Page 1 of 1
Aksie opinie gesoek
Posted: Mon Sep 10, 2018 3:46 pm
by Lapua
Middag mnr'e.
Ek wil nog n 6.5 bou en soek julle opinie omtrent n K98 aksie. Die geweertjie moet akkuraat wees tot op so 600m. Dink julle dat mens dit kan reg kry met so aksie as mens so bietjie aan hom krap of mors ek my tyd? Die rede agter die aksie is n budget raak skiet roer vir my seun.
Groete
Lapua
Re: Aksie opinie gesoek
Posted: Mon Sep 10, 2018 4:23 pm
by Malan123
Hi Lapua
Kan nie kommentaar lewer oor die.k98 nie, maar het jy al 'n 6.5 creed in Howa oorweeg? Jy tel hulle.goedkoop en hulle skiet baie lekker
Re: Aksie opinie gesoek
Posted: Mon Sep 10, 2018 4:51 pm
by Gian_dP
Watse 6.5 wil jy bou? Tensy jy 6.5x55 roete wil gaan, het jy 'n langer aksie as wat nodig is. K98 en klone het ook langer "lock time " as nuwe aksies.
Howa 6.5 CM of 6.5x55 gaan jou minder kos as nuwe loop en geweersmid, sonder al die hoepels wat jy moet deurspring vir geweerbou.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Aksie opinie gesoek
Posted: Mon Sep 10, 2018 7:20 pm
by JPS
Lapua,
Vir tot 600m akkuraat skiet is daar niks fout met Howa geweer in bv. 6.5cm nie en al wat jy regtig moet doen is om so bietjie aan sneller te krap en ander kolf op te sit. As dit vir jou seun is kan jy sommer met die kolf vervanging die regte “fit” vir jou seun ook kry.
Ek het vir my seun 25-06 op k98 aksie nuwe loop gesit en moes toe in elk geval boyds pro varmint opsit. Loop en kolf plus geweersmit werk was omtrent 16K. Nou op 3de loop. Elke keer is loopvervaning ‘n issue en heelwat meer as wat nuwe geweer sou wees...
Re: Aksie opinie gesoek
Posted: Mon Sep 10, 2018 8:29 pm
by Lapua
Die ding is net dat ek reeds n loop, KD en aksie het. Ek wou my 308 af laai vir hom maar ek het teen dit besluit en gedink om n 6x47 te laat bou met komponente wat ek reeds het. Maar ja, net n kolf kos al wat n Howa kos.
Re: Aksie opinie gesoek
Posted: Tue Sep 11, 2018 4:37 am
by Pappabeer
Om jou oorspronklike vraag te beandwoord, all else being equal, is die aksie heeltemal akkuraat genoeg. 99% van stories oor M98 aksies of M98 tipe ontwerpe wat onakkuraat is is hoorsê wat oorvertel word as evangelie.
Vat maar die destydse Ruger Varminters as voorbeeld. En Wimbledon en die .300 H&H. En Simo Häyhä met n Mossin Naggant. En Matthäus Hetzenauer wat die langste (1100m) kill in WWII en 345 bevestigde kills gehad het in die oorlog.
Met n Ti-slagpen en veer kit en n Timney sneller is jou locktime baie minder, en jy breek op een pond.
Re: Aksie opinie gesoek
Posted: Tue Sep 11, 2018 2:11 pm
by ZKK
Jy wil nie dalks vir ons n foto van jou aksie opsit nie?
Is dit n los aksie?
Standaard, of is hy al gesporterize?