Page 1 of 1

Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Sun Oct 14, 2018 8:40 am
by Maroelas
Dagsê Manne,

Ek doen so bietjie navorsing. Watter swaar kalibers (375 en op) kan mens op 'n standaard lengte Mauser 98 aksie bou?

En ook, kan mens 'n 416 Rem Mag op so 'n aksie bou?

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Sun Oct 14, 2018 1:54 pm
by Frederik
Maroelas,

Kyk watter kalibers se parent case die 375 H&H is en die 416 rem mag is een van hulle.
Dan die nuwe 375 Ruger en 416 Ruger behoort ook op standaard aksie te werk.
458 Win Mag, en Lott kan ook werk.

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Sun Oct 14, 2018 3:24 pm
by 470rigby
Dit is grootliks die bevoegdheid van die wapensmid wat gaan bepaal of so 'n ombouing veilig gedoen kan word vir 375 H&H lengte patrone (dws patrone wat 3.6 duim lank is)
Dis maklik om die voer "ramp" weg te sny tot die patroon pas, maar dit kan die aksie gevaarlik verswak. Goeie werk behels dat die magasyn se agterkant ook verander word om die lengte te akkomodeer, maar dis moeite en geld. Ek het al baie "set-back" gesien op aksies wat op die maklike manier verander is. Gelukkig is die M98 aksie baie vergewingsgesind, en die derde nok "lug" neem van die terugwaartse kragte op wanneer hierdie set-back plaasvind. Die linkerkantste nok op die grendel is ongelukkig die swakker een, want dit is gekeep vir die uitwerper, en dis die een wat in die boonste deel van die aksie sluit, wat nie verswak is deur die modifikasie nie. die regterkanste (wat onder sluit) nok is sterker, maar die onderste kant van die aksie waar hy sluit is dan swakker agv die ombouing

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Sun Oct 14, 2018 8:52 pm
by Maroelas
Dankie vir die inligting manne

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Sun Oct 14, 2018 10:12 pm
by spekieries
416 Taylor

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Mon Oct 15, 2018 8:04 am
by LoopSoosStroop
Ek sou gaan vir 'n .416 Ruger. Hy is so lank soos 'n .30-06 en is ontwerp om in 's standard lengte aksie te pas.

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Mon Oct 15, 2018 8:32 am
by DWB
As ek so vinnig moet dink...
9.3x62
375H&H + Ruger
10.75x68
416 Ruger
416 Taylor
416 Rem
404 Jeffery
458 Win
458 African
458 Sabi
500 Jeffery

My raad is wel, kies jou geweersmid BAAAAIE mooi, hê BAAAAIE geduld....
Anders koop die kaliber wat jy soek in 'n CZ geweer en laat vir jou 'n gepasde kolf opsit...

Geboude gewere werk NIE goedkoper as gekoopdes uit nie.

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Mon Oct 15, 2018 8:38 am
by Capt. Yoda
DWB wrote:As ek so vinnig moet dink...
9.3x62
375H&H + Ruger
10.75x68
416 Ruger
416 Taylor
416 Rem
404 Jeffery
458 Win
458 African
458 Sabi
500 Jeffery

My raad is wel, kies jou geweersmid BAAAAIE mooi, hê BAAAAIE geduld....
Anders koop die kaliber wat jy soek in 'n CZ geweer en laat vir jou 'n gepasde kolf opsit...

Geboude gewere werk NIE goedkoper as gekoopdes uit nie.

Deon watse een van daai sal jy laat bou op n magnum CZ aksie en by wie sal jy laat bou?

Ek hou baie van daai 416Ruger maar ek weet min van die klas goed af

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Mon Oct 15, 2018 8:43 am
by DWB
450 Rigby

Deur ouens wat hom verstaan.

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Mon Oct 15, 2018 8:50 am
by Wouter Roets
More Maroela

Die meeste rondtes kan op n standaard aksie gebou word soos Anrew verduidelik het met n paar modifikasies. Ek neem aan jy wil weet wat se rondtes daarbuite is wat bedoel is om met n maksimum TPL van 85mm te werk?

Die Ruger reeks rondtes in 375 en 416 is juis met die doel ontwerp en jy hoef geensins verder as hulle te kyk in daai twee kalibers nie. Die 416 Ruger is by verre n beter ontwerp as die 416 Taylor.

Indien jy wil groter gaan is die 458 African Express van Pierre van der Walt n uitstekende keuse. Daar is n magdom ander keuses daarbuite soos die Dakota reeks, maar ek voel die eersgenoemde is by verrre die meer praktiese roete om te gaan. Persoonlik is ek nog nooit n voorstaander om 91mm(Magnum rondtes) te bou op standaard aksies nie. Met ons keuses van rondtes nou is dit ook glad nie nodig nie.

Groetnis
Wouter

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Fri Oct 19, 2018 8:28 pm
by B Five
Daar is duisende 375h&h al gebou op standaard aksies.
Vektor het net standaard aksies vir hulle gebruik en ek dink hulle werk op die staal was uitstekend, selfs Rigby het standaard aksies gebruik toe hulle nie Magnum lengte aksies kon bekom nie.

Die probleem met groot kaliber gewere is die nostalgie. Ons wil n klassieke geweer he, wat n klassiek rondte skiet. Dit is hoekom ons so baie 375h&h en 404 op standaard aksies sien, alhoewel die 375Ruger n meer praktiese kaliber is.

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Fri Oct 19, 2018 9:04 pm
by Apie
9.3x62 vir die wen!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Sat Oct 20, 2018 7:44 am
by DWB
Prakties sal die 375Ruger nooit in sy wildste drome ñ 404 wees nie... ek sê maar net O0
B Five wrote:Daar is duisende 375h&h al gebou op standaard aksies.
Vektor het net standaard aksies vir hulle gebruik en ek dink hulle werk op die staal was uitstekend, selfs Rigby het standaard aksies gebruik toe hulle nie Magnum lengte aksies kon bekom nie.

Die probleem met groot kaliber gewere is die nostalgie. Ons wil n klassieke geweer he, wat n klassiek rondte skiet. Dit is hoekom ons so baie 375h&h en 404 op standaard aksies sien, alhoewel die 375Ruger n meer praktiese kaliber is.

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Sat Oct 20, 2018 9:35 am
by Maroelas
Dankie vir al die inligting manne. My hart staan na 416 Rem Mag toe. Maar net as dit veilig gedoen kan word. En vir dit is die wapensmid baie belangrik.

Anders sal ek na een van die ander klassieke kalibers kyk.

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Sun Oct 21, 2018 7:16 am
by 470rigby
B Five wrote:Daar is duisende 375h&h al gebou op standaard aksies.
Vektor het net standaard aksies vir hulle gebruik en ek dink hulle werk op die staal was uitstekend, selfs Rigby het standaard aksies gebruik toe hulle nie Magnum lengte aksies kon bekom nie.

Die probleem met groot kaliber gewere is die nostalgie. Ons wil n klassieke geweer he, wat n klassiek rondte skiet. Dit is hoekom ons so baie 375h&h en 404 op standaard aksies sien, alhoewel die 375Ruger n meer praktiese kaliber is.
Stem 100% saam, gee my enige tyd 'n 404 in plaas van 'n 416 Ruger

Soos 'n oom baie lank terug gese het: When you've got a 303 and a 404, you need no more....

Re: Swaar kalibers op standaard lengte Mauser 98 aksie

Posted: Mon Oct 22, 2018 12:40 pm
by Hugov
As ek net een roer in my kluis mag he sal dit my 416 Ruger wees. Daai 20 duim alaskan is n droom om mee te loop en bekruip.

Groete H