Page 1 of 1

Musgrave .270 Model en Info

Posted: Sat Oct 20, 2018 10:48 am
by Jan Dissel
Hello

Soek sommer info oor die geweer.
Erfstuk met baie sentimentele waarde. Het jare in die kluis gestaan. Na ek bietjie werk laat doen het aan hom (sneller gestel, pak, "float", knaldemper) skiet die geweer nou so lekker.

Hier is wat ek dink ek weet:
Musgrave .270
Vrystaat mk2
RSA Lyttleton aksie
1:10 twist
26 duim loop

Vanjaar my eerste Springbok voorsit jag met hom gedoen. Wat 'n belewenis. Maar daardie storie hoort seker in 'n ander afdeling van die forum.

Re: Musgrave .270 Model en Info

Posted: Sat Oct 20, 2018 10:50 am
by Jan Dissel
Nog paar fotos...

Re: Musgrave .270 Model en Info

Posted: Sat Oct 20, 2018 10:52 am
by Jan Dissel
En nog 2.

Re: Musgrave .270 Model en Info

Posted: Sat Oct 20, 2018 2:51 pm
by MB James
Daardie is virseker nie 'n RSA Aksie nie. Lyk meer na K98
Die RSA het net 'n opening vir die patroon. Verder is die hele aksie toe.
004b_rsa_lyttlelton_palma_308_openbolt.jpg_thumbnail1.jpeg
Sent from my S60 using Tapatalk

Re: Musgrave .270 Model en Info

Posted: Sat Oct 20, 2018 2:54 pm
by MB James
Wag ek het bietjie dieper ingezoom. Daardie is die model met die magasyn. Hy was inderdaad grooter oopgesny om die magasyn te kon laai. Nie soos die enkelskoot nie jammer.

Sent from my S60 using Tapatalk

Re: Musgrave .270 Model en Info

Posted: Sat Oct 20, 2018 3:06 pm
by WesMerw
Jan, ek gaan nie hijack nie, maar dit is die tweeling van my 30-06 . Enige iemand met inligting gaan my ook help, ek soek 'n "extractor" vir my geweer.

Sent from my SM-P585 using Tapatalk

Re: Musgrave .270 Model en Info

Posted: Sat Oct 20, 2018 3:27 pm
by Ashley
Baie mooi daai Musgraves...
Waarlik kwaliteit gebou.

My Mod 90 is nou 30jaar oud. Hy lyk en voel nog nuut, en sy aksie seep glad

Re: Musgrave .270 Model en Info

Posted: Sat Oct 20, 2018 5:07 pm
by ruaanb
my pa het selfde roer net in 308. wit warm skiet yster.

Re: Musgrave .270 Model en Info

Posted: Sat Oct 20, 2018 5:13 pm
by OosKaapJagter
As jy in die boek "Firearms Developed and Manufactured in Southern Africa 1949 - 2000" gaan kyk op bladsye 24 -26 is dit uitgeknip die Vrystaat MK2 reeks.
Aldus die boek is dit inderdaad in .270 ook vervaardig. Die loop is glo 610mm lank, EN19 ISCOR staal. Die aksie is die Vrystaat slotaksie wat 'n Musgrave weergawe van die Mauser 98 aksie is.