Page 1 of 2

Kuber ruimte verslawing..

Posted: Fri Oct 12, 2018 2:42 pm
by tau
Manne dit is vreeslik.

Ek het nou al lankal Facebook en minder onlangs Instagram van my foon verwyder. En laat my IT ou by die werk ook sommer die goed op ons netwerk blok.

Ek is so vrek besig ek kan my gat nie draai nie en as ek sien maak ek die app oop. Ek het nou Facebook op my rekenaar ook geblok. Pateties né!!!!

Ek is 'n buitelug ou en ek draf darem so 2-3 keer per week na werk en ry naweke motocross of enduro roetes, so dit is nie asof ek nie my vetgat fiks hou nie, maar as jy in die oggend wakker word dan draai jy eerste na jou foon om te sien watse snert in die wêreld aangaan.

Ek lees ook nie en my herlaai lei daaronder. Is dit net ek?

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Fri Oct 12, 2018 3:08 pm
by Carl
tau wrote: Ek lees ook nie en my herlaai lei daaronder. Is dit net ek?
Nee ek stem ook saam, dis darem iets om te doen op die toilet.

En Jaracal is ook lekker maar ek probeer minder...

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Fri Oct 12, 2018 3:24 pm
by tau
Carl wrote:
tau wrote: Ek lees ook nie en my herlaai lei daaronder. Is dit net ek?
Nee ek stem ook saam, dis darem iets om te doen op die toilet.

En Jaracal is ook lekker maar ek probeer minder...
Jaracal raak afgesaag dan hou ek vanself op. Jy weet ek moet heeltyd net in sub MOA groepe vaskyk en groot RW bokke lyk my net ek skiet swak en dan nog ooie en koeie.. >:+

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Fri Oct 12, 2018 4:47 pm
by wynis
Ja dis ‘n saak wat meeste van ons pla. Ek het in dié laaste 2 jaar Facebook omtrent heeltemal gelos en Twitter delete. Volg nou forums soos dié wat onderwerpe hanteer waarin ek belangstel.
P.s ek het Carte Blanche al 20 jaar terug opgegee. Dit was goed vir die siel.

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Fri Oct 12, 2018 5:58 pm
by Ashley
Die sosiale media Apps word 1e van my foon af verwyder as ek n nuwe foon kry.
Ekt geen FB, twitter, instagram of sulke rekeninge nie... ekt nie tyd vir dit nie dankie.

Maar as ek nou op die toilet sit of rustig is dan Google ek maar enigiets wat ek oor wonder of wil lees.
Jaracal is natuurlik ook lekker lees stof

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Fri Oct 12, 2018 7:21 pm
by wynis
Ashley wrote:Die sosiale media Apps word 1e van my foon af verwyder as ek n nuwe foon kry.
Ekt geen FB, twitter, instagram of sulke rekeninge nie... ekt nie tyd vir dit nie dankie.

Maar as ek nou op die toilet sit of rustig is dan Google ek maar enigiets wat ek oor wonder of wil lees.
Jaracal is natuurlik ook lekker lees stof
Kort op jou hakke Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Sat Oct 13, 2018 8:35 pm
by Ds J
Vra jouself net een vragie: Waarom doen ek dit?

Dan kom die ander vrae vanself: is dit nodig? Is dit lonend? Is dit sinvol?

En die antwoorde kom ook self: daar is eintlik min sake wat werklik jou tyd en aandag verg.

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Sat Oct 13, 2018 9:58 pm
by tripodmvr
Ds Jaap. As predikant probeer jy die mense oortuig oor geloof. Dit kan dan sekerlik gesien word as opvoeding. Ek dink die meeste van ons op die jagforums is daar vir die opvoeding - sommiges gee en ander neem. Saam leer ons egter meer oor ons belangstelling. Hopelik is dit ten goede vir almal.

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Sun Oct 14, 2018 6:49 pm
by Chevvy SS
Ek erken dat jaracal die eerste plek is waarheen ek gaan sodra my rekenaar aangeskakel is, asook deur die dag. Ek behoort ook op Facebook aan van die jagforums en 'n bakkieforum- moet erken dis baie tydrowend, maar nou ja....

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Sun Oct 14, 2018 8:38 pm
by Jake1
Ek het Facebook geblok by ons werk laas week hulle gaan hierdie week eers agterkom........ En baie moerig wees

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Mon Oct 15, 2018 7:47 am
by tau
Jake1 wrote:Ek het Facebook geblok by ons werk laas week hulle gaan hierdie week eers agterkom........ En baie moerig wees
Ditto.

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Mon Oct 15, 2018 8:00 am
by joe rocket
Sosiale media is n bron van negatiewe kometaar en inligting. Jaracal kry dit reg om dit te vermy.

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Mon Oct 15, 2018 11:02 am
by Harambe
Ek het ook hierdie probleem. En die ergste van alles is, my werk het baie met die internet te doen, so ek kan nie rerig wegbly van 'n rekenaar met internet nie. Ek het wel Twitter van my foon verwyder want dit was my grootste probleem.

