Page 1 of 2

Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 2:23 pm
by FHM
Dagse manne, ja soos julle seker kan raai het pa alweer 'vrywilliglik ingestem' om twee boekkies met kaartjies te verkoop vir die skool...

Aangesien ek reeds laasjaar toestemming by Heinrich gekry het om laasjaar se jag-raffle vir die skool hier hier te adverteer, het ek nie die keer weer sy toestemming gevra nie. Hoe-dit-ookal-sy, indien Hein of Jaracal bestuur reken die pos van my moet verwyder word - ek sal nie kla nie. ;)

Aangeheg is n afskrif van een kaartjie met al die besonderhede op.

Wat net nie lekker sit met my nie, is punt 6 op die kaartjie, maar dis elke man se besluit vir homself.
Indien julle nie die skrywe op die kaartjie mooi kan lees op die aanhegsel nie, laat weet my dan sal ek dit hier oorskryf in groter skrif.

Ek het 12 kaartjies beskikbaar vir die wat belangstel.

Daar is nog 5 kaartjies oor

Trek-datum is 30 Mar '19 en die jag sal in die jagseisoen van 2019 plaasvind hier in Nam.

Die is NIE n trofee jag nie - die vleis word aan die PB's 'oorhandig' in die konsessie en ek glo die tande word beslag op gele of aan die owerhede oorgegee of wat ookal. So jy kry niks van die olifant self nie.

VRAE:
Indien daar belangstellendes is met nog vrae wat nie op die kaartjie geantwoord word nie, laat weet my en ek sal dat die skool uitvind.
Olifantjag Namibia 2019.PDF

Kaartjies geneem:
Pvdw = 1 kaartjie (Pd)
DWB = 2 kaartjies (Pd)
Steven = 1 kaartjie (Pd)
Deperatezulu = 2 kaartjies (Pd)
Junglejulian = 1 kaartjie (Pd)
ricus 1 = 5 x kaartjies pd

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 2:31 pm
by Frederik
Francois,

Die kaartjie op punt 1. se dit is non-Trophy
Ek sien ook wat jy se van punt no.6

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 2:35 pm
by FHM
Frederik wrote:Francois,

Die kaartjie op punt 1. se dit is non-Trophy
Ek sien ook wat jy se van punt no.6
Fookit nie eens so opgelet nie - sal nou verander bo - dankie Frederik.
Sien ook die 2de kaartjie boekkie met die ander 12 kaartjies is normale jagte - sal dit ook net-nou plaas.
Ai - hier gaat ek alweer met die verdomde kaartjies...!!!!

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 3:20 pm
by Pvdw
FHM ek sal 1 vat. Ek wen NOOIT iets nie so punt nr.6 pla my nie veel nie. Het jy vir my 'n geweer om te gebruik. Glo nie die 6.5 of 303 gaan die pyp rook nie!! ::) 8)

As my wiskunde reg is is dit maar 165 kaartjirs wat verkoop moet word. Klink my jy is besig om reeds die halfte daarvan te smous hier. ;) ;D

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 3:31 pm
by Geno
Siende dat dit non trophy is, kan ek seker fotos op Facebook plaas van die olifant indien ek die wenner is?

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 3:40 pm
by LoopSoosStroop
Kan ek hom skiet met my .303 en 'n 174 gr FMJ?

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 3:42 pm
by FHM
Geno wrote:Siende dat dit non trophy is, kan ek seker fotos op Facebook plaas van die olifant indien ek die wenner is?
++>: ++>: ++>: jaaaaa Eugene!

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 3:45 pm
by FHM
Pvdw wrote:FHM ek sal 1 vat. Ek wen NOOIT iets nie so punt nr.6 pla my nie veel nie. Het jy vir my 'n geweer om te gebruik. Glo nie die 6.5 of 303 gaan die pyp rook nie!! ::) 8)

As my wiskunde reg is is dit maar 165 kaartjirs wat verkoop moet word. Klink my jy is besig om reeds die halfte daarvan te smous hier. ;) ;D
Dankie Petrie
Ek sit jou naam op my pos. Sal more kaartjies wat geneem word scan en mail saam bank besonderhede.

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 3:47 pm
by FHM
Pvdw wrote:FHM ek sal 1 vat. Ek wen NOOIT iets nie so punt nr.6 pla my nie veel nie. Het jy vir my 'n geweer om te gebruik. Glo nie die 6.5 of 303 gaan die pyp rook nie!! ::) 8)

As my wiskunde reg is is dit maar 165 kaartjirs wat verkoop moet word. Klink my jy is besig om reeds die halfte daarvan te smous hier. ;) ;D
Leen een van Wout se groot gunne... ;)
My Beretta en 6.5 gaan n raps te klein wees maat....

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 3:50 pm
by DWB
Sit my naam ook maar op vir een. hoop wenner nommer 2 kan die mas opkom :)

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 3:51 pm
by FHM
DWB wrote:Sit my naam ook maar op vir een. hoop wenner nommer 2 kan die mas opkom :)
Dankie DWB - maak so ++>:

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 4:40 pm
by Pappabeer
Pvdw wrote: As my wiskunde reg is is dit maar 165 kaartjirs wat verkoop moet word.
Peet jou wiskunde is reg. Jou wisselkoers nie... dis so 2207 kaartjies wat tans US$16 500 opmaak. Dis seker moontlik om dit te verkoop.

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 5:57 pm
by Nella
Ek kan hom nie download nie...seker maar tegnologies gestremd..
Iemand dalk hom hier plaas asb

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 6:19 pm
by Nella
Reg gekom dankie

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 6:46 pm
by Pvdw
Pappabeer wrote:
Pvdw wrote: As my wiskunde reg is is dit maar 165 kaartjirs wat verkoop moet word.
Peet jou wiskunde is reg. Jou wisselkoers nie... dis so 2207 kaartjies wat tans US$16 500 opmaak. Dis seker moontlik om dit te verkoop.
O magtag Dewald, ek sien nou eers dis USD :o :o :-\ ;D ;D Dankie man!!

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Thu Jul 12, 2018 8:01 pm
by Trompie
Hoekom vat Tapatalk my altyd na die index page van Jaracal as ek .PDF wil download.
Ek sal hom nou via browser gaan download maar dis vrek irriterend....

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Fri Jul 13, 2018 7:31 am
by FHM
Ek PM elkeen van julle wat kaartjie aangevra het met my bank besonderhede vandag asook my e-pos adres, vir eft betaling van die kaartjies(s) sodra jy kans kry.

Indien betaling gemaak is:
*** e-mail my asb die POP
*** tesame met jou regte naam en van asook jou Jaracal naam
*** jou e-pos adres
*** jou telefoon nommer

Ek sal dan vandag en volg week julle kaartjies scan en vir jou e-pos.
Ek sal ook aandui op die betrokke posplasing hier op Jaracal langs die kaartjiekopers se name gelys - of betaling ontvang is al-dan nie.

Dankie vir die ondersteuners.

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Fri Jul 13, 2018 11:14 am
by DWB
Dankie, betaling is gemaak vir 2 kaartjies en bewys deurgestuur.

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Fri Jul 13, 2018 12:46 pm
by Viking
LoopSoosStroop wrote:Kan ek hom skiet met my .303 en 'n 174 gr FMJ?
Ja jy kan! Die PH moet hom net die doodskoot gee >:D

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Tue Feb 26, 2019 7:39 am
by FHM
Herinnering vir die manne wat n kans op die trekking wil vat.
Ek het nog 5 kaartjie beskikbaar.
Trekking is oor n maand.

Dis R 100-00 per kaartjie.

PM my asb as jy n kaartjie wil koop dan stuur ek jou my besonderhede vir die eft.

Indien betaling gemaak is:
*** e-mail my asb die POP
*** tesame met jou regte naam en van asook jou Jaracal naam
*** jou e-pos adres
*** jou telefoon nommer

Ek sal dan jou kaartjie invul en scan en vir jou e-pos.
Dankie vir die ondersteuners sover manne.

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Tue Feb 26, 2019 8:15 am
by FHM
ricus 1 het gevra om al 5 oorblywende kaartjies vir hom te reserveer.
Dus is daar op die stadium geen kaartjies meer beskikbaar nie.

Beste wense vir die Jaracallers wat kaartjies geneem het, en baie dankie vir julle ondersteuning manne!
My blou-oog besig met Matriek die jaar, so dis sekerlik die laaste raffle kaartjies wat ek in my leeftyd verkoop. ;)
Tensy ek nog asem haal as my klein kinders op skool is... ;)

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Tue Feb 26, 2019 9:57 am
by DWB
Sorg net dat myne darem die wen kaartjie is asb :) :)

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Tue Feb 26, 2019 10:00 am
by FHM
DWB wrote:Sorg net dat myne darem die wen kaartjie is asb :) :)
Ek sal saam julle tone en duime vashou dat iemand hierso die prys wen manne! ;)

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Tue Feb 26, 2019 5:28 pm
by ricus 1
Betaaling is gemaak.

Re: Wen 'n Olifantjag - NAM 2019 (NIE trofee jag)

Posted: Wed Feb 27, 2019 10:40 am
by FHM
ricus 1 wrote:Betaaling is gemaak.
Dankie Ricus
sal jou kaartjies e-mail