Page 1 of 2

Glock 19X

Posted: Thu Sep 13, 2018 4:19 pm
by RBEKK
Hallo almal,

In 'n vorige plasing het ek gevra oor die CZ se P10C pistool. Intussen het ek my bevoegdheids toets gedoen en die skiet gedeelte was met 'n Glock 19 gedoen wat my net daar laat besluit het om 'n Glock 19 te koop.

Persoonlik weet ek nie waaroor die groot bohaai is met die plastiek sights en die slegte sneller nie, want met die standaard Glock kon ek op die teiken skiet waar ek gemik het.

Ek het ook intussen die Glock 19X in my hande gehad, wat mos maar 'n Glock 19 met die 17 se grip is. Die pistool voel baie lekker in die hande met die langer grip en dan die korter slide/loop.

Ek het na die 19 en 17 se specs gekyk en die 17 grip is basies +- 10mm langer as die 19 se grip.

So my vraag is!

Hoe groot verskil gaan daai 10mm maak vir conceal carry? Want as dit nie so groot invloed gaan hê nie, dan gaan ek beslis die 19X aanskaf, net vir die lekker/langer grip. Jy kry darem yster sights ook wat seker 'n plus is alhoewel ek gesien het die plastiek sight werk heel goed.

Dis in my oë die perfekte kombinasie. En as 10mm groot verskil maak kry ek eenvoudig die 19 gen 5.

Re: Glock 19X

Posted: Thu Sep 13, 2018 4:31 pm
by Harambe
Ek belowe vir jou, jy gaan daai verskil voel EN sien. Jy dink dalk nie so nie, maar as jy 'n 17 (of 19x) vir 'n paar maande dra, en dan per geleentheid 'n 19 dra, gaan jy 'n beduidende verskil voel.

Ek is persoonlik nie te veel gepla oor die gevoel nie, maar as jy soos ek baie T-hemde dra en jy wil nie he mense moet weet jy het 'n vuurwapen nie, gaan daai laaste 10mm soos 'n seer duim uitsteek vergeleke met 'n Glock 19 (om nie eens van die nog kleiner 26 te praat nie).

Maar as jy 'n paar Rande ekstra spaar en vir jou 'n ordentlike holster koop, sal jy 'n 17 of 19x baie gemaklik kan dra. Maar dan wil ek amper se dis beter om 'n 17 te vat. Want jy gaan wil sportskiet doen en dan gaan jy nie kan in dieselfde kategorie as ander 19's wees nie en die korter loop van die 19x gaan vir jou 'n effens van 'n "handicap" gee teen die 17's.

Re: Glock 19X

Posted: Thu Sep 13, 2018 4:45 pm
by DJArlove
RBEKK . my beste raad is vra die winkels of hulle holsters het, IWB Holsters( Inner Waist band Holsters ) en vat elke pistool en sit hom soos jy nou hom bv sou dra. Loop met hom , sit met hom,etc.
vra n vriend daar dat hy eerlik sy opinie gee aan of hy hom sien of nie sien nie onder jou hemp. Kyk of hy gemaklik sit etc.
weet nie hoe gebou is jy nie, maar as jy n groot frame het het ek al ervaar met manne met die CZ SP01 wat ek nie eens sien nie.
ek dra die CZ P09 en weet jy ek moes eerder gegaan het vir die CZ P07 om eerlik te wees want die P09 wat die grote is soos die Glock 17 conceal nie so lekker by my nie. Maar weerens is ek weer ook gelukig omdat my full frame pistool 21 rondtes het :-) .

jy sal nie n fout maak met die Glock 19x nie, al is ek n CZ man. Die Glock 19X is n slim ontwerping van Glock dink ek. As jy gaan Appendix carry(voor dra) met daai kort slide van dei 19x sal ek dink hy sal mooi weg gesteek wees asook n ie so ongemaklik wees nie. Die pistool met die lang slide kan nogal veral as jy voor dra bietjie ongemaklik raak veral as jy moet sit, ietsie druk in ietsie in in daai geval.

Hip Carry internal sal jy moet kyk of daai 10 mm n verskil maak. My CZ P09 kan ek glad nie hip carry onder my hemp nie want daai lang grip wys duidelik.

My beste raad sal wees vat elke een en vra die mense in die winkel of jy mag hom gou holster en sit met hom , loop met hom,hardloop met hom en boonop dit gooi backflips met hom :-P dat jy net n gevoel kry. Ek het baie ervaring in die aanval geweer agtergrond asook my polisie agtergrond en TSU agtergrond en al my kliente leiding gegee om dit ook te doen, niks daarmee fout om in die winkel n hand wapen in die teenwordigheid van die winkel eienaar of verkoops mense dit so te doen nie, net soos n jagter n geweer se slot voel en gewig voel voor hy hom koop kan jy met hand wapen ook so die keuse doen. . mense oordink soms hand wapen koop en my raad is dit-koop een wat:

1.Gemaklik is
2. een wat jy van hou
3. een waarme jy kan raak skiet

Groete

Re: Glock 19X

Posted: Thu Sep 13, 2018 5:16 pm
by Supacow
As jy kans sien vir 'n 19x kap dan daai 17. Soos alle mans weet 'n loop steek maklik weg maar daai handle nie. ;)

Re: Glock 19X

Posted: Thu Sep 13, 2018 6:00 pm
by RBEKK
Dankie vir alle raad.

