http://s613.photobucket.com/user/louw19 ... sort=3&o=8
http://s613.photobucket.com/user/louw19 ... sort=3&o=6
http://s613.photobucket.com/user/louw19 ... sort=3&o=5
http://s613.photobucket.com/user/louw19 ... sort=3&o=3
http://s613.photobucket.com/user/louw19 ... sort=3&o=2
Hi julle, het raad nodig rondom watter lading om te gebruik vir n kleiner groeppering. Dis wel n 223 zastava.
My herlaai inligting is as volg;
55 v-max punte
Pmp doppe
BR4 primers
20 duim loop
58.2 mm max lengte van magasyn
Het TPL van 58mm gelaai.
Het vanaf 24gr tot 25gr met 0.2 inkrimente gelaai met S321
Het geen chrony nie so weet nie wat die spoed is nie.
Hoop dis genoeg inligting om raad te kan gee.
Hulp sal opreg waardeer word!!
Raad oor 223 zastava ladings
-
Gun oil
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Mon Jun 25, 2018 12:06 am
Raad oor 223 zastava ladings
Make sure what you are aiming at before you squeeze the trigger.
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: Raad oor 223 zastava ladings
More Geweerolie
Welkom hier.
Wat vir my groot verbetering gegee het met die 55gr VMax, was om hulle dieper in die doppe in te druk. Ek laai myne met n TPL van 57mm.

Groetnis
Philip
Philip
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Raad oor 223 zastava ladings
Dagsê en welkom by ons kampvuur.
Jaracal is 'n bakgat plek om te kuier met hope hulpvaardige manne en dames. Die manne hier is egter maar skugter om sommer voetstoots raad te gee. Daar is net te gereeld foto's op sosiale media van stukkende gewere en af vingers.
Vertel ons eers meer van jouself en waar jy woon. Ons gaan nie almal op een slag kom kuier nie, maar dalk is daar iemand naby jou wat jou kan uithelp met die meting van jou ammo se spoed.
Sonder spoed kan ons nie bepaal teen watter drukvlakke jy skiet nie en dus kan ons net raai.
Doen jouself gerus 'n guns en lees bietjie op oor Quickload hier op Jaracal. Samel die nodige data in en ons help jou graag om daai 223 se groepe te laat krimp.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Raad oor 223 zastava ladings
Om by Gawie aan te sluit, spoedmeting is n groot noodsaaklikheid. Ek het noggie n tweehonderd2drie raakgeloop wat nie van n 55gr pit / 3250fts combo hou nie - maar ja dis met n 22'' loop. Met QL kan die GURU'S bereken hoe haalbaar dit in n 20'' loop gaan wees
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
Gun oil
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Mon Jun 25, 2018 12:06 am
Re: Raad oor 223 zastava ladings
Dankie vir julle insette.
Het maar n kans gevat om te kyk of julle dalk enoge riglyne kon gee rondom watter lading om verder te vat sonder enige spoed metings. Dankie vir die vriendelikheid, dis lekker om deel te wees van die groep!
Groete
Het maar n kans gevat om te kyk of julle dalk enoge riglyne kon gee rondom watter lading om verder te vat sonder enige spoed metings. Dankie vir die vriendelikheid, dis lekker om deel te wees van die groep!
Groete
Make sure what you are aiming at before you squeeze the trigger.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Raad oor 223 zastava ladings
Die Zastava M85 se looplengte is gewoonlik 20,5". Teen 3080 fps by die tromp gee hy gewoonlik goeie akkuraatheid met 55gn koeëls en S321.
Alhoewel die Zastava se akkuraatheid gewoonlik uitstekend is, het ek al vakmanskap-glipsies gesien op sommige van die gewere. Ene se kamer was skoon skeef gesny en die wapensmid moes hom oorsny om die volle akkuraatheids-potensiaal te ontgin. Ek het ook al gesien dat die slagpen te ver uitsteek en dus gate deur die slagdoppies slaan. Dis veral 'n kwessie met hoë druk ladings. Gelukkig is die slagpen verstelbaar sonder om die grendel uitmekaar te haal. Die magasynkas-lengtes verskil ook. Maak seker jou patrone gaan tot onder in die magasynkas sonder om vas te steek. 57mm TPL, of selfs 'n bietjie korter, werk op die meeste van hulle.
As jy die volle akkuraatheidspotensiaal wil uithaal, is standaard PMP doppe nie ideaal nie. Jy kan wel die doppe verbeter en sorteer tot jy 'n klompie het wat wel beter akkuraatheid kan gee. Lees maar op oor dopvoorbereiding. Nekwanddikte, konsentrisiteit en meer eweredige dopkapasitieit help baie. Maar jy behoort darem ten minste 1MOA te kan kry uit onverbeterde PMP doppe.
Indien die geweer al gebruik is, maak seker daar is nie koperneerslag in die loop nie. Hierdie gewere is nogal sensitief daarvoor.