Page 1 of 1

Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Posted: Sat Oct 27, 2018 7:36 pm
by HennieL
Vriende,

Almal word uitgenooi om die Bloemfontein Mesmakersklub se jaarlikse messkou te kom bywoon. Die skou sal d.v. soos gebruiklik, op Saterdag 3 November gehou word (dis elke jaar op die eerste Saterdag van November...)

Daar sal baie messe te koop aangebied word - kom kuier saam met ons in Bloemfontein, en kom haal daardie spesiale jagmes (of knipmes) wat jy al so lank aan jouself belowe ++>: Toegang is slegs R30.00 per persoon (en kinders onder 16 is gratis), en sluit 'n gelukkige trekking vir 'n handgemaakte mes in.

Re: Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Posted: Sun Oct 28, 2018 7:55 pm
by HennieL
Vir besoekers aan Jaracal wat nie die "poster" kan sien nie - Die skou word in die skool saal van die Primere skool Universitas (beter bekend in Bloemfontein as Tjokkies), gehou (Die adres is: Ross straat 15, Universitas). Die deure open 08:30 die oggend, en ons beplan om so 15:00 klaar te maak.

Daar sal deur die dag 'n mesmaak kompetisie gehou word tussen die hoofseuns van twee Bloemfonteinse hoƫrskole, en daar sal ook 'n smee (forging) demonstrasie gehou word, asook 'n "Hoe om 'n mes te maak" aanbieding, so enigeen wat dalk dink om vir hom/haarself 'n mes te maak sal baie kan kom leer - en ja, daar is vroulike mesmakers ook wat gaan uitstal...

Jou toegangskaartjie laat jou ook toe om in aanmerking te kom om 'n handgemaakte mes in 'n gelukkige trekking te wen - alles vir net R30.00

Sien julle Saterdag ++>: ;D

Re: Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Posted: Sun Oct 28, 2018 8:09 pm
by HennieL
Hier's so 'n lusmakertjie van 'n paar messe wat uitgestal gaan word:

Knipmesse deur Eddie Scott:
ES_1.JPG
'n Jagmes en skede deur Hennie Landman
HL_1.jpg
Twee jagmesse deur Hennie Geyer
HG_1.JPG

Re: Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Posted: Sun Oct 28, 2018 8:12 pm
by HennieL
'n Jagmes deur Tiaan Groenewald
TG_1.JPG
en, die Trekmes wat gewen kan word vir R30.00
Trekmes.jpg

Re: Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Posted: Mon Oct 29, 2018 8:41 am
by Riaan Kriel
HennieL wrote:Hier's so 'n lusmakertjie van 'n paar messe wat uitgestal gaan word:

Knipmesse deur Eddie Scott:
ES_1.JPG
Mensig maar die Damascus-messe is iets besonders... trek maar altyd my oog ><)

Re: Bloemfontein Mesmakersklub - Skou 2018

Posted: Mon Oct 29, 2018 12:35 pm
by HennieL
Riaan Kriel wrote:Mensig maar die Damascus-messe is iets besonders... trek maar altyd my oog ><)
Riaan ja, mooi was nog nooit lelik nie ;D

Hierdie messe is van 'n vlekvrye poeierstaal damaskus, genaamd Damastaal, gemaak. Die staal word uit Swede ingevoer, en kos so tussen R5000.00 - R10 000.00 per meter vir 'n staaf wat so 4-5mm dik en so 40mm wyd is - en dan moet die mes nog gemaak word... beslis nie die soort knipmes wat jy vir die handlanger sal leen nie ::)