Page 1 of 1

loop profiel laat draai

Posted: Tue Oct 18, 2011 8:40 pm
by Arnold
Hoeveel manne het al hulle lope laat dunner draai of flute?

Ek wil dink daaraan om weer my 308W in n jaggeweer te verander aangesien ek nou maar my 260 vir kompetiesies gebruik.

Ek wil net nie iets doen waaroor ek gaan spyt wees nie. Dalk moet ek maar nog n paar rand spaar en n jaggeweer koop. Dalk kan iemand anders so swaarloop 308W beter gebruik as ek?

Re: loop profiel laat draai

Posted: Tue Oct 18, 2011 8:57 pm
by Monrique (SJ)
Arnold naandse

Jy weet mos wie het al so n geweer loop van n Palma na n light palma verander. Wat is jou loop profiel nou, meenende in mm by die kroon?

Groetnis

Re: loop profiel laat draai

Posted: Tue Oct 18, 2011 9:08 pm
by Piet Breedt
Arnold, ek het myne laat verander, en hy werk goed.

Re: loop profiel laat draai

Posted: Tue Oct 18, 2011 9:14 pm
by Arnold
Ja ek weet van wie jy praat en ek kan nie sien dat dit hom afekteer nie. Die loop is n straight taper en is 23mm op die kroon.

Die geweer met scope weeg nou 6.8kg en dit is 1kg teveel. Die kolf kan ook so bietjie ligter en as ek hom hier by 5.8kg (selfde as my 260) of minder kan kry sal ek meer gemaklik voel om hom vir baan kompetiesies te gebruik.

Vir jag sal ek daarvan hou om hom in n Boyds varmint thumhole te sit maar die maak hulle nie.

Re: loop profiel laat draai

Posted: Tue Oct 18, 2011 10:01 pm
by Monrique (SJ)
Arnold

Ek sal se dat as jy daai loop laat afdraai na so 19mm of 18mm gaan hy baie ligter wees en gaan hy sommer nogsteeds mooi loop en skiet.
Jy kan laat hy nogsteeds taper loop of hom gelyk sny net met n lang nox.

Maak mooi.
Groetnis

Re: loop profiel laat draai

Posted: Tue Oct 18, 2011 10:08 pm
by baboonstalker
Arnold,
Kyk bietjie op Broughton se website by die profiele, dan gee jy vir my die mates van jou loop soos hy nou is en soos jy hom wil h?. ek kan dan vir jou bereken wat jy gaan afhaal in gram.
Ek het myne van 28.25" Safari contour na 28.1" light palma laat verander (ek dink ek het die knox langer gehou as LP) Die hele operasie het dig by die 1kg afgehaal as ek reg onthou.
Ons skiet mos nie benchrest nie, maar het al baie mooi groepe met hom gekry na ek dit gedoen het, so ek kan nie s? dat ek enige iets behalwe gewig verloor het nie.

Re: loop profiel laat draai

Posted: Tue Oct 18, 2011 10:19 pm
by Arnold
Ek sal moet meet maar skat my loop is nou n 7.2 profiel en n 12.2 met effens langer nok sal mooi werk. die loop is nou 24.5" vanaf die slot gesig, so dit is nie so lank nie.