n Paar lesse geleer!
Posted: Mon Oct 22, 2018 7:52 am
Ek en Sakkie...eienaar van Lapa Moyo Safaris het vrydag oggend vroeg sy cruiser se neus in alldays rigting gedruk.
Met n dubbel as sleepwa wat vol gelaai is met boontjie bale en die cruiser ook nog so 1.3 ton se voer pille ens het ons baie rustig gery.
Skaars buite polokwane en gelukkig op n stuk grondpad besluit ons sleepwa mos ons ry heeltemal te stadig en vat sommer die cruiser verby
Met ons SKEPPER se genade was dit gelukkig glad nie erenstig nie....ons het baie stadig oor n spoed wal gegaan toe die sleepwa afhak en 30m verder gelukkig self rustig tot stilstand kom in die duk sand langsaan die pad.
Nou ek glo vas dat als defnetief met n doel gebeer en ek kry sommer koue rillings as ek dink wat kon gebeur het as daai sleepwa op die hoof pad op n verkeerde tyd en teen n verkeerde spoed moes afhak! !....
LES EEN ....kyk altyd self en maak seker jou sleepwa is reg gehak.
Die cruiser se sleepstang het n vertikale hak/pen kombenasie en sy "lockpen" was nie terug gedruk nie.
So toe die sleepwa se neus lig oor die spoedwal toe trek hy net mooi die hak uit en ry by hom self.
Dankie YAHWEH dat U hand van beskerming oor ons was.
Nadat ons die ligte op die sleepwa uitgesorteer het was ons verder op pad
N paar km voor Sakkie se plaas sien ons toe n klompie koedoes op die buurman se grond naby n water krip.
Ek wys toe vir sakkie n mooi bul wat reg teen die pad onder n bos lê.
Ons ry reeds stadig en Sakkie rem onmiddelik. ..
"Kyk daai bul se bêk is af geskiet" sê hy en ons stop.
Hy bel die grond eienaar en verduidelik die sutuasie en met hulle toestemming sit hy die arm bul uit sy lyding uit.
Daai dier moes n aaklige laaste paar dae gehad het.....brandmaar. . Dood dors en al so swak dat hy nie meer kon op staan nie. Net daar weer besef hoekom ek glad nie baie lief is vir kop skote in die bosveld nie
LES TWEE volg