Page 1 of 2

'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 8:59 am
by Carl
More,
Het iemand dalk 'n foto van 'n 40" Koedoe bul? ;)

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 9:45 am
by J le Roux
Hallo Carl

Die "tafefelbulletjie" was so net onder 41 duim, en hy het 133kg uitgeslag.

Die boer het genoem dat hy die heeltyd lyk of hy wil draadspring en wou graag he iemand moet hom skiet.

En ja, die skoot was te ver agter die blad ??? Ek het darem net net longe getref en bul het dit net so 100m gevorder.

7x57 170gr Norma Oryx 2400fps.

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 10:17 am
by Carl
Dankie Johan ek reken 41" is dus 'n goeie maatstaf, sal hom hou op my foon ;)

Ry more daar by jou verby oppad Alldays toe.

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 10:44 am
by FHM
Carl wrote:Dankie Johan ek reken 41" is dus 'n goeie maatstaf, sal hom hou op my foon ;)

Ry more daar by jou verby oppad Alldays toe.

Carl,
net om daai hart van jou regtig aan die klop te kry, loer bietjie na die kudus....
http://harveysafaris.co.za/trophy-galle ... ape%20Kudu
Sterkte !

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 11:04 am
by Carl
FHM wrote:Carl,
net om daai hart van jou regtig aan die klop te kry, loer bietjie na die kudus....
http://harveysafaris.co.za/trophy-galle ... ape%20Kudu
Sterkte !
Dis JUIS wat ek moet vermy! :o

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 11:21 am
by BeesBreet
Wat is die prys verskil? Seker eina

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 11:24 am
by Carl
BeesBreet wrote:Wat is die prys verskil? Seker eina
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
R4500 vs groot 11.1.11 ! Nee ek weet nie, die ander bokke is nie op die $ lys nie.

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 11:42 am
by Flip Nel
Carl wrote:
BeesBreet wrote:Wat is die prys verskil? Seker eina
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
R4500 vs groot 11.1.11 ! Nee ek weet nie, die ander bokke is nie op die $ lys nie.
Dis darrem duur vir so klein Koedoe.

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 12:09 pm
by FHM
Stem Flip, as jy Le Roux se bul van 133 uitslag gewig meet teen N$ 4500 gee dit jou N$ 33 / Kg
Maar...ons is mos nou al laaaankal gewoond die RSA jagpryse is heelwat hoer as hier in ons valei ;)

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 12:50 pm
by J le Roux
Die bul in die foto was R7000.

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 1:28 pm
by Carl
Flip nel wrote:
Carl wrote:
BeesBreet wrote:Wat is die prys verskil? Seker eina
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
R4500 vs groot 11.1.11 ! Nee ek weet nie, die ander bokke is nie op die $ lys nie.
Dis darrem duur vir so klein Koedoe.
Flip, ek bring 3 pakke koffie ons kan nog koedoes skiet uit die kombuis uit.

Ja dis maar die prys die kant, daar is manne wat heelwat meer vra. Die Gemmies is R5800, maar hulle is nog altyd duur in die bosveld.

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 1:37 pm
by Flip Nel
J le Roux wrote:Die bul in die foto was R7000.
Heng dis baie weet nie of ek so baie sal betaal vir so 'n jong bul nie, dan eet ek eerder bees biltong

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 1:38 pm
by Flip Nel
J le Roux wrote:Die bul in die foto was R7000.
Ek dink vir daai prys moes hy maar draad gespring het :laugh: :laugh:

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 1:39 pm
by Flip Nel
FHM wrote:Stem Flip, as jy Le Roux se bul van 133 uitslag gewig meet teen N$ 4500 gee dit jou N$ 33 / Kg
Maar...ons is mos nou al laaaankal gewoond die RSA jagpryse is heelwat hoer as hier in ons valei ;)
Stem maar die manne raak ook nou duur hierdie kant, gemiddelde prys loop nou al N$ 25 per kg

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 2:47 pm
by Gawie(13mm)
Dit is hoekom jy die bok moet gaan skiet daar waar hy loop as daar nie drade is nie. >:D
Ons arm-gatte hier in die suide sukkel maar om vat te kry aan wat julle manne moet opdok daar in die noorde. Sommiges van julle het egter van die naweek boere hierrond kom verkeerd leer. Goed soos dagfooie, brandstof en papwiel heffings en verkoelings tariewe is van die goed wat ons moes gaan naslaan, want vir ons was dit nuutskeppinge. >:D

