Page 1 of 1

303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 24, 2018 10:11 am
by saswart
Goeie more,

Ek lees nou die 303 draad van die nuwe loop en dit herhinner my aan 'n gesprek wat 'n paar pelle al gehad het.

Wat as 'n mens 'n 303 kon nuut koop soos ander kalibers in bv. 'n CZ, sauer ens. Sou dit nie 'n puik kaliber en geweer gewees het nie? Deesdae sukkel so baie mense met die ou kaliber omrede dit oorgebou is, oud is ens. ens. en dan die stigma dat die patroon val soos 'n klip. Maar hoe goed/sleg sou dit wees as dit as 'n ordentlike vuurwapen verkoop sou word en sou julle een koop as dit wel die geval was?

Ek hoor graag ander se opinie?

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 24, 2018 10:27 am
by Philip J
Ek het maar n sagte plekkie vir die kaliber.
As ek n rakgeweer in 303 kon koop, met n moderne aksie, waarvan die kopspasie 100% reg is en die loop diameter presies is, het ek dit baie sterk oorweeg!

Manne manne!!!!!

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 24, 2018 11:04 am
by LoopSoosStroop
Ruger het hom vir 'n ruk gekamer in hulle No.1. Ek hou nogals van daardie idee.

Maar eerlikwaar is daar niks wat hy kan doen wat 'n .308 nie beter kan doen nie.

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 24, 2018 8:40 pm
by Giepie
Het ook maar so sagte plekkie vir 303, seker omdat ek daarmee groot geword het. Met die koeëls wat vandag vir 303 beskikbaar is, kan dit gemaklik sy man staan tussen ander kalibers. Ook al gewonder oor hoe nuwe rakgewere in 303 sal verkoop.

Ek het twee 303's, Lee Enfield no4mk2 en P14. Lee Enfield se loop makeer niks, maar P14 se loop is gaar. Ek juk om die P14 se loop te vervang, maar dink daaraan om dit maar te verkoop, het ook nog 375H&H en 270 waarmee ek meeste jagwerk doen.

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Wed Jul 25, 2018 8:25 am
by andre007
Giepie wrote:Het ook maar so sagte plekkie vir 303, seker omdat ek daarmee groot geword het. Met die koeëls wat vandag vir 303 beskikbaar is, kan dit gemaklik sy man staan tussen ander kalibers. Ook al gewonder oor hoe nuwe rakgewere in 303 sal verkoop.

Ek het twee 303's, Lee Enfield no4mk2 en P14. Lee Enfield se loop makeer niks, maar P14 se loop is gaar. Ek juk om die P14 se loop te vervang, maar dink daaraan om dit maar te verkoop, het ook nog 375H&H en 270 waarmee ek meeste jagwerk doen.
Sit n nuwe .303 loop op en Epps hom.

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Wed Jul 25, 2018 9:35 am
by CassellG
'N naby Familielid besit "n netjiese p14 , met splinternuwe loop. Manne daai geweer skiet saam .308. enige dag , enige afstand. groepeer net so goed as nie beter as my howa

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Sun Jul 29, 2018 8:16 am
by Apie
Seker so 10 jaar terug was ek op n skietbaan en daar was 2 manne met sulke mooi tactical roere.

Die skut nr 1 het so 3 uit 6 keer die valplaat op 600meter raakgeskiet.

Skut nr 2 het hom 6 uit 6 geklits.

Gesels toe bietjie met die manne oor hulle mooi roere.

Skut nr 1 skiet n 338LM
Skut nr 2 skiet n 303.

Ons vra toe vir skut nr 1 wat hom besiel het om daai bul van 'n roer in 303 te kamer.
Sy antwoord was dat hy gatvol was dat almal sê dat 'n 303 onakkuraat is dit laat doen het om n punt te bewys.

Wel daai geweer het n barshou geskiet.

As jy n 303 in n moderne aksie het en hom nog laat Epps staan hy niks terug vir 'n 30-06 nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Sun Jul 29, 2018 8:16 am
by Apie
Giepie wrote:Het ook maar so sagte plekkie vir 303, seker omdat ek daarmee groot geword het. Met die koeëls wat vandag vir 303 beskikbaar is, kan dit gemaklik sy man staan tussen ander kalibers. Ook al gewonder oor hoe nuwe rakgewere in 303 sal verkoop.

Ek het twee 303's, Lee Enfield no4mk2 en P14. Lee Enfield se loop makeer niks, maar P14 se loop is gaar. Ek juk om die P14 se loop te vervang, maar dink daaraan om dit maar te verkoop, het ook nog 375H&H en 270 waarmee ek meeste jagwerk doen.
Probeer dalk Truvelo vir n bekostigbare loop


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Sun Jul 29, 2018 10:38 am
by Armand Steenkamp
LoopSoosStroop wrote:Ruger het hom vir 'n ruk gekamer in hulle No.1. Ek hou nogals van daardie idee.

Maar eerlikwaar is daar niks wat hy kan doen wat 'n .308 nie beter kan doen nie.
Hiernee verskil ek. 308 met standaard 1in 12 groefdraai kan nie 220gr koeels stabilliseer nie. 303 met standaard 1in10 draai skiet lekker met 215gr koeele.

