Page 1 of 2

Wire hair J R

Posted: Sun Sep 23, 2018 8:32 pm
by katjak
Naand manne. Ek is op soek na n baba JR wire hair tefie van werkende ouers om te leer om jakke te soek in die nag wat geskiet is. As iemand dalk het laat weet my asb. Dankie . Japie.

Re: Wire hair J R

Posted: Mon Sep 24, 2018 7:56 am
by Martin Marais
Môre Japie.
Ek weet nie waar jy 'n JR sal kry nie. Sal 'n regte jakkalshond nie beter werk nie. Hierdie honde word mos geteel om jakkalse op te spoor. Hier in my area is 'n werkende pak van hierdie tipe honde. Ek weetnie,ek vra maar net.

Groete daar.

P.s. Ons moet weer 'n slag kuier,jy is skaars deesdae :laugh:

Re: Wire hair J R

Posted: Mon Sep 24, 2018 2:43 pm
by katjak
Middag Martin. N forumlid het my op die spoor gesit van so 3 manne wat die honde teel. ek sal hulle kontak en hoor.
Ek nou n paar aande gesukkel om jakke in die lang gras te kry en moes n hele rukkie soek na hulle. Ek het n foxie Jr kruis gehad wat baie goed was maar n pofadder het haar honde hemel toe gestuur.. Groete. Japie.

Ps. kyk jou pm.

Re: Wire hair J R

Posted: Mon Sep 24, 2018 3:24 pm
by PWV
Katjak, ek skat dit is die hond wat jy soek. Ek soek ook, maar hulle is vrek duur.
Kan jy die kontakte vir my ook PM, asseblief.

Re: Wire hair J R

Posted: Tue Sep 25, 2018 1:15 pm
by katjak
PWV.. Ja dit is nou presies dit wat jy daar wys. Mooi gesiggie. Nr is vir jou ge pm. groete

Re: Wire hair J R

Posted: Tue Sep 25, 2018 1:42 pm
by katjak
Die honde se pryse wissel van R2500 tot R3500. Volgens die manne werk al hulle honde in die veld op bloedspoor en jakkalse in gate en met rooikatte. Maar hulle is skaars. Maar ek gaan beslis een kry. Groete

Re: Wire hair J R

Posted: Tue Sep 25, 2018 2:14 pm
by Geno
As my teef op hitte kom sal ek haar laat dek. Sy is geregistreerd.

Re: Wire hair J R

Posted: Tue Sep 25, 2018 3:20 pm
by ruaanb
Wat van die wire hair foxterrier? Edit hulle is nog duurder.

Re: Wire hair J R

Posted: Tue Sep 25, 2018 3:59 pm
by sPRINGHAAS
Ek het ook geregistreerde reun wat onlangs gaan werk het. Ek sal kan help met 'n paar nommers..

Re: Wire hair J R

Posted: Tue Sep 25, 2018 7:49 pm
by Morkel
Geno wrote:As my teef op hitte kom sal ek haar laat dek. Sy is geregistreerd.
Naand Geno, watse hond het jy nou weer?
Jammer vir die HiJackImage
My seun wou bitter graag n jag hond vir sy verjaardag he. Hy moes self navorsing doen en besluit op n Beagle.
Die hond is nou 3jaar oud nie n dag geleer en sy eerste trip bos toe is n storie wat ek julle moet vertel en die jaar het hy geoperate soos n gesoute ouhand. Hy vat enige spoor en los of verloor dit nie. Ek is onteien by die eiffel tower in parys so n paar weke terug, so as ek nou weer alles terug het + photos sal ek die stories vertel want dit is te goed om nie te deel.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wire hair J R

Posted: Tue Sep 25, 2018 8:51 pm
by katjak
Naand manne. Ek voel die foxie is te groot vir my. indien iemand nog nrs het pm dit maar vir my. dankie . Japie

Re: Wire hair J R

Posted: Wed Sep 26, 2018 11:00 am
by PWV
Is hier niemand nader aan die Kaap/Boland wat hierdie honde teel nie?

Re: Wire hair J R

Posted: Wed Sep 26, 2018 11:30 am
by ruaanb

Re: Wire hair J R

Posted: Wed Sep 26, 2018 11:42 am
by PWV
Dankie, Ruaan!

