite, daar is heelwat inligting.
http://www.gunsite.co.za/forums/showthr ... egulations
Algemene konsensus is, tensy die geweer ernstige sentimentele waarde het, is dit nie die moeite werd nie.
Re: NZ Emigreer - Kan ek my geweer saamvat?
Posted: Thu Jan 03, 2019 5:20 pm
by Rem
Dankie manne,
Ai, het nou 8maande terug my custom 300wsm gekry en nou moet hy maar agterbly. Dis sekermaar so.
Groete
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: NZ Emigreer - Kan ek my geweer saamvat?
Posted: Thu Jan 03, 2019 5:52 pm
by HunterB
Die maklikste en goedkoopste is om vir tyd en wyl jy jou status in NZ reg kry al die dokumentasie van die gewere saam afskrifte van jou ID vir my te stuur. Ek sal hulle dan stoor, en om vervalde lisensies te voorkom sal ek dan op my eie onkoste dit solank op my naam sit.