Page 1 of 2
FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies (nou Mrad)
Posted: Thu Jul 05, 2018 8:09 am
by 1lum1nat1
More menere
Ek glo dit is iets wat tot vervelens al bespreek is, maar dit sal gaaf wees as julle vir my bietjie rigting kan gee.
Ek het tans n Vortex Viper HS LR 4-16x44 op my 300WM, met die naweek se skiet kursus by oom Hein was dit duidelik dat op 800+ yards hy kort kom. Teiken was amper groot genoeg, maar nie duidelik nie.
Die roer sal 20% vir jag en 80% teiken/gonge skiet gebruik word.
As ek kyk na n R20-30k begroting, wat is beskikbaar?
Ek dink n FFP sal help om te "range" en regstellings te roep op alle vergrotings. N 1/4 MOA verstelling is n moet. Reticle moet verkieslik 1 MOA subtentions hê in strepies en nie mill dots nie. N min van 3-5 vergroting sal sekerlik help met die
Wat is my opsies?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 8:28 am
by Gian_dP
Vortex PST gen 2, 5-25. Jy behoort een te kry onder R20k.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 8:49 am
by Williel
Ek sou sterk gekyk het na die Delta Stryker.
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 8:52 am
by Rudie
Ek weet nie of dit net die spesifieke scope was wat ek deur gekyk het nie maar ek was glad nie beïndruk met die PST Gen 2 nie. Ek was reg om een te koop by die groot winkel in Pta.
Sit hom toe deur sy toetse deur te kyk na die woonstel blok bo op die berg. En daar sien ek net mooi boggerol. Geen definisie in terme van fokus en beeld nie. Kleure was ook baie sleg. Dog toe dit hiet iets met die lug kondisie te doen en vat toe 'n Rudolph T6 en Leupold LRP en daar gaan die ligte aan met altwee scopes.
Gee toe vir my pel wat saam my was om te kyk of dit net ek is wat nie kan sien nie. Hy beaam toe wat ek sien.
Die Scope het al die boksies vir my ge tick en was baie gretig om die hom te koop maar ek is taamlik teleurgesteld in die sy beeld kwaliteit.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 9:37 am
by Capt. Yoda
Koop n Delta en koop klaar
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 10:02 am
by 1lum1nat1
Waar koop n man die Delta? Prys?
Spesifieke model wat julle kan voorstel?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 10:26 am
by Gawie(13mm)
Leupold VX3i LRP.
Beste kwaliteit glas en alles wat 'n teleskoop moet hê vir verder as 600m skiet.
R16 000.00.
Kontak vir Ockert by Quenet's.
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 11:28 am
by heywillie
Gawie(13mm) wrote:Leupold VX3i LRP.
Beste kwaliteit glas en alles wat 'n teleskoop moet hê vir verder as 600m skiet.
R16 000.00.
Kontak vir Ockert by Quenet's.
+1
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 11:34 am
by Rem
Bushnell DMR 2 sonder twyfel, of dalk is daar iemand wat al die Bushnell XRS 2 (DMR 2 vergelyk baie goed met die XRS 2) in SA verkoop
Die King of The 2mile is gister gewen (wel hy het die rekord ook gebreek) deur n man met n 416 Barret wat n Bushnell XRS 2 op het. Wys jou net, as die man dit bo die PMii, NF's, ens kies
DMR 2's sal jy vir R22k kan optel, self een op my 300wsm. Bul scope!
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 11:43 am
by Rem
Ek sien Quenets verkoop hul (DMR 2) nou vir R20k. Ek koop sommer nog een.
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 2:17 pm
by 1lum1nat1
Rem, lyk my die Bushnells kom net in Mils, ek soek MOA.
Die manne wat Leupold LRPs voorstel, watse vergroting?
Cpt, ek weet jy het al iets van alles gehad, hoekom die Delta? Sal jy jag met hom en kom hy in FFP?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 2:30 pm
by Gawie(13mm)
Ek is baie gemaklik met my 8.5 - 25 op my LRP.
Laasjaar springbokke geskiet op die vlaktes van 105 m tot 350 m in afstand. Indien jy gewoond is aan groot vergroting teleskope, sal jy weet dat die gesigsveld kleiner word soos die vergroting hoër gaan.
Ek het Saterdag maklik die ghonge op die baan opgetel van 100m tot 365m op 25 vergroting en het nie een keer "gesoek" na die teiken nie.
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 2:36 pm
by Capt. Yoda
Die 4.5-30x iets Delta is FFP ja. Vir baan skiet sal ek nie n FFP scope vat nie maar dis n persoonlike gevoel oor die kruise wat vir my te groot is op max verstelling of die vergroting wat weer te laag moet wees vir n kleiner kruis. Vir gonge skiet sal dit seker werk maar ek verkies iets met n baie klein kol as ek ma papier of staal skiet of na diere wat ver staan. Ek het n FFP scope op my 06 en vir normale jag is die kruis meer as goed genoeg. Ek is nie so op datum met al die FFP scopes se rets nie maar as jy een kan kry met n tiepe dot in die middel van n kruis behoort hy lekker te werk vir jag en baan skiet
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 4:27 pm
by 1lum1nat1
Dankie vir almal se terugvoer.
Ek was redelik set op n MOA/MOA scope, maar na my gesprek met Paul by die Powderkeg heroorweeg ek dit.
Wat skiet julle manne?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 4:51 pm
by Apie
1lum1nat1 wrote:Dankie vir almal se terugvoer.
Ek was redelik set op n MOA/MOA scope, maar na my gesprek met Paul by die Powderkeg heroorweeg ek dit.
Wat skiet julle manne?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
As jy meer skiete doen op onbekende afstande maak die FFP dit effe makliker om jou afmik korreksies te doen op verskillende vergotings.
SFP Modelle moet jy 'n seker vergroting bv. x20 gebruik om die meetwerk te doen.
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 4:56 pm
by Arnold
Sien uit om te sien hoe die outjie in die jagveld werk:
Mrad & FFP
https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t1.0-9/36632350_10160671268230341_588656745732112384_n.jpg?_nc_cat=0&oh=94d2ebcad56ea50ef067f73b3d980120&oe=5BA8C87E
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 5:00 pm
by Capt. Yoda
Arnold skiet jy dam die gunne of vat jy net fotos?
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 5:06 pm
by Arnold
Ek neem net fotos, te bang die lope word uitgeskiet
Sy kos staan reg
https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t1.0-9/36769731_10160671299930341_4960666598152077312_o.jpg?_nc_cat=0&oh=eec2ddf68c2c2df5205cecb620016bad&oe=5BE75FCB
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 5:10 pm
by Capt. Yoda
Hahahaha
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 5:37 pm
by Raditipa
black-sam dis mooi! Daai foto lyk of hy direk uit my "wish-list" drome uit kom!
Tikka T3, MDT-chassis, Kahles scope (K525i?), Tier one ringe, Atlas bi-pod.
WOW!
Is daai punte ge HBN coat?
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Thu Jul 05, 2018 7:21 pm
by Arnold
Kahles 6-24x56, baie nice scope! My seun het gesê hy wil met hom skiet want sy eyebox is groter as n ander scope so hy sien makliker die beeld (hy is nou

