Page 1 of 1
My eerste poging....
Posted: Mon Dec 03, 2018 10:23 am
by Askari
Na inspirasie van "Maak jou eie mes" en "Forged in Fire" het ek die afgelope naweek my eerste mes gemaak. Ek hou baie van 'n full flat grind, drop point styl asook 'n rustic look... so met dit as uitgangspunt het ek na baie idees op die internet en YouTube gekyk voor ek begin sketse maak het. Die sketse is oorgedra na hardebord en uiteindelik na 01staal. Na ek tevrede was met die basiese vorm en dit so "liggies" afgewerk het, het ek na 'n 10 min heat soak gequench in verhitte kookolie en daarna 2 x 2 ure siklusse @ 200 grade in die oond.
Verhitte wit asyn het gesorg vir die patina. Die lem is 3.2mm dik en 101mm lank met 'n stacked leather hef van 110mm. Ek het baie geleer met my eerste "oefen mes" en beplan reeds aan my 2e poging.
Webp.net-resizeimage-2.jpg
Webp.net-resizeimage-3.jpg
Webp.net-resizeimage-4.jpg
Re: My eerste poging....
Posted: Mon Dec 03, 2018 10:24 am
by Askari
Webp.net-resizeimage-5.jpg
Re: My eerste poging....
Posted: Mon Dec 03, 2018 12:11 pm
by THOMAST
Welgedaan. Ek hou baie van jou styl.
Re: My eerste poging....
Posted: Mon Dec 03, 2018 12:16 pm
by henried
Nice!!!
Re: My eerste poging....
Posted: Mon Dec 03, 2018 12:20 pm
by ruaanb
Waar is die like knoppie?
Re: My eerste poging....
Posted: Mon Dec 03, 2018 1:29 pm
by wlm
Die mes se styl en fatsoen is baie mooi. Dit lyk "reg".
Re: My eerste poging....
Posted: Mon Dec 03, 2018 1:42 pm
by Askari
Dankie vir die kommentaar. Dit het my baie sketse en "karton messe" geneem voor ek tevrede was met die lyne. Ek het redelik groot hande en alhoewel gemaklik, gaan ek met my vlge poging die hef 15mm langer maak. My vlge hef gaan ook rooshout "scales" hĂȘ ipv "stacked leather". Die lem gaan ek dieselfde hou.
Re: My eerste poging....
Posted: Mon Dec 03, 2018 3:04 pm
by ZKK
Baie nice, jy kan trots voel op jou eerste poging
Soos jy sal kan getuig het die stacked leather n baie lekker gevoel in mens se hand.
Mens se eerste mes het maar n spesiale plekkie in mens se hart.
Re: My eerste poging....
Posted: Mon Dec 03, 2018 5:04 pm
by Viking
Askari - jy is sommer YSTER met die 1e probeerslag!
Ek hou BAIE van die stacked leather - dit is vir my die "look and feel" van 'n jagmes!
Bou nog!
Re: My eerste poging....
Posted: Mon Dec 03, 2018 7:28 pm
by Askari
Dankie Viking. Nee kyk, sodra my vrou my weer "toelaat" om die "hele naweek" in die garage te spandeer bou ek #2 ;-)
Re: My eerste poging....
Posted: Mon Dec 03, 2018 8:23 pm
by DWB
Welgedaan! Baie mooi
Re: My eerste poging....
Posted: Tue Dec 04, 2018 7:49 am
by tau
Baie geluk op jou eerste mes!!
Watse staal het jy gebruik vir die lem?
Re: My eerste poging....
Posted: Tue Dec 04, 2018 8:27 am
by Askari
tau wrote:Baie geluk op jou eerste mes!!
Watse staal het jy gebruik vir die lem?
Ek het 01 tool steel gebruik.
https://knifeup.com/what-o1-steel-is-an ... k-with-it/
Re: My eerste poging....
Posted: Wed Dec 12, 2018 11:07 pm
by theedge
Welgedaan! Baie mooi
Re: My eerste poging....
Posted: Thu Dec 13, 2018 7:56 am
by Askari
Webp.net-resizeimage-2.jpg
Ek het #2 gister klaargemaak. Rooshout hef en die keer het ek patina "forseer" met suurlemoensap... so dit is nog "in proses".
Re: My eerste poging....
Posted: Thu Dec 13, 2018 2:48 pm
by theedge
lyk na n lekker werk mes nice one
Re: My eerste poging....
Posted: Thu Dec 13, 2018 3:28 pm
by Askari
Dankie