Page 1 of 1

Luiperds

Posted: Sat Jul 21, 2018 10:06 am
by DANROB
Goeie dag manne,

hier is nie dalk iemand op die groep wat vir my luiperd calls het nie...

ek het omtrent al die roepe wat daar is (en hulle is gekoop), daar is tot leeus en hyenas op..
wat ek kort is luiperd roepe.
ons huur tans veld langs ons en die luiperds maak amok onder die kalwers.
het reeds hokke gestel maar sal graag wil roep ook om die proses te versnel.

groete

Daniel

Re: Luiperds

Posted: Sat Jul 21, 2018 1:23 pm
by naas222
dis maar stil op die draad...
dink die manne bitji bang om hul resepte uit te deel.. weet nie wie loer vir jou nie..
dink jy gaat bitji sukkel.. dalk pm hul jou eerder.
sterkte met jou probleem..
ps.. hou werk kolkat jag wettiglik daar by jul?

Re: Luiperds

Posted: Sat Jul 21, 2018 4:28 pm
by SakoTrippel2
SSS

Maar ek glo hy sal in kom op jakkals kos klanke... Bokkies ens... Of jag hom soos die PH manne... Bait hom met 'n stuk rooibok in 'n boom en stel maar 'n trailcam.

Sterkte en Geduld is al wat ek kan sê...

Groete
Frans

Re: Luiperds

Posted: Mon Jul 23, 2018 10:26 am
by Stefan Fourie
Klomp jaar gelede het iemand teen die Gemsbokpark se draad jakkalse met kos geroep, toe hy die lig aansit staan die luiperd voor hom, oppad na hom toe. Hy het te groot gerskrik om te skiet...

Re: Luiperds

Posted: Wed Nov 07, 2018 10:03 pm
by Willian
Weet nie van luiperd spesifieke klanke nie maar Ek het al ‘n keer of twee toevallig so kol kat gesien naby ‘n roeper en die Javalina varkie was dik aan die skree

Re: Luiperds

Posted: Thu Nov 08, 2018 8:14 am
by Capt. Yoda
Kerels dit is seker nou nie my plek die nie maar onthou net om n luiperd sonder n permit te skiet is onwettig en kan jou in vandag se tyd in groot bollie laat beland.
Die forum is ook nie n plek waar ons onwettige goed bespreek of promote nie, as jy nou natuurlik net die kat wil roep om na hom te kyk om seker te maak hy is daar sodat jy hom in die hok kan vang en dan skuif na een van die spesiale plase waar luiperds rond loop is dit n heel ander storie en dan sou ek maar iets soos n steenbok of vark in distress probeer het..

Re: Luiperds

Posted: Thu Nov 08, 2018 10:22 am
by Joe13
Stem saam, moet asb nie voorstel om die dier te jag nie. Volg die nodige roetes om die regte ding te doen.

Die kat is seker in mooi kondisie as hy kalwers so vat. Dit is mos maklik.

Re: Luiperds

Posted: Thu Nov 08, 2018 10:35 am
by junglejulian
Die luiperd is darem n namibie burger so die regulasies is makliker rondom probleem dier jag daar

Re: Luiperds

Posted: Thu Nov 08, 2018 10:38 am
by Capt. Yoda
junglejulian wrote:Die luiperd is darem n namibie burger so die regulasies is makliker rondom probleem dier jag daar

Wel spotted!

Re: Luiperds

Posted: Tue Jul 27, 2021 4:48 pm
by pieternel308
Luiperd kom nie sommer op roep in nie. Beste is bait uitsit en vir ure in doodse stilte te wag.