.
Nee, ek HBN nognie maar dit klink na die toekoms

Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Fri Jul 06, 2018 8:30 am
by Rem
1lum1nat1 wrote:Dankie vir almal se terugvoer.
Ek was redelik set op n MOA/MOA scope, maar na my gesprek met Paul by die Powderkeg heroorweeg ek dit.
Wat skiet julle manne?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Burris XTR ii FFP/Mrad en Bushnell DMR ii FFP/Mrad
Ek se steeds DMR ii, gaan kyk bietjie na die groot kompetisie manne, meeste skiet Mrad.
Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Fri Jul 06, 2018 8:30 am
by Rem
Arnold wrote:Sien uit om te sien hoe die outjie in die jagveld werk:
Mrad & FFP
https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t1.0-9/36632350_10160671268230341_588656745732112384_n.jpg?_nc_cat=0&oh=94d2ebcad56ea50ef067f73b3d980120&oe=5BA8C87E
black-sam dis netjies

Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Fri Jul 06, 2018 8:43 am
by Springkudu
Arnold wrote:Sien uit om te sien hoe die outjie in die jagveld werk:
Mrad & FFP
https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t1.0-9/36632350_10160671268230341_588656745732112384_n.jpg?_nc_cat=0&oh=94d2ebcad56ea50ef067f73b3d980120&oe=5BA8C87E
Die fotos van jou roer is GLAD NIE welkom hier nie, ek is baie jaloers as dit by sulke goed kom

Re: FFP 1/4 MOA vir teiken en jag opsies
Posted: Fri Jul 06, 2018 8:50 am
by Rem
Rem wrote:Arnold wrote:Sien uit om te sien hoe die outjie in die jagveld werk:
Mrad & FFP
https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t1.0-9/36632350_10160671268230341_588656745732112384_n.jpg?_nc_cat=0&oh=94d2ebcad56ea50ef067f73b3d980120&oe=5BA8C87E
black-sam dis netjies

Auto correct (of ek mag nie die woord op die forum gebruik nie, sorry), kom ons probeer weer,
Baie mooi roer