Page 1 of 1

Nuwe forum lid

Posted: Tue Oct 18, 2011 10:21 am
by Born2Late
More almal. Ek het toevallig op die forum afgekom en rooflees nou al n rukkie.Het al geweldig baie geleer en hoop om ook n opbouende bydrae te kan maak.Ek skiet tans 7x57,30-06,12 boor en 9mm.Dit voel nou kompleet soos ouers vra....Wat se mens nou nog sonder om soos n idioot te klink.As mens die stories in tydskrifte lees en met ou jagters gesels voel dit vir my of die beste jag jare in wilde afrika vir ons gewone ouens verby is.Alles is gejaagd en vrek,duur anders as 100 jaar gelede,vandaar my naam Born2late.
Groete.
Charles.

Re: Nuwe forum lid

Posted: Tue Oct 18, 2011 10:31 am
by BLOK
B2L

Maak 2 van ons wat so voel, is baie jammer ons kon nie ook in die groot jag eras van gister geleef het nie. Nou moet ons seker maar die beste van n tweede beste saak maak.

Baie welkom in elk geval, jy sal die forum baie geniet.

Blok

Re: Nuwe forum lid

Posted: Tue Oct 18, 2011 10:38 am
by Geno
Welkom Charles,
Geniet dit hierso.

Groete,
Eugene

Re: Nuwe forum lid

Posted: Tue Oct 18, 2011 10:40 am
by Gerhard
Welkom Charles.

Re: Nuwe forum lid

Posted: Tue Oct 18, 2011 10:43 am
by gaaf
Charles, baie welkom

Wil jou vra hoe geniet jy daai 7x57, ek is tans aan die ondersoek vir 'n nuwe speelding!

Re: Nuwe forum lid

Posted: Tue Oct 18, 2011 12:11 pm
by Born2Late
Gaaf.

Ek geniet hom baie.Dit is n 1895 Chileense Mauser maar hy skiet nog n hond uit n bos uit.Ek het n Arms K/D op en as ek my kant bring skiet hy 20mm groeperings die hele dag lank.Hy skop nie,raas nie en is baie sag op die sak en alles wat ek nog geskiet het,het saam gegaan huis toe.Jy sal nie n fout maak met n 7x57 nie.

Re: Nuwe forum lid

Posted: Tue Oct 18, 2011 1:09 pm
by gaaf
1895!!! sjoe dit klink na bleddie nice geweer!!! nie dalk te koop nie? :)

Re: Nuwe forum lid

Posted: Tue Oct 18, 2011 1:43 pm
by Born2Late
Hoe vra die meneer dan nou? Mens verkoop mos nie jou kinders nie. Dit was my eerste geweer wat ek met my eie geld gekoop het en self mooi gemaak het. My testament se dat my kis n ingeboude geweertas moet he.Die 7x57 gaan saam.Wie weet,dalk is daar n rooibok of 2 aan die ander kant.

Re: Nuwe forum lid

Posted: Tue Oct 18, 2011 1:48 pm
by gaaf
hahahahah, geniet hom hoor!

Re: Nuwe forum lid

Posted: Tue Oct 18, 2011 7:44 pm
by theedge
Welkom bly om kennis te maak

Re: Nuwe forum lid

Posted: Tue Oct 18, 2011 8:50 pm
by Jaco Swart
Welkom en geniet.

Re: Nuwe forum lid

Posted: Wed Oct 19, 2011 8:32 am
by DawieKotze
Baie welkom telaatgebore!! Ons voel almal soos jy!!