Page 1 of 1
Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 1:42 pm
by savage(P Coetzer)
Manne dalk kan iemand my help. Ons sit met een of ander pes wat die grasdakke by die wildskamp verwoes. Dus nie ape nie maar my vermoede is dat eekhorings die skuldige party is. Wat kan ek die bliksems voer om die probleem te laat verdwyn?
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 1:44 pm
by Carlc
Loodpille vanuit n pcp windbuks werk baie goed.
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 1:47 pm
by savage(P Coetzer)
Daai vuilgoed is baie mens sku en ek kan ongelukkig nie hulle voorsit nie. Tyd is net te min
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 1:58 pm
by Maroelas
Dis nie dalk vinke nie?
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 2:10 pm
by savage(P Coetzer)
Nee dit moet een of ander knaagdier wees. Grou gate in die dak in en trek vrek baie gras uit
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 2:32 pm
by Omnia
Het jy van hierdie Indian minors daar ? Het al by my swear gesien hulle grou diep , weet nie of hulle agter goggas of iets is nie maar hulle maak 'n mooi gat .
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 2:39 pm
by ANDRIES
Was Junie in Berg en Dal en daar was ook iets soos eekhorings wat heelnag gevroetel het in die dak
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 2:42 pm
by Williel
Klink vir my soos boomrotte.
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 3:01 pm
by PWV
As daar spreeus by julle is, kan jy hulle ook maar dophou!
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 3:21 pm
by ChristoK
Sifdraad oor die grasdak los gewoonlik die probleem permanent op.
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 3:25 pm
by savage(P Coetzer)
Gaan kyk of ek nie n trailcam daar kan stel om mooi agter die kap van die byl te kom.
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 7:14 pm
by Pvdw
Nagapies verwoes grasdak met 'n smile.
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 7:53 pm
by jdpretorius
Was by n plaas duskant Taba waar eekhorings die boer so mal gehaat het dat hy hulle sommer met die 375 by gekom het as hy een sien ... hy't ook sifdraad gespan en gelyk of dit help
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 8:15 pm
by Eduard Venter
By die koöperasie kry jy 'n gif wat sulke pienk saadjies is. Dit het ons eekhoring probleem gestop. Die ogiesdraad op die grasdakke werk ook regtig goed om dit te beskerm.
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 9:47 pm
by wynis
Klink soos dié “African Ground Squirrel” Ons het ook daai probleem duskant Bela Bela. PCP as jy tyd het om bietjie voorsit jag te doen, maar vir elke paar wat jy uitskiet is daar volgende maand ‘n nuwe een wat nesmaak. Ogies draad werk goed maar uiteindelik vind hulle weer ‘n swak plek. Die swart mamba is glo dié eekhoring se grootste natuurlike vyand.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Mon Oct 22, 2018 9:48 pm
by wynis
Klink soos dié “African Ground Squirrel” Ons het ook daai probleem duskant Bela Bela. PCP as jy tyd het om bietjie voorsit jag te doen, maar vir elke paar wat jy uitskiet is daar volgende maand ‘n nuwe een wat nesmaak. Ogies draad werk goed maar uiteindelik vind hulle weer ‘n swak plek. Die swart mamba is glo dié eekhoring se grootste natuurlike vyand.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Grasdak verwoesters
Posted: Tue Oct 23, 2018 6:03 am
by Apie
wynis wrote:Die swart mamba is glo dié eekhoring se grootste natuurlike vyand.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Die grasdak eienaar sin ook!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Tue Oct 23, 2018 6:23 am
by wynis
Apie wrote:wynis wrote:Die swart mamba is glo dié eekhoring se grootste natuurlike vyand.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Die grasdak eienaar sin ook!
Sent from my iPhone using Tapatalk

waarheid!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Grasdak verwoesters
Posted: Tue Oct 23, 2018 6:38 am
by OosKaapJagter
Dit lyk my 'n grasdak is soos 'n Ford.
Dit is baie mooi........ op 'n ander ou se erf!