Ek het nou ook al besef dat die manne noord van die Karoo sommer fyn kan spog met hul monitêre ophoping.(ryk-gatte vir die Bolanders). >:D

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 2:57 pm
by Carl
Gawie(13mm) wrote: Ek het nou ook al besef dat die manne noord van die Karoo sommer fyn kan spog met hul monitêre ophoping.(ryk-gatte vir die Bolanders). >:D
Die dat julle Bolanders en 'n klomp nader aan Kaapstad ook planne beraam het om 'n 750ml bottel wyn (wat sedert die KWV se ontstaan net 750ml is) vir meer as R1000 en soms selfs nog meer as R2000 verkoop. Dis soos 'n 40" koedoe wat nou ewe skielik 60" is want die bemarkers sê so.

Gelukkig het die smartie wild se inploffing die pryse weer terug gebring aarde toe.

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 3:00 pm
by DeonvTonder
Carl middag,
As jy my jou sel nommer gee dan stuur ek vir jou fotos van 40 duim tot en by 54 duim wat ek hier by my geskiet het laas jaar

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 3:09 pm
by J le Roux
Ek het my virseker misgis met die grootte van die bul, ek dink dit is ook maar hoekom Carl sy huiswerk voor die tyd wil doen.

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 3:53 pm
by OosKaapJagter
Lees jou kontrak maar mooi. Ek glo jy sal seker saam met 'n gids loop. Sit jou selfoon op "record" en sê duidelik jy gaan nie 'n bul met horings langer as 40" skiet nie en nog minder vir so een betaal.

Laat die gids dan duidelik bevestig dit is so as jy van oordeel is die bul is minder as 40".

Daar is darem iets soos middellike aanspreeklikheid ook waar 'n werkgewer verantwoordelik gehou word vir die optrede van sy werknemers. Ek het al te veel stories gehoor waar die gids die jagter teen sy beter wete (of suspisie!) aanmoedig om te skiet. Mens weet nie of hy net die dag se jag agter die blad wil kry of dalk met 'n bonus beloon word nie.

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 3:57 pm
by Flip Nel
OosKaapJagter wrote:Lees jou kontrak maar mooi. Ek glo jy sal seker saam met 'n gids loop. Sit jou selfoon op "record" en sê duidelik jy gaan nie 'n bul met horings langer as 40" skiet nie en nog minder vir so een betaal.

Laat die gids dan duidelik bevestig dit is so as jy van oordeel is die bul is minder as 40".

Daar is darem iets soos middellike aanspreeklikheid ook waar 'n werkgewer verantwoordelik gehou word vir die optrede van sy werknemers. Ek het al te veel stories gehoor waar die gids die jagter teen sy beter wete (of suspisie!) aanmoedig om te skiet. Mens weet nie of hy net die dag se jag agter die blad wil kry of dalk met 'n bonus beloon word nie.
Meeste kontrakte en fynskrif sê die besluit bly joune as jy skiet is jy verantwoordelik

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 4:26 pm
by Chevvy SS
As ek mag hi-jack:
Ek steur my nie aan horinglengtes nie, maar wil baie graag 'n regte blounek (diknek) koedoe skiet wat meer as 200kg aan die haak weeg. My swaarste een nog was 'n ou bul (horingpunte al stomp) wat ek in die Noord-Kaap naby Olifantshoek geskiet het- was 172kg skoon karkas.

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 5:02 pm
by Flip Nel
Chevvy SS wrote:As ek mag hi-jack:
Ek steur my nie aan horinglengtes nie, maar wil baie graag 'n regte blounek (diknek) koedoe skiet wat meer as 200kg aan die haak weeg. My swaarste een nog was 'n ou bul (horingpunte al stomp) wat ek in die Noord-Kaap naby Olifantshoek geskiet het- was 172kg skoon karkas.
Stem, as iemand vir my sê hy het 'n groot Kudu geskiet dink ek aan gewig nie horings nie, as daar 2 bulle bymekaar staan skiet ek die groter bok, kyk nie eers na horings nie.

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 7:41 pm

As daar 2 in die tuin kom blaartjies pluk kyk jy na niks, net deur die teleskoop! :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Tue Aug 07, 2018 8:32 pm
by Carl
DeonvTonder wrote:Carl middag,
As jy my jou sel nommer gee dan stuur ek vir jou fotos van 40 duim tot en by 54 duim wat ek hier by my geskiet het laas jaar
083 drie twee ses 9325

Re: 'n 40 Duim koedoe

Posted: Wed Aug 08, 2018 2:31 pm
by JuanVE
Natal het baie van daardie 200 kg bulle.