Page 1 of 1
Droewors en boerewors resep
Posted: Sat Aug 18, 2018 1:47 pm
by JJV
Hallo
Iemand het nie dalk vir my ‘n “familie” droewors en boerewors resep nie, ek soek een waar ek self die speserye meng, die pakke speserye doen dit nie vir my nie.
Lekker dag
JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Sat Aug 18, 2018 4:53 pm
by Zuku
Stem saam. Alle vleis wat ek al bewerk het en self moes mix het baie beter gesmaak as die winkel se klaar gemengde speserye. Sal kyk of ek nog my 1980 resep kan opspoor
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Sat Aug 18, 2018 10:41 pm
by Harambe
Een van die truuks is om self jou koljander te maal eerder as om uit 'n poitjie te gooi.
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Sun Aug 19, 2018 11:05 am
by andre007
Harambe wrote:Een van die truuks is om self jou koljander te maal eerder as om uit 'n poitjie te gooi.
+1. Ek skroei myne eers voor ek dit deur die meule jaag.
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Sun Aug 19, 2018 1:14 pm
by Hansieslim
Eks die ene ore. Eks ook moeg vir die winkelresepte.
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Sun Aug 19, 2018 1:21 pm
by JJV
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180819/88ee13357cf69f864a7fe21e1f286cbe.png
Ek deel dan maar eerste resep, staan bekend as Poppie se wors, dit is ‘n knoffel droëwors resep, ek pas net die vet aan tot 7.5kg vleis en 2.5kg vet. Stamp ook maar die knoffelsout!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Sun Aug 19, 2018 1:27 pm
by Hansieslim
My opinie oor droë wors en boerewors is dat die tipe vet en gehalte vet 'n groter invloed het op die lekkerte as die spices.
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Sun Aug 19, 2018 1:37 pm
by JJV
Ek gebruik wildsvleis met skaapvet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Sun Aug 19, 2018 2:08 pm
by Hansieslim
Ek sal dit darem like as hier n Jaracal man is wat weet hoe en waar ek n paar vetstert Percy sterte kan kry. Eks ernstig.
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Sun Aug 19, 2018 2:22 pm
by Joe13
Hansieslim wrote:My opinie oor droë wors en boerewors is dat die tipe vet en gehalte vet 'n groter invloed het op die lekkerte as die spices.
Stem ook saam met die tipe en kwaliteit vet.
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Sun Aug 19, 2018 5:20 pm
by ricus 1
Resep
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Sun Aug 19, 2018 7:12 pm
by ruaanb
ricusu wrote:Resep
loop mooi die een
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Mon Aug 20, 2018 1:21 pm
by jooste
Ek gebruik die volgende resep wat al generasies ver kom in ons familie:
Wildvleis Droewors Resep:
42 Kg Wildsvleis (±85%)
8Kg Brisket Vet (±15%) (Skaapstertvet beste as jy kan kry)
Swartpeper: 100ml
Gemaalde Naeltjies: 100ml
Fyn koljander: 300ml
Fyn neutmuskaat: 50ml
Fyn wonderpeper/Pimento: 170ml (dit is nie All Spice nie)
Worchester sous: 1.2l
Bruin asyn: 1.2l (Bly weg van water in droewors)
Fyn sout: 500g
Vir bakwors gebruik ek dieselfde resep as hierbo maar my vleis /vet verhouding word nou 80/20.
Gebruik maar gerus. Dit maak baie lekker wors.
Beste groete
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Fri Sep 07, 2018 9:58 am
by TOKELOS
jooste wrote:Ek gebruik die volgende resep wat al generasies ver kom in ons familie:
Wildvleis Droewors Resep:
42 Kg Wildsvleis (±85%)
8Kg Brisket Vet (±15%) (Skaapstertvet beste as jy kan kry)
Swartpeper: 100ml
Gemaalde Naeltjies: 100ml
Fyn koljander: 300ml
Fyn neutmuskaat: 50ml
Fyn wonderpeper/Pimento: 170ml (dit is nie All Spice nie)
Worchester sous: 1.2l
Bruin asyn: 1.2l (Bly weg van water in droewors)
Fyn sout: 500g
Vir bakwors gebruik ek dieselfde resep as hierbo maar my vleis /vet verhouding word nou 80/20.
Gebruik maar gerus. Dit maak baie lekker wors.
Beste groete
Ek wil asb graag weet wat die rede is hoekom die gebruik van water nie aanbeveel word nie.
Ek gebruik wel water (crown se resepte) maar die tekstuur van my wors is nie hoe ek dit wil he nie. Dalk is dit die probleem maar wat maak die water aan die wors?
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Mon Sep 10, 2018 12:39 pm
by jooste
Hi
Asyn hou wors sag.
Water verdamp en wors word hard.
groete
Re: Droewors en boerewors resep
Posted: Mon Sep 10, 2018 1:32 pm
by TOKELOS
Baie dankie! Ek waardeer!