Page 1 of 1
6.5x55 vs 260 (AI?) vs 6.5 Creedmoor(CD)
Posted: Sun Oct 09, 2011 7:18 pm
by Machann
Hi
Kyk na een geweer om SA jagters ens te skiet. 6.5-284 weet ek is die beste maar met die wat ek beplan om die geweer baie te skiet gaan dit duur word met kort loop leeftyd maar die 6.5(.264) bly aantreklik met hoe BC punte.
So kyk nou na een van drie (vier) kalibers bo. Tikka het die 260 maar in 1: twist en die 6.5x55 in n 1:9 so beter vir swaar punte en GS custom punte wat ook dalk wil skiet. Ruger het die 6.5 CD ook in 1:9. Aldrie het omtrent ewe groot doppe mat die 6.5x55 meeste gevolg deur 260 en dan CD. 6.5x55 en 260 kry mens in Lapua doppe en seker sal een van die doppe kan gebruik om n CD te kry.
Is daar iemand wat die 6.5x55 laai en skiet?
Sal mens meer spoed uit hom kry met groter dop volume as die 260 en 6.5CD?
Is daar enige iemand wat of die 260 of CD skiet en bietjie kan deel?
Hoeveel ekstra spoed sal mens kry 260 AI vs 260?
Die 6.5x55 is egter om lang aksie so sal dalk beter werk met langer punte?
Skiet enige iemand GS SP in 6.5?
Groete
Re: 6.5x55 vs 260 (AI?) vs 6.5 Creedmoor(CD)
Posted: Mon Oct 10, 2011 10:13 am
by Arnold
Kyk na een geweer om SA jagters ens te skiet.
Daai is 'n wye stelling ...
Wat is ens. ?
Re: 6.5x55 vs 260 (AI?) vs 6.5 Creedmoor(CD)
Posted: Mon Oct 10, 2011 11:44 am
by Skier
Machann,
Lees bietjie hierdie link:
http://www.snipercentral.com/65swed.htm
Besonder baie van die nuwe kalibers (meestal van Amerikaanse oorsprong) se voordele is niks anders as bemarkingstrategiee om nuwe fokus op so 'n nuwe produkte te kry - "reinventing the wheel"
Die ou Europese kalibers het hul onteenseglik bewys as staatmakers in die jagveld en skietbaan oor baie jare.
Komponente en gewere in 6.5x55 is ook meer vrylik bekombaar wat dit 'n aantreklike opsie maak.
Nietemin, dalk is jy ook een wat opsoek is na die heilige graal van die geweer wereld - "different strokes for different folks"
Hoop jy maak die regte besluit,
Groete,
Re: 6.5x55 vs 260 (AI?) vs 6.5 Creedmoor(CD)
Posted: Mon Oct 10, 2011 1:13 pm
by Machann
Hi Arnold
Jammer oor dit maar verwys na 'n geweer wat ek wil gebruik vir kompitiesies wat tot op hede maar Sa Jagters Tabelle gaan wees en waar ek dink die 6.5 die minimum is behalwe vir die buffel en dan vir veldskiet oefeninge.
Hi Skier
Dankie vir die verwysing. Gaan gou deur dit lees. Al wat my van die 65-284 afsit is die loop lewe, so soek nou maar iets wat better loop leeftyd kan gee maar darem ook bietjie spoed het agter 'n goeie