Page 1 of 1
Nordiske Precision Bipod
Posted: Tue Dec 25, 2018 7:24 pm
by Jo Toast
Hallo almal
Het iemand dalk eerstehandse ervaring van die Nordiske Precision bipods wat deur Safari and Outdoor verkoop word? Dis die Atlas tipe bipod.
Het iemand dit al gebruik en weet julle dalk deur wie dit vervaardig word?
Hoe vergelyk die kwaliteit met die Atlas?
Ek weet daar is baie Chinese "fake" Atlas bipods in die omloop en eks bang hierdie een se kwaliteit is soos die Chinese produk sn.
Dankie by voorbaat.
Re: Nordiske Precision Bipod
Posted: Wed Dec 26, 2018 7:19 am
by JPS
Nordiske word deur accugan (mojet) gemaak sover ek bewus is.
Re: Nordiske Precision Bipod
Posted: Wed Dec 26, 2018 7:22 am
by Jo Toast
Dis goeie nuus. Dankie JPS.
Re: Nordiske Precision Bipod
Posted: Mon Jul 22, 2019 3:54 pm
by Klopper
Het iemand al een in die hande gekry om te toets hoe hy werk?
Re: Nordiske Precision Bipod
Posted: Mon Jul 22, 2019 4:27 pm
by Draegan
Klopper wrote:Het iemand al een in die hande gekry om te toets hoe hy werk?
Jy het self gevoel hoe sit een op 'n Tikka

Re: Nordiske Precision Bipod
Posted: Mon Jul 22, 2019 4:27 pm
by pietskiet
Hi Klopper
Ek het ene op die SO sale gekoop. Tot dusver werk hy baie goed vir my - ek het twee picatinny tipe rails laat aanbring aan beide my .243 en .30-06 gewere en kan dus met gemak die bipod tussen die twee gewere skuif.
Stewige & duursame konstruksie maar tog relatief lig, en maklik om te operate: Voetjies trek maklik uit en disengage weer maklik, en die bipod click mooi solid in daai verstel brackets in. Gevind mens moet die tension knop (wat die tension van die cant en pivot funksie beheer) net maar stywerig vasdraai.
Beste bipod wat ek nog gehad het (dis egter maar my vierde een).
Teen amper die helfte van die prys as n Tier 1, sal daai Tier 1 joppies wragtag smart moet wees om hom vir waarde vir geld te klop, maar ek aanvaar dat die Tier 1 wel beter is.
Re: Nordiske Precision Bipod
Posted: Tue Jul 23, 2019 6:59 am
by Klopper
Dankie Piet, goeie terugvoer, dit klink soos n' goeie opsie, soos Johan noem het ek een gevoel maar nie self met hom geskiet nie.
Re: Nordiske Precision Bipod
Posted: Thu Jul 25, 2019 4:34 am
by Sangoma (IAN)
Jy kan hom nie vergelyk met Tier One nie. Ek het my Nordiske 3keer op die baan gehad en toe verkoop.
Eks baie gelukkig met my Tier One en sal hom def aanbeveel.
Re: Nordiske Precision Bipod
Posted: Thu Jul 25, 2019 8:06 am
by pietskiet
Hi Ian
Wat het jou gepla van die Nordiske?
Re: Nordiske Precision Bipod
Posted: Thu Jul 25, 2019 8:29 pm
by Sangoma (IAN)
Die feit dat hy vanself pan na n paar skote, maak nie saak hoe vas jy daai "nut" draai nie.
Ek is nie n voorstaner van n bipod wat pan nie. Tier One bied een aan sonder die funksie en dis die een wat ek gekoop het.