Page 1 of 1

Vortex strike eagle 3-18x44

Posted: Sat Sep 29, 2018 7:15 pm
by snakker
Naand manne, so vinnige review na 'n dag met die scope

Disclaimer: die scope is aan my geleen om te toets, ek het dit nie gekoop of gekry nie, en die scope (demo) gaan weer terug na agent toe. Ek besit (op die oomblik) geen Vortex scopes nie.

In die box:
Daar is 44mm sunshade ingesluit (baie nice), 'n rubber bikini-style caps asook 'n sagte lappie met Vortex embleem wat ek dink jy om scope kan draai om beskerming te bied (sou jy nie scopecoat naby hê nie)

Nice:
Exposed target turrets, Hash marks op turrets om rotations te tel
'n Ongelooflike 143moa elevation adjustment beskikbaar
Windage turret is gemerk R en L
Illuminated reticle het 11 verstellings vlakke, as jy dit nodig het
3-18 is baie bruikbare vergroting range, genoeg om maklik op 1km te skiet. Elevation oorgenoeg om daar te kom
Glas lyk ten minste so goed soos Sightron Stac 4-20x50 en PST Gen1
Redelik kompakte scope
Turret clicks is duidelik voelbaar maar effens muted
Baie lekker reticle, in moa en turrets is 1/4 moa
Scope lyk nie oormatig "takties" nie en vertoon dus goed op jaggewere ook

Nie so nice:
Geen zerostop (maar ander scopes in prysklas ook nie)
SFP (maar baie manne verkies SFP, en daar is regtig min kwaliteit FFP scopes in die prysklas, indien enige)
Turrets rotation is 12moa, maak dit effens moeiliker om count te hou van totale elevation gestel (10'e is maklikste, selfs 15's werk ook goed)
Objective vertoon bietjie klein (44mm) vir die scope, kan dalk low light affekteer
Kruishaar gaan dalk vir van die fyn-skiet manne te grof wees (persoonlike keuse)
Parallax stelknop is nie in afstande afgemerk nie, net strepies

Tracking:
Hier het ek tall-target boxtest gedoen en ranges gestel wat ek dink mens tipies sou nodig hê op die baan. Dis alles akkuraat binne my 223 jaggeweer se akkuraatheids-vermoë (onder 1moa)

32moa elevation track reg (wat jy tipies gaan nodig hê vir 1km skoot)
10moa windage track reg
Return to zero is reg

Met baie elevation (143moa totaal beskikbaar) het die scope nog 63moa beskikbaar op my geweer gehad
Dit beteken mens kan lekker regkom sonder canted rail, maw R1500 besparing
63moa is genoeg om 'n 260 tot om 1250m te kry. Dan kan jy nog met reticle opmik (+32moa) om by 1500m te kom. So jy drop hom net in 'n 30mm stel ringe en jy is reg om tot op 1.5km te skiet... Impressive

Met baie elevation beskikbaar in reticle maak dit baie lekker reticle vir kompetisie skiet waar jy dalk teen tyd skiet en daar nie geleentheid is om te dial nie

Waarde-vergelyking:
Ek verstaan die scopes retail rondom R9500. Kom ons kyk bietjie wat daar nog beskikbaar in SA is in die R8000 - R11000 Mark (ek het sommer Futurama se pryse vanaf website gebruik. Ja, dis heel moontlik dat mens dieselfde scope elders teen beter prys kan optel - maar ek wou slegs 'n vinnige vergelyking doen. Dit is ook moontlik dat daar brands is wat nie deur Futurama gelys word nie en dus nie genoem word nie, of dat daar scopes is wat net onder of bo die R8-11k venster val wat ook uitstekende waarde is. Scopes wat vergelyk word moes ten minste 15x vergroting bied):

Vortex Diamondback Tactical 6-24x50 FFP (R11k)
Lynx LX2 5-20x50 (R11k)
Lynx LX3 2.5-15x50 Illuminated SAH (R10.5k)
Vortex Diamondback Tactical 4-16x44 FFP (R10.2k)
Lynx LX2 2.5-15x50 (R10.1k)

Vortex Viper 6.5-20x50 PA Dead-Hold BDC (R9.6k)
Sightron SII 6-24X42 (Duplex) AO (R9.5k)
Nikon Monarch 3 5-20x44 Nikoplex (R9.5k)

Sightron S-TAC 3-16x42 (R9.2k)
Hawke Sidewinder 8-32x56 (R8.8k)
Sightron SII 4-16x42mm A/O HHR (R8k)

Soos julle kan sien is daar nie baie scopes in daai prysklas wat die Strike Eagle gaan klop met features of kwaliteit nie. Geeneen van die bogenoemde scopes gaan die Strike Eagle match met elevation adjustment nie. En dan is daar ook nog die uitstekende Vortex waarborg.

