Page 1 of 1
Te veel olie op hout kolf
Posted: Mon Oct 01, 2018 9:50 pm
by Eckardt
Naand julle,
Ek wil hulp vra asb. Ek het so 2 maande terug die kolf olie gesmeer. Het die geweer toe gisteraand uitgehaal en sien toe merke op die kolf soos die olie afgeloop het. Die olie het ook die recoil pad biekie seer gemaak. Daar is ook olie om die loop self
Ek wil dus weet hoe kan ek die merke op die hout afkry en op die loop?
Eckardt
Sent from my SM-P585 using Tapatalk
Re: Te veel olie op hout kolf
Posted: Tue Oct 02, 2018 5:25 am
by Ds J
Watter soort olie het jy gebruik, en hoe lyk die merke?
As dit net dik aanpaksels is kan jy die kolf stadig verhit dat dit kan intrek. Of jy kan dit afskraap en daarna vir n paar uur in die son laat staan.
Re: Te veel olie op hout kolf
Posted: Tue Oct 02, 2018 9:07 am
by Viking
Eckardt
Begin van voor af as jy dit wil reg doen!
Haal jou houtwerk af en gebruik sukerseep oplossing om die olie af te haal. Indien die olie hardnekkig is kan jy wassoda en oksaalsuur gebruik.
Laasgenoemde maak enige houtdeur of venster wat met olie of vernis behandel is silwerskoon dat die hout weer tot sy natuurlike "look" begin lyk.
Bou dan die glans op met kolf vernis / olie en sealer soos voorgeskryf. Die meeste geweerwinkels het 'n 3 bottel stelletjie wat die nodige sal doen.
Google die spulletjie vir detail om daai geweer tot sy volle glorie te herstel
tru oil.jpg
Re: Te veel olie op hout kolf
Posted: Sun Feb 10, 2019 2:29 pm
by Fafa
Hi manne
Ek het 'n soortgelyke vraag. Ek het 'n roer aangekoop (wag nog vir die liksens) waarvan die vorige eienaar "linseed oil" op die kolf gesit het en dit die glans afwerking baie dof laat vertoon. Enige raad om die olie te verwyder?
By voorbaat dankie!
Re: Te veel olie op hout kolf
Posted: Sun Feb 10, 2019 5:36 pm
by Cobus(Cobb)
Stoom strykyster,,,of natlap en gewone strykyster haal daai duikies baie mooi uit ook......stoom...staalwol....stoom...staalwol....haal al daai rubbish af en begin weer met regte kolf olie
Cheers
ps, dis nogal 'n lekker projek, jy sal dit geniet
Re: Te veel olie op hout kolf
Posted: Sun Feb 10, 2019 5:45 pm
by Fafa
Dankie Cobus! Watter olie sou mens gebruik om die "gloss" voorkoms te hou?
Re: Te veel olie op hout kolf
Posted: Sun Feb 10, 2019 5:59 pm
by Omnia
Ek het so ruk trug my erfstuk .22 vir iemand gevat om so bietjie recon , die kolf was kwaai olie gesmeer gewees jy kon nie eers die grein sien nie . Toe ek hom gaan haal kon ek nie glo hoe mooi die roos hout lyk nie , die man het my gese hy het zeb gebruik om al die olie uit die hout te trek
Re: Te veel olie op hout kolf
Posted: Sun Feb 10, 2019 6:31 pm
by Fafa
Shoe - dis baie interessant, dankie vir die raad Omnia. Het jy before and after fotos?
Re: Te veel olie op hout kolf
Posted: Sun Feb 10, 2019 6:56 pm
by tripodmvr
Die kolf bo gewys het heelwaarskylik 'n laag vernis oor om die blink effek te kry. Haal jy dit af moet jy die hout seël en dan blink vryf. Met gaar lynolie (London oil) kry jy dat die hot baie mooi vertoon en 'n "dowwe" blink voorkoms het wat vir my persoonlik baie mooi is.
Re: Te veel olie op hout kolf
Posted: Sun Feb 10, 2019 9:52 pm
by Cobus(Cobb)
Fafa wrote:Dankie Cobus! Watter olie sou mens gebruik om die "gloss" voorkoms te hou?
Ek het Schaftol en of London oil gebruik
Cheers
Re: Te veel olie op hout kolf
Posted: Mon Feb 11, 2019 7:49 am
by Omnia
Fafa wrote:Shoe - dis baie interessant, dankie vir die raad Omnia. Het jy before and after fotos?
Sory het nooit gedink om fotos te neem nie , het net eindlik ingevat dat hy aan die slot kan werk , en my toe later gebel en gese hy kan die doen en dat doen en vir die prys het dit vir my goed geklink en dit laat doen , sal jou wel 1 stuur van hoe hy nou lyk , eks eerlik as ek se ek dink my pa en sy oupa het kar olie gebruik hy was sommer so dof gewees
Re: Te veel olie op hout kolf
Posted: Tue Feb 12, 2019 5:37 pm
by Fafa
tripodmvr wrote:Die kolf bo gewys het heelwaarskylik 'n laag vernis oor om die blink effek te kry. Haal jy dit af moet jy die hout seël en dan blink vryf. Met gaar lynolie (London oil) kry jy dat die hot baie mooi vertoon en 'n "dowwe" blink voorkoms het wat vir my persoonlik baie mooi is.
Dit lyk vir my ook of hy die vernis op het tripodmvr. Dink jy dis moontlik om die olie af te haal sonder om die vernis af te haal?
Re: Te veel olie op hout kolf
Posted: Tue Feb 12, 2019 5:37 pm
by Fafa
Cobus(Cobb) wrote:Fafa wrote:Dankie Cobus! Watter olie sou mens gebruik om die "gloss" voorkoms te hou?
Ek het Schaftol en of London oil gebruik
Cheers
Dankie Cobus!