Page 1 of 1
Trailcams?
Posted: Tue Oct 18, 2011 1:23 pm
by Benman
Middag manne
Ek sal graag julle eie ervaring wil hoor as dit by trailcams kom, wat werk en wat nie? Wat sou jul aanbeveel?
Groete
Benman
Re: Trailcams?
Posted: Tue Oct 18, 2011 1:41 pm
by Gerhard
Benman wrote:
Middag manne
Ek sal graag julle eie ervaring wil hoor as dit by trailcams kom, wat werk en wat nie? Wat sou jul aanbeveel?
Groete
Benman
Benman,
PM vir Swift,
Hy het nogal goeie kamera's vir baie goeie pryse .
Re: Trailcams?
Posted: Tue Oct 18, 2011 4:49 pm
by Francois Briedenhann
Of praat met Harris op die forum het by hom n BUSHNELL gekoop en hy werk ongelooflik lekker en die Batterye hou n HELE rukkie PM my dan PM ek sy nmr vir jou.
Groete FB
Re: Trailcams?
Posted: Wed Oct 26, 2011 4:39 pm
by Stefan764
Francois Briedenhann wrote:
Of praat met Harris op die forum het by hom n BUSHNELL gekoop en hy werk ongelooflik lekker en die Batterye hou n HELE rukkie PM my dan PM ek sy nmr vir jou.
Groete FB
Stem hier saam, daar doen n Bushnell diens in ons wildkamp ook....
Cuddeback ook baie goeie wwaarde vir geld...
Stef
Re: Trailcams?
Posted: Mon May 21, 2012 1:42 pm
by Dawie
Lynx Ranger die 2MP een is goedkoop en al wat ou nodig het, ek het die Bushnel 5MP ook dis basies dieselfde ding die maar hy's 'n goeie R700 duurder
http://www.lynx.co.za/products/ranger.htm
Re: Trailcams?
Posted: Fri Jun 22, 2012 9:50 am
by SmitH
Lynx Ranger 8mp High-Def trailcam R3250
5mp Low-Glow trailcam R2850
5MP trailcam R2799
2mp trailcam R2799
Grates aflewering oor R1400.00
www.actioncameras.co.za
Re: Trailcams?
Posted: Fri Jun 22, 2012 5:12 pm
by muismaree
Bushnell werk moerse lekker, sit net vir hom van daai blou en silwer energizer batterye in, dan sukkel hy nie..
Re: Trailcams?
Posted: Mon Apr 22, 2013 4:43 pm
by JWO
Is daar trailcams beskikbaar in SA wat vir jou 'n SMS kan stuur sodra daar 'n foto geneem word? Daar is manne wat besproeiingspype steel in die nag. Ons wil hulle afneem, maar graag vang ook.
Groete
Jacques
Re: Trailcams?
Posted: Mon Apr 22, 2013 8:15 pm
by Rasmus
Ja mens kry. Sover ek weet werk hulle net op Vodacom. So as jy vodacom sein het kan dit werk. Die kameras is net nogal duur om en by R 4500 -R 5500. So dis nie lekker as hulle hom steel nie.
http://www.hcooutdoors.com/product_info ... ucts_id=74
Re: Trailcams?
Posted: Tue Apr 23, 2013 6:40 am
by Henry 7
Bly weg van Leupold-vir 1 of ander rede is hulle trailcam's nie goed nie-dis jammer want hy het 'n los screen wat jy net daar inplug en kan sien wat aangaan-het al 2 die modelle prober en tot die ouens by Kloppers het gesê hulle weet nie wat aangaan nie.
Re: Trailcams?
Posted: Tue Apr 23, 2013 11:43 am
by Fish 2 Hunt
Het 3 vd 5MP Bushnells en 2 van hulle werk al 2 jaar en hulle staan permanent in die veld en fotos neem, Ek het vir hulle staalkassies gebou en word met 'n kabel vasgesluit aan 'n pen in die grond of om dik boom, ek gebruik herlaaibare energizer batterye wat baie goed werk. Hulle is nie goedkoop nie maar jy kry waarvoor jy betaal.