Page 1 of 1

Nuwe lid

Posted: Fri Oct 21, 2011 2:55 pm
by Wattlegrove
Dagse Almal
Charl hier van Harrismith. Ekke loer maar bietjie in op julle site. ekke is nog baie nuut in die jagstorie maar is hier om van die harde baarde te leer. ekke het nog geen wapens van my eie ni maar is in die proses om vir my een e kry en dan later n boog (compound) ook.

sal maar gereeld kom inloer hier en sien wat se die manne.

groetnis tot later

Re: Nuwe lid

Posted: Fri Oct 21, 2011 2:58 pm
by BLOK
CMA

Baie welkom hier, as jy enige raad het kan jy maar met n geruste hart vra hier sal jy goeie antwoorde kry en almal is altys baie behulpsaam. Geniet hom baie

Blok

Re: Nuwe lid

Posted: Fri Oct 21, 2011 3:05 pm
by Lourens
Welkom hier CMA, vra gerus as jy hulp nodig het, die manne hier is nie suinig met die raad nie.... Glo jy gaan dit baie geniet.

Groete,
Lourens

Re: Nuwe lid

Posted: Fri Oct 21, 2011 3:16 pm
by Wattlegrove
ek voel sommer klaar tuis en geniet almal se vriendelikheid en goeie raad hier.

Re: Nuwe lid

Posted: Sat Oct 22, 2011 10:26 am
by DawieKotze
Welkom en geniet!!

Re: Nuwe lid

Posted: Mon Oct 24, 2011 4:26 pm
by Wattlegrove
Dagse kan iemand my groot asb help ekke is opsoek na 'n track om jakkalse in te roep. vanoggend die derde kalf doodgebyt. Asseblief ekke is nou raadop. as iemand dit dalk vir my kan E-mail na charlwewege@gmail.com toe. ekke sal ewig dankbaar wees.

Re: Nuwe lid

Posted: Mon Oct 24, 2011 4:39 pm
by Francois Briedenhann
CMA
Welkom!!
Moet nie vekeert opneem nie...1.jy kan nie met net 1 track wil jakals roep nie hulle almal vesrskil.2 weet jy hoe om te roep en die stiltes en al daai tiepe goed te gebruik.3 as jy nie reg roep nie gaan hulle skelm word en dan kan hulle nie somer weer ingeroep word nie.4 gaan lees biekie deur die forum en kyk vir inligting jy sal kla dan verstaan hoekom ek die vir jou se.5 gaan op n kursus of vat iemand wat weet hoe werk die jakkie jag storie en steel paar tips by hom...ek is nie lelik of iets nie maar jy kan nie net gaan roep as jy nie mooi weet hoe werk die storie nie en ek dink amper al die manne sal dit vir jou se. 

Groete FB

Re: Nuwe lid

Posted: Mon Oct 24, 2011 4:45 pm
by BLOK
Charl

Ek moet saam met FB stem, om net n track te vat en jakkals te roep gaan jy jou probleem net groter maak. Dit wil my voorkom of jy nog nie voorheen jakkals by jou laat skiet het nie dus wil ek jou aanbeveel om eers n kursus te loop van roep en skiet. Gebruik die soekfunksie vir waar en waneer kursuse is. Ek weet Safari en Outdoor het in November een in PTA. Dit behels goeie opleiding om jakkalse te beheer en nie slimmer en skelemer te maak nie asook die regte toerusting en lig tegnieke. Om jou probleem op die korter duur op te los kyk onder die probleem dier jag register en kry n bekwame jagter wat in jou area is om die probleem op te los.

Hier is die link na die register.

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... .php?f=8.0

Groete en sterkte

Re: Nuwe lid

Posted: Mon Oct 24, 2011 7:19 pm
by Wattlegrove
nee ek verstaan dis natuurlik die rede hoekom ek nog nooit in die verlede kon regkom nie. sal eers bietjie huiswerk gaan doen. my buurman is opgelei en ken nogal sy storie sal hom ook nader vir hulp. Dankie julle

Re: Nuwe lid

Posted: Mon Oct 24, 2011 7:43 pm
by theedge
Charl welkom welkom