Laat weet maar as daar enige vrae oor die Scope is, en ASB: laat weet as daar ander goeie waarde-opsies in die mark is wat ons verder kan bespreek.

Ek wil ook graag vir Reinier Cornelissen (Vredendal) bedank vir die leen van die Scope - julle kan hom gerus kontak indien julle enige Vortex produkte wil aanskaf - Nul83 ses27 vier224

//uploads.tapatalk-cdn.com/20180929/ccdcc84b9fa3851ac1e55954396fc5d4.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180929/61fe651ea7a37154708e567790cd2d97.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180929/2a7ec0e7e35e0074416b3bfb58241f92.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180929/5c2cab8522c404f4f2899f80dbe96188.jpg

Re: Vortex strike eagle 3-18x44

Posted: Sun Sep 30, 2018 7:41 am
by snakker
Net FYI: vir manne wat FFP feature soek is daar die Hawke Sidewinder FFP 4-16X50mm - hulle is R7300 (prys vergelyk goed met internasionale prys op die Scope) en het 85moa (25mrad) elevation beskikbaar, behoort jou ook sonder canted rail op 1km te kry

Buiten Hawke dink ek mens kan die Athlon Argos (FFP) ook in SA kry rondom R8k

Re: Vortex strike eagle 3-18x44

Posted: Sun Sep 30, 2018 8:09 am
by figjam
Goeie review Snakker! Ek was ook daar gister en vir die prys is dit beslis n netjiese stukkie glas daardie. As hy in 50 objektief was sou dit n absolute steel gewees het!

Maar n baie nice reticle en exposed turrets is ook baie gaaf in hierdie prysklas.

Re: Vortex strike eagle 3-18x44

Posted: Sun Sep 30, 2018 8:18 am
by snakker
Dankie Charl. Jy moet maar vir jou so enetjie kry laat ons daai groepe van jou kan laat toemaak Image
figjam wrote:Goeie review Snakker! Ek was ook daar gister en vir die prys is dit beslis n netjiese stukkie glas daardie. As hy in 50 objektief was sou dit n absolute steel gewees het!

Maar n baie nice reticle en exposed turrets is ook baie gaaf in hierdie prysklas.
Sent from my Redmi 4A using Tapatalk

Re: Vortex strike eagle 3-18x44

Posted: Sun Sep 30, 2018 8:48 am
by Vleisie
snakker wrote:Net FYI: vir manne wat FFP feature soek is daar die Hawke Sidewinder FFP 4-16X50mm - hulle is R7300 (prys vergelyk goed met internasionale prys op die Scope) en het 85moa (25mrad) elevation beskikbaar, behoort jou ook sonder canted rail op 1km te kry

Buiten Hawke dink ek mens kan die Athlon Argos (FFP) ook in SA kry rondom R8k
Ek het gister met my Athlon Argos BTR FFP 6-24x50 op my 243 geskiet tot op 1080m, het hom ingestel op 200m, al die pad opgestel van 200m tot 1080m met teikens op 600m, 730m, 960m en 1080m.
Laaste skoot was weer terug op 200m en hy was binne half MOA van waar ek hom ingeskiet het.

Re: Vortex strike eagle 3-18x44

Posted: Sun Sep 30, 2018 9:44 am
by snakker
Die Argos het ook lekker reticles, ja

Sent from my Redmi 4A using Tapatalk

Re: Vortex strike eagle 3-18x44

Posted: Sun Sep 30, 2018 5:56 pm
by figjam
snakker wrote:Dankie Charl. Jy moet maar vir jou so enetjie kry laat ons daai groepe van jou kan laat toemaak Image
figjam wrote:Goeie review Snakker! Ek was ook daar gister en vir die prys is dit beslis n netjiese stukkie glas daardie. As hy in 50 objektief was sou dit n absolute steel gewees het!

Maar n baie nice reticle en exposed turrets is ook baie gaaf in hierdie prysklas.
Sent from my Redmi 4A using Tapatalk
Nee wat. Dalk moet ek maar eerder n knerts vat voor ek skiet. Dalk raak doe groepe dan kleiner