Ek wou net graag paar opinies hoor. Ek sal eerder die 19 gen 5 vat, die proper 17 is bietjie groot met lang loop.

Sal veel eerder iets wil hê wat gemaklik dra. Selfverdeding eerste en dan baanskiet vir my.

Re: Glock 19X

Posted: Thu Sep 13, 2018 6:05 pm
by Supacow
43 hom dan

Re: Glock 19X

Posted: Thu Sep 13, 2018 8:53 pm
by Ds J
Het jy dalk die G26 oorweeg?

Dit is regtig n plesier om hom te dra.

Re: Glock 19X

Posted: Thu Sep 13, 2018 9:46 pm
by Vleisie
Ek self dra 'n G19 in 'n tuckable IWB holster, as ek weer koop sal dit ook G26 wees.
Die G26 conceal net soveel makliker met sy kleiner afmetings.

Net my 2c

Re: Glock 19X

Posted: Thu Sep 13, 2018 10:44 pm
by LUAN
Maar dan sit die ouens n plus 2 magasyn op daai 26 dan is dit so goed jy dra n 19

Re: Glock 19X

Posted: Fri Sep 14, 2018 9:02 am
by Vleisie
LUAN wrote:Maar dan sit die ouens n plus 2 magasyn op daai 26 dan is dit so goed jy dra n 19
Is dit nie maar basies wat Glock met die 19X gedoen het nie?
Ek bedoel vanuit 'n dra punt, daardie korter greep versteek baie beter, vat jou plus 2 baan toe.

Re: Glock 19X

Posted: Fri Sep 14, 2018 9:09 am
by LUAN
Vleisie wrote:
LUAN wrote:Maar dan sit die ouens n plus 2 magasyn op daai 26 dan is dit so goed jy dra n 19
Is dit nie maar basies wat Glock met die 19X gedoen het nie?
Ek bedoel vanuit 'n dra punt, daardie korter greep versteek baie beter, vat jou plus 2 baan toe.
Daai 19x is basies n 17 greep met net n korter loop. O nee jy kan nie dit doen. Jy moet daai +2 dra en te minste nog 2 magasyne op die ander heup en 3 messe en nog 3 flitse ookImage

Re: Glock 19X

Posted: Fri Sep 14, 2018 10:28 am
by RBEKK
Dankie ouens,

Ek stem saam dat die 26 is lekker vir conceal, maar my onderste 2 vingers kom nie eers naby aan die grip nie, en sit jy +2 by dan is dit basies 'n 19.

Ek gaan die 19 maar aanskaf, dis seker die beste tussenin grootte. Nie te klein nie, ook nie te groot nie. Ek is ook redelik aan die dun kant, en my hemde hang maar altyd bietjie losserig, so ek glo nie ek sal enige probleme hê om hom weg te steek nie. Ek is gelukkig nie 'n hipster wat skinny jeans dra nie. ;D ;D

Dankie vir al die advies

Re: Glock 19X

Posted: Fri Sep 14, 2018 10:48 am
by Supacow
Alle pistole wil n G19 wees!

Re: Glock 19X

Posted: Fri Sep 14, 2018 12:21 pm
by RBEKK
Supacow,

Ek wou aanvanklik nie na Glock kyk nie omdat elke 2de ou een het. Gedink dis een van daai gevalle waar almal agter 'n naam aanhardloop.

Nadat ek my navorsing gedoen het vir 'n pistool wat aan my vereistes voldoen het ek ook maar op die ou end by Glock uitgekom. :-)

Nadat ek toe ook met een geskiet het, toe was die besluit finaal. Sien nou waaroor almal Glock mal is. Dit is nou wel nie die mooiste ding nie, maar ek gaan nou ook nie na 'n mode parade met die ding gaan nie.

Soos die ander ou op een van die forums gesê het, jy moet na hom kyk soos jy na jou leatherman kyk. Dis op die ou end ook maar net 'n tool wat sy job moet doen.

Sit more my deposit op 'n Glock 19 neer.

Re: Glock 19X

Posted: Fri Sep 14, 2018 12:23 pm
by Hein M.
Supacow wrote:43 hom dan
Wil vir my vrou een kry. Sy is mal ook die klein voorkoms

Re: Glock 19X

Posted: Fri Sep 14, 2018 12:24 pm
by Supacow
Welkom in Die A-span ;)

Re: Glock 19X

Posted: Fri Sep 14, 2018 12:34 pm
by Ratel
RBEKK wrote:Supacow,

Ek wou aanvanklik nie na Glock kyk nie omdat elke 2de ou een het. Gedink dis een van daai gevalle waar almal agter 'n naam aanhardloop.

Nadat ek my navorsing gedoen het vir 'n pistool wat aan my vereistes voldoen het ek ook maar op die ou end by Glock uitgekom. :-)

Nadat ek toe ook met een geskiet het, toe was die besluit finaal. Sien nou waaroor almal Glock mal is. Dit is nou wel nie die mooiste ding nie, maar ek gaan nou ook nie na 'n mode parade met die ding gaan nie.

