Dag roep het die taak gedoen
Posted: Fri Dec 07, 2018 12:16 am
Hallo manne
Hier is 'n stel jakke tussen my en buurman. Nag roep kom hul nie in nie en al 3 keer probeer die jaar. Bure gaan ook uit saans want jakke lê bedags aan my kant op koppie maar gaan suip by hom. Daar was al 'n pak honde in en jakke raak weg. Helikopter al gehad en jakke raak weg. Jy hoor hul elke aand in selfde area maar die koppie sit langs die Sondag rivier wat ook baie oor groei is op plekke.
Na bure 9 groot skape verloor het onlangs toe pak ek 4pm om dag roep te gaan doen want alles is nou al probeer. Kry my plekkie en roeper is uit.
Speel klein varkie sag
Wag 10min
Klein varkie harder
Wag 20min
Hier kom die twee mooi aangeloop.
Hulle kom toe van buurman af van windpomp waar ek weet hul suip. Hulle werk so al lank die rivier se wal en raak weg op seker plekke tussen die bosse. Teef steek vas en sy val. Reun hardloop in rivier in. Ek sit dood stil roep niks. 10min later sien ek hier kom reun uit ruik ruik waar sy teef is... Daar lê altwee na alle ander probeer slae.
Reun is so 6-7 jaar oud en teef so 4-5 jaar oud.
Ek het varkie gekies as nuuskierig want nooit het ander roepe op hul gewerk nie.