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Mon Oct 15, 2018 11:49 am
by tau
Ek sit ook baie voor rekenaar en kyk na tracking en wag vir mails en orders.

Maar my foon is nou al 1 maand instagram en al meer as ‘n jaar Facebook vry.

Maar as dit op my foon was, was ek daarop wat my eintlik pla.

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Mon Oct 15, 2018 11:53 am
by Ds J
Die gevaar van sosiale media is dat dit oor emosie gaan, en nie oor feite nie.

"Ek voel so oor hierdie saak" is te veel kere die oorsaak van n reaksie, terwyl die antwoord/reaksie anders sou gewees het as n mens die feite objektief beskou het.

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Mon Oct 15, 2018 1:39 pm
by Eugene
Ds J wrote:Die gevaar van sosiale media is dat dit oor emosie gaan, en nie oor feite nie.

"Ek voel so oor hierdie saak" is te veel kere die oorsaak van n reaksie, terwyl die antwoord/reaksie anders sou gewees het as n mens die feite objektief beskou het.
As mense in staat was om feite objektief te beskou, sou ek nie 'n werk gehad het nie! ;) Mense lieg ook selde oor die feite, eerder oor hulle verhouding tot die feite....

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Mon Oct 15, 2018 2:05 pm
by Rem
https://www.youtube.com/watch?v=PmEDAzqswh8

Verduidelik baie, laat n mens dink.

Groete

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Mon Oct 15, 2018 2:37 pm
by Williel
So tydjie terug het ek die geleentheid gemis om na Brad Huddleston se praatjie te luister oor "Digital Cocaine" en sal sy boek moet aanskaf om op hoogte te kom.

https://www.google.com.na/url?sa=t&rct= ... 3pO0Zmf552

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Fri Nov 23, 2018 8:59 am
by tau
So ek was nog nie weer naby Facebook nie en dit pla my glad nie, my enigste ding is ek het 'n vriend se vreeslike tragiese verhaal gemis aangesien "jy het mos op Facebook gesien" sindroom waarin on wêreld verval het.

Die ander ding is as jy saam met vriende op 'n trip was en hulle deel die foto's op Facebook en jy sien dit nie. Nou dropbox ons dit vir mekaar, maar wat 'n job.

So ja daar is positiewe en so baie mense daar buite kommunikeer DMV. Facebook. Die een ou wat nou op die trip saam met ons was het ons amper gemis, want hy het my dan "'n message op Facebook gestuur".

Ek bly nog weg.

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Fri Nov 23, 2018 11:41 am
by Chevvy SS
Jy het dan gister 'n plasing gemaak? :o

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Fri Nov 23, 2018 2:57 pm
by tau
Chevvy SS wrote:Jy het dan gister 'n plasing gemaak? :o
Nie ek nie!!!!! my laptop/ netwerk is geblok vanaf Facebook sedert 10 Okt en het nie Facebook op my foon :o

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Fri Nov 23, 2018 4:16 pm
by Springkudu
Nee wat, ek geniet my Facebook, Twitter en Instagram baie. Sien niks fout daarmee nie, ek volg wie ek wil volg en ek sit op wat ek wil opsit (Wat baie min indien ooit is).

As ek wakker word sê ek eers vir my vrou more en dan vat ek my foon, kyk die weer, Facebook en Instagram. Te lekker!!

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Fri Nov 23, 2018 4:56 pm
by musgrave270
Toe ek op skool en Varsity was het my ouers my mooi laat verstaan hoe ongeskik dit is om in die geselskap op my foon te sit en speel. So los ek later Facebook toe dit nie meer snaaks is nie.

Nou dat die ouers opgevang het met die tegnologie sit hulle op hul fone en facebook in die geselskap.

Al van facebook wat ek mis is die verjaardag kennisgewings. Ek is nie goed met verjaarsdag datums onthou nie

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Mon Nov 26, 2018 7:17 am
by tau
musgrave270 wrote:
Nou dat die ouers opgevang het met die tegnologie sit hulle op hul fone en facebook in die geselskap.
Ek het nou die dag ‘n ure lange trip gevat na ‘n Oom toe on te gaan groet en te kuier. Hy was konstant op Facebook en WhatsApp. Dit was skokkend hy kon nie ‘n gesprek volhou nie.

Re: Kuber ruimte verslawing..

Posted: Mon Nov 26, 2018 7:52 am
by Trompie
Ekt so 5 jaar terug fb gelos. Mense en hulle "dinge" het my net begin irriteer en ek het besef hoeveel tyd dit van my eintlik vat.
Nog nooit twitter of instagram gehad ook nie.

Ek is maar deel van paar forums wat ek op tapatalk browse van my foon af.

Die kinders moet in weeksdae hulle fone van 5-8 op die kombuistafel neersit. Anders sien mens hulle nooit en is hulle permanent op whatsapp

Sent from my LG-H870 using Tapatalk