Soos die ander ou op een van die forums gesê het, jy moet na hom kyk soos jy na jou leatherman kyk. Dis op die ou end ook maar net 'n tool wat sy job moet doen.

Sit more my deposit op 'n Glock 19 neer.
Welkom in die Glock brigade. Jy sal nie spyt wees oor die G19 nie. En indien die sneller vir jou te hard is het jy die opsie om 'n "trigger connector" te vervang vir ongeveer R100. Dis letter vyf minute se werk vir 'n Glock smid.

Re: Glock 19X

Posted: Fri Sep 14, 2018 1:46 pm
by LUAN
Daars n rede hoekom die G19 die mees populere sub compact pistool is. Ook baie famous op tv. Vir n sd pistool maak daardie sneller en die vet visiere sin veral as jou oe nie meer die skerpste is. Ek was ook nie die grootste fan van hom maar na n paar jaar besef ek, ek gaan nie rerig beter af wees met enigiets anders. Jyt n goeie besluit gemaak.

Re: Glock 19X

Posted: Fri Sep 14, 2018 1:54 pm
by Harambe
LUAN wrote:Daars n rede hoekom die G19 die mees populere sub compact pistool is. Ook baie famous op tv. Vir n sd pistool maak daardie sneller en die vet visiere sin veral as jou oe nie meer die skerpste is. Ek was ook nie die grootste fan van hom maar na n paar jaar besef ek, ek gaan nie rerig beter af wees met enigiets anders. Jyt n goeie besluit gemaak.
Eintlik is dit ook maar net omdat almal op Gunsite een na die ander post "JUST GET A GLOCK 19". Maak nie eens saak wat die vraag was nie.

Re: Glock 19X

Posted: Fri Sep 14, 2018 2:01 pm
by Supacow
Dis seker maar soos ons koop n howa of subaru. Dit bly goeie advies

Re: Glock 19X

Posted: Fri Sep 14, 2018 2:05 pm
by LUAN
Die 19 was al hier lank voor gunsite. Ja hys boring soos n toyota maar hy bly betroubaar

Re: Glock 19X

Posted: Sat Sep 15, 2018 4:44 pm
by johans
RBEKK wrote:Dankie ouens,

Ek stem saam dat die 26 is lekker vir conceal, maar my onderste 2 vingers kom nie eers naby aan die grip nie, en sit jy +2 by dan is dit basies 'n 19.

Ek gaan die 19 maar aanskaf, dis seker die beste tussenin grootte. Nie te klein nie, ook nie te groot nie. Ek is ook redelik aan die dun kant, en my hemde hang maar altyd bietjie losserig, so ek glo nie ek sal enige probleme hê om hom weg te steek nie. Ek is gelukkig nie 'n hipster wat skinny jeans dra nie. ;D ;D

Dankie vir al die advies
dra myne nou so jaar elke dag.jy sal nie n fout maak nie

Re: Glock 19X

Posted: Sat Sep 15, 2018 7:25 pm
by Harambe
LUAN wrote:Die 19 was al hier lank voor gunsite. Ja hys boring soos n toyota maar hy bly betroubaarImage
Dis presies wat ek ook altyd oor die ding se.

Re: Glock 19X

Posted: Sat Sep 15, 2018 7:48 pm
by Dweetster
Ek het die G19 die eerste gen wat uit gekom het, ek skiet al 21 jaar combat met my Glock. Ek dra hom elke dag.
Ek het al 2keer met n poef lading in n combat n koël gehad wat in die loop vas sit, op altwee kere het ek die twede skoot geskiet wat die projectile uit die loop geskiet het. My loop het elke keer geswel sodat ek nie my slide kon toe kry nie.
Nicky hulle het my loop laat trug rol en ek skiet vandag nog steeds met my Glock.
Ek ruil hom vir niks nie.. Ek is seker jy kry beter en vinniger wapens, maar my Glock in my hande is vir my die beste tool wat ek het. Dis my arm extention..
Dit maak nie saak wat jy skiet nie, jy moet net weet hoe hy in die donker werk, almal gooi lood..

Re: Glock 19X

Posted: Sun Sep 16, 2018 5:33 pm
by Ratel
Harambe wrote:
LUAN wrote:Daars n rede hoekom die G19 die mees populere sub compact pistool is. Ook baie famous op tv. Vir n sd pistool maak daardie sneller en die vet visiere sin veral as jou oe nie meer die skerpste is. Ek was ook nie die grootste fan van hom maar na n paar jaar besef ek, ek gaan nie rerig beter af wees met enigiets anders. Jyt n goeie besluit gemaak.
Eintlik is dit ook maar net omdat almal op Gunsite een na die ander post "JUST GET A GLOCK 19". Maak nie eens saak wat die vraag was nie.
GS sit my soms af met sommiges wie dink alles wat hulle se moet slaafs nagevolg word. Ek besoek bitter selde daar. Op Jaracal het mense nog goeie maniere.