Page 1 of 1
Groot Kees
Posted: Tue Oct 18, 2011 6:31 pm
by Piet Breedt
Ek het hierdie knaap geskiet met my .25 06 toe ek gaan jag het naby Otjiwarongo. Die hele trop het oor n bree droe rivierloop gehardloop, en die ou het die agterhoede gedek. Ek het so meter voor hom gemik. Hy was ongeveer 170m van my af.
Re: Groot Kees
Posted: Tue Oct 18, 2011 6:57 pm
by henried
Daai ding sal darm die rook uit jou byt!
Re: Groot Kees
Posted: Wed Oct 19, 2011 8:49 am
by DawieKotze
Ja nee - kyk hoe mooi hensop hy!!
Goed gedoen Piet!! Daai man het ook seker al baie skade aangerig.
Re: Groot Kees
Posted: Wed Oct 19, 2011 8:54 am
by Geno
Mooi bobbo Oom Piet!
Nou moet Oom Basie net leer smile op 'n foto......
Re: Groot Kees
Posted: Wed Oct 19, 2011 9:56 am
by BLOK
Daai is nou tanne man van n ander aard. Mooi gegooi.
Re: Groot Kees
Posted: Wed Oct 19, 2011 11:28 am
by JACQUES BOTHA
daai neusgatte lyk vir my bekend -- dalk familie van BOB? (of Rob)
Jacques
Re: Groot Kees
Posted: Wed Oct 19, 2011 11:33 am
by BLOK
Kry ander keer n tattie wat smous by n robot. Voor op sy hemp is groot geskryf Rob Mugabe met n foto van hom, toe die man omdraai staan agterop Before he robs u.
Was nogal baie snaaks

Re: Groot Kees
Posted: Wed Oct 19, 2011 9:36 pm
by Piet Breedt
Geno wrote:
Mooi bobbo Oom Piet!
Nou moet Oom Basie net leer smile op 'n foto......
Eugene, jy sal ook nie smile as jy jou neef so vashou. Ek het hulle die "de Wets" genoem op daardie trip. Basie het ook naderhand na hulle verwys as die "de Wets"
Re: Groot Kees
Posted: Thu Oct 20, 2011 6:31 am
by HUNTER
Piet
Ek het gedog met daardie neusgate en maniere is hulle die Swartse.