Re: Wire hair J R

Posted: Wed Sep 26, 2018 12:35 pm
by DriesdlR
Klop aan by KUSA - kennel Union of SA of so iets. Hulla sal jou dalk kan help met geregistreerde telers in jou omgewing??

Re: Wire hair J R

Posted: Wed Sep 26, 2018 1:35 pm
by Geno
DriesdlR wrote:Klop aan by KUSA - kennel Union of SA of so iets. Hulla sal jou dalk kan help met geregistreerde telers in jou omgewing??
KUSA se Jack Russels is die gekolde worshond maw. kortbeen tipe.
Regte Jack Russels lyk so:

Re: Wire hair J R

Posted: Wed Sep 26, 2018 1:36 pm
by Geno
PWV wrote:Is hier niemand nader aan die Kaap/Boland wat hierdie honde teel nie?
Kontak die terrier club.
http://jackrussellsa.co.za/

Groete

Re: Wire hair J R

Posted: Wed Sep 26, 2018 2:36 pm
by NicoSmit
Hoekom verkies julle die wire hair bo die gladde haar JR?

Re: Wire hair J R

Posted: Wed Sep 26, 2018 4:11 pm
by airhunter
Eks nie n expert nie maar vir een glo ek die draadhaar shed minder as die gladdehaar.
Dit is vir my n groot rede hoekom ek eerder draadhaar sal gaan.
My honde is maar soos kinders in die huis.

Re: Wire hair J R

Posted: Wed Sep 26, 2018 4:37 pm
by katjak
Geno. Ek soek so n teef soos op jou foto. Maar al die geregistreerde telers se tewe is nou nog dragtig of net gedek en kleintjies sal eers van januarie af beskikbaar wees. Al my matte in my huis lyk al soos bokhaar matte en mamma is nie baie gelukkig nie. So dis die rede vir die langhaar. Ook waar die hondjie elke dag saam in die bakkie ry om maar die haar probleem te oorkom. Groete.

Re: Wire hair J R

Posted: Thu Sep 27, 2018 9:28 am
by sPRINGHAAS
airhunter wrote:Eks nie n expert nie maar vir een glo ek die draadhaar shed minder as die gladdehaar.
Dit is vir my n groot rede hoekom ek eerder draadhaar sal gaan.
My honde is maar soos kinders in die huis.
Ek kan uit ondervinding sê dis nie heeltemal waar nie. My rough coat gooi maar vrek baie hare as jy hom net los. Ek pluk hom (ander skeer hulle honde) wel af en toe, veral as seisoen draai daan maak dit 'n groot verskil en dan gooi hy minder as my vorige gladde haar JRs.
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201809 ... 001a25.jpg[/IMG]

Re: Wire hair J R

Posted: Thu Sep 27, 2018 10:23 pm
by Heinds
sPRINGHAAS wrote:

Sjoe mooi hond

Re: Wire hair J R

Posted: Fri Sep 28, 2018 7:44 am
by tau
Ek kry 14 Oktober my wirehair JR, of ek meot sê my 6 jarige dogtertjie kry een. Dit was dit of een of ander stoep "misssertjie". Eerstekeer in my lewe dat ek 'n "klein" hondtjie het. Wens my voorspoed toe. Ek hoop sy en my grooy honde kom goed oor die weg.

Re: Wire hair J R

Posted: Fri Sep 28, 2018 9:15 am
by ruaanb
sPRINGHAAS wrote:
airhunter wrote:Eks nie n expert nie maar vir een glo ek die draadhaar shed minder as die gladdehaar.
Dit is vir my n groot rede hoekom ek eerder draadhaar sal gaan.
My honde is maar soos kinders in die huis.
Ek kan uit ondervinding sê dis nie heeltemal waar nie. My rough coat gooi maar vrek baie hare as jy hom net los. Ek pluk hom (ander skeer hulle honde) wel af en toe, veral as seisoen draai daan maak dit 'n groot verskil en dan gooi hy minder as my vorige gladde haar JRs.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180927/8c411150dd537dddd382367bc1001a25.jpg

Re: Wire hair J R

Posted: Sun Oct 07, 2018 7:56 am
by shanenel
Gaan lees op oor die duitse jagdt terrier voor jy besluit.Ek het langer been JRT gejag tot ek my eerste Jagdt gekoop het.Al wat ek kan se WOW.