Page 1 of 1

Benoni na Hopetown - Pad?

Posted: Mon Oct 15, 2018 5:44 pm
by LeRoy
Weet iemand wat die toestand van die paaie tussen bg is?

Ek is aangeraai om eerder Bloemfontein om te ry as Kimberley weens die toestand van die pad en ook baie koelteboom ruiters met spoed lokvalle en kameras.

Hoeveel langer is die pad Bloem oor?

Ons ry Donderdag nag.

Re: Benoni na Hopetown - Pad?

Posted: Mon Oct 15, 2018 6:42 pm
by Dawid S
Die pad deur Wolmaransstad is sleg in die dorp. Verder is die pad mos onlangs herbou so dit is baie goed. Die brug by Hopetown het pad werke. Kimberley het ook padwerke in die dorp. So ek sal nie die ompad ry nie.

Re: Benoni na Hopetown - Pad?

Posted: Mon Oct 15, 2018 7:38 pm
by 6mmMusgrave
Ek het so 3 weke terug gery van Joburg terug kimberley toe en die pad is regtig nie sleg nie. In die dorp is daar nie padwerke tans nie. Die pad deur hopetown toe is ook by.

By wie gan skiet julle daai kant.

Re: Benoni na Hopetown - Pad?

Posted: Mon Oct 15, 2018 8:05 pm
by Danie01
Padwerke in Kimberley is klaar, brug by Hopetown is oop.

As jy deur Klerksdorp is, is die ergste oor en ry man beter. Ek weet netnie of daar nog padwerke tussen Klerksdorp en Wolmeranstad is nie.

Die pad self is nie in n slegte toestand nie.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Benoni na Hopetown - Pad?

Posted: Tue Oct 16, 2018 8:28 am
by Omnia
Jy kan maar laat loop , al waar jy sleg gaan ry is in Wollies soos gese is . As jy uitswaai vir die potholes ry jy in elkgeval in 'n baie lekker biltong plek vas . So gaan bederf jou self jou rowwe blik@#$.
Vra ook by wie jag jy daar ?

Re: Benoni na Hopetown - Pad?

Posted: Tue Oct 16, 2018 10:26 am
by Stephan86
Ons is gereeld in Hopetown en ry die N14 tot op Ventersdorp en dan tot op Hartbeesfontein en dan N12. So mis jy Potch en Klerksdorp ma weet nie of dit vir jou die moeitewerd is nie. Die pad Bloem om ry ook heel lekker.

Re: Benoni na Hopetown - Pad?

Posted: Tue Oct 16, 2018 12:57 pm
by LeRoy
Dankie aan al die raad. Ons skiet is (alweer) gekanselleer weens siekte.