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Sun Jul 29, 2018 11:29 am
by Arnold
Jy sal verbaas wees dat n rondeneus 220gr koeël in n 308 met 12 twist wel stabiliseer volgens Berger se twist calculator

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 31, 2018 1:05 pm
by B Five
Kan die Enfield aksies ge-Epps word?

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 31, 2018 1:11 pm
by andre007
B Five wrote:Kan die Enfield aksies ge-Epps word?
Net P14 maar ek kan verkeerd wees.

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 31, 2018 1:36 pm
by ruaanb
Enfield kan ge-Epps word.
http://www.303british.com/id20.html

Uittreksel:
" Here's what I get from the No 4 Epps - SAFELY!

180 grain bullet - 2646 fps (std best is 2450 fps)
215 grain bullet - 2381 fps (std best is 2225 fps)"

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 31, 2018 1:41 pm
by Bass
Aksie word nie ge"epps" nie. :laugh:
Jy kan n Epps op n gewone No4Mk2 skiet met geen problem.
Jy hoef hom nie max te druk nie en jou doppe gaan baie lank hou.
Jy gaan daai 303 teen beter spec skiet en jou doppe gaan langer hou as in die standaard 303.
My 303 skiet 215gr punte konstant onder 20mm met R-P doppe en S355.
Niks fout met daai kaliber nie.

Skiet jou 303,dis n lekker kaliber!

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 31, 2018 2:33 pm
by andre007
Bass wrote:Aksie word nie ge"epps" nie. :laugh:
Jy kan n Epps op n gewone No4Mk2 skiet met geen problem.
Jy hoef hom nie max te druk nie en jou doppe gaan baie lank hou.
Jy gaan daai 303 teen beter spec skiet en jou doppe gaan langer hou as in die standaard 303.
My 303 skiet 215gr punte konstant onder 20mm met R-P doppe en S355.
Niks fout met daai kaliber nie.

Skiet jou 303,dis n lekker kaliber!
Ek glo dat ons almal teen die tyd weet dat die loop ge epps word. Daars n klomp geweersmede wat nie bereid gaan wees om n gewone Lee Enfield te Epps nie. Vra my ek was deur die oefeningkie

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 31, 2018 2:45 pm
by Bass
Wel Andre ons het 2 wat baie mooi werk!

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 31, 2018 5:04 pm
by andre007
Bass ek is bly. Ek is hard besig om my ERA P14 terug te koop. Baie lekker roere. n Pel van my noem syne (ook n Era P14) 'the poor mans magnum'

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 31, 2018 5:20 pm
by Giepie
andre007 wrote: Ek glo dat ons almal teen die tyd weet dat die loop ge epps word. Daars n klomp geweersmede wat nie bereid gaan wees om n gewone Lee Enfield te Epps nie. Vra my ek was deur die oefeningkie
Ook al navraag gedoen vir LE, van die manne is huiwerig. Baie dink dadelik dit gaan oor jy platter wil skiet. Vir my gaan dit oor langer doplewe. Sal dit steeds teen gewone kamer druk laai. Met P14 sou ek hom bietjie warmer laai, maar ook nie oordryf nie.

Hoeveel sal 'n Epps reamer kos?

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 31, 2018 5:29 pm
by andre007
Giepie geen idee nie. Kevin Healy het myne en n vrind sin gedoen. Hy en Gerrie Coetzee wou destyds nie raak aan n Lee Enfield aksie nie.

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Tue Jul 31, 2018 10:49 pm
by Giepie
Ek weet Gerrie wil steeds nie. :(

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Wed Aug 01, 2018 7:46 am
by Flip Nel
andre007 wrote:Giepie geen idee nie. Kevin Healy het myne en n vrind sin gedoen. Hy en Gerrie Coetzee wou destyds nie raak aan n Lee Enfield aksie nie.
Ek dink dis oor party mense magnums maak uit die epps, more maak 'n man himself seer op 'n enfield aksie en almal kyk na die geweersmid

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Wed Aug 01, 2018 5:00 pm
by Wielie Waps
Gerrie Coetzee het my P14 gesny na EPPS.
Dink dit het my destyds R800 gekos

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Thu Aug 02, 2018 2:47 pm
by Dupies
Manne verduidelik gou asb vir my wat EPPS beteken?

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Thu Aug 02, 2018 3:06 pm
by JJV
Dupies wrote:Manne verduidelik gou asb vir my wat EPPS beteken?
Dit is basies ‘n Ackley conversion op die .303 kamer, die taper word minder gemaak en die skouer skerper, dit vermeerder die dop volume en jy kan dus meer kruit gooi. Dies kan nogals duur wees. JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 303 splinternuut uit die boks?

Posted: Thu Aug 02, 2018 3:36 pm
by Nella
JJV wrote:
Dupies wrote:Manne verduidelik gou asb vir my wat EPPS beteken?
Dit is basies ‘n Ackley conversion op die .303 kamer, die taper word minder gemaak en die skouer skerper, dit vermeerder die dop volume en jy kan dus meer kruit gooi. Dies kan nogals duur wees. JJV

JJV is 100% reg
Links en regs is n epps met n standaard dop in die middel.
Regter een is n 190 gr kriek bosvelder gevoer.
IMG-20180802-WA0036.jpeg
Sent from my iPhone using Tapatalk