Page 1 of 1

Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Fri Aug 10, 2018 9:14 pm
by Frederik
Dit is amper weer tyd vir die Ellisras Vuurwapenfees wil net graag hoor wie gaan die jaar?
Daar is die volgende om te doen:
Basa baan
Groepering skiet kompetisie (nie pmp)
Haelgeweer
Pistool
Chasa veldskiet
.22 vir juniors
Groote vir dag die Boer VS Brit skiet wat die dag afsluit.
Kampering is verniet geriewe basies maar genoeg.
Bring eie kos en drink goed alhoewel jy heeldag kos daar kan koop en Saterdag aand die tradisioenele potjie wat geborg word.

Sien uit soos gewoonlik vetpret.

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Sun Aug 12, 2018 10:05 pm
by Meteor
Ek wens daar was so 'n dag naby aan my. Julle wat kan gaan is baie bevoorreg.
Lekker skiet manne

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Mon Aug 13, 2018 5:34 am
by Frederik
Dankie Meteor ons sal dit verseker geniet.

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Mon Aug 13, 2018 3:18 pm
by Frederik
Groeperings kompetisie besonderhede

1. Enige senterslag kaliber
2. Eie Ammo
3. Knaldemper kan gebruik word maar geen muzzle brakes nie
4. scope maks x 12 vergroting
5. 100 meter afstand sakkies sal voorsien word.
6. 2 x 3 skoot groeperings op twee aparte tekeins op een blad met 1 skoot vir opwarming
7. Lopp dikte maks 22mm
8. R80 per beurt te betaal.

Basa gaan jy 11 rondtes nodig het om baan te voltooi. Eerste beurt tel vir jou eie BASA telling as jy lid is daarna kan jy soveel skiet soos jy wil vir die groot prys van 'n jag, as jy nie die eerste keer volpunte geskiet het nie.
R200 per beurt.

Boer VS Brit spanne van 4 skuts skiet teen ander span van 4 skuts 16 of 12 valplatte op 100meter uit die vuis uit. Wie eerste sy vaalplatte omskiet wen, R400 per span as dit dieselfde is soos laasjaar.
Top Boer vs Brit span is die span wat die plaate die vinnigste omgeskiet het en was laas die Double Trouble span 4 manne met 4 Double gewere kleinste kaliber 470 Rigby wat span van 4 met semi autos gewen het.

Kyk as daardie .500 570gr kooel die valplaat reg vang dan skiet hy lug op en spin so paarkeer teryl die .233 semi manne maar moet mooi fyn skiet en partykeer die valplaat 2-3 skiet voor hy omval.

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Thu Aug 23, 2018 11:14 am
by DWB
Ek gaan ook kyk of ek die lang pad kan aandurf hierdie jaar!

Wil daai Boer en Brit 'n bietjie aanpak!

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Thu Aug 23, 2018 11:49 am
by Frederik
Grawe ek toe so twee mooi fotos wat Gerhard Delport geneem het kan nie onthou of dit 2017 of 2016 was nie?

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Tue Aug 28, 2018 7:38 am
by Frederik
Lys van wat aangebied word Saterdag by die fees.
Sien paar items waar ek gaan deelneem.

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Tue Aug 28, 2018 5:44 pm
by Camouflage762
www.tacqm.co.za en die ouens van Sports adventure shooting sal weer by Ellisras kuier die jaar.

Dis n lang pad, maar dis altyd lekker om met ons bosveld vriende te gaan skiet, en n paar koue biere drink :-)

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Tue Aug 28, 2018 8:52 pm
by win270
Meteor wrote:Ek wens daar was so 'n dag naby aan my. Julle wat kan gaan is baie bevoorreg.
Lekker skiet manne

Dalk kan jy daaraan dink om jagters te lok vanuit die jaarlikse KKNK-fees en hou dan so 'n skietkompetisie geleentheid vir belangstellendes.

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Thu Aug 30, 2018 12:39 pm
by Frederik
Ek ry more oggend sal terugvoer gee as ek terug is deur die volgende week.
Weer lyk mooi gaan lekker breuk wees.

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Tue Sep 04, 2018 7:57 pm
by Penkop
Julle het uitgemis!

Was 'n fees!

Beste groepering is geskiet met 308 (hoe dan nou anders...) = 2.55mm!
MAAR dalk nog meer indrukwekkend is die man wat 2de beste groepering geskiet het van 2.99mm met 'n geleende 375!!

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Wed Sep 05, 2018 7:40 pm
by Frederik
Penkop het jy darem bietjie by ons kom kuier en die big bore range geskiet?

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Wed Sep 05, 2018 9:10 pm
by Penkop
Frederik, ja natuurlik!

Ongelukkig nie te fantasties gevaar nie, maar darem die gong en kleiduif raakgeskiet.

Daai stormende buffel het my verseker platgetrap!

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Thu Sep 06, 2018 6:47 am
by Frederik
So paar fotos van ons baan op Ellisras.

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Thu Sep 06, 2018 6:49 am
by Frederik
Nog so paar.

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Thu Sep 06, 2018 6:56 am
by Frederik
Nog

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Thu Sep 06, 2018 6:57 am
by Frederik
Nog

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Thu Sep 06, 2018 6:58 am
by Frederik
Nog

Re: Ellisras Vuurwapenfees 1 Sept 18

Posted: Thu Sep 06, 2018 7:00 am
by Frederik
Laaste