Makou gewigte
Posted: Sun Jul 08, 2018 1:10 pm
Vrydag was ek bietjie veld toe om te kyk vir n' Makou of Kolgans, ek sien toe n' Makou mannetjie wat volgens my baie groot is, hy was bietjie slimmer as ek en kon hom toe nie skiet nie, maar daai ou het omtrent gesukkel om in die lug te kom met daai lyf. Nou ek het deur die jare al mooi groot Makoue geskiet, maar ek moet se daai size een was n' eerste wat ek gesien het. Het julle manne dalk al so groot een geweeg, sal nogal interresant wees om die gewigte te hoor. Toe ek klein was het my pa my sommer vroeg by die panne afgelaai, en ek het sommer self as ek iets geskiet het terug plaas huis toe geloop met die ou .22tjie oor die skouer en ek kan onthou dit was maar n' storie om daai swaar Makou al die pad terug te dra. En dan le daai slag werk ook nog voor met daai dik penne in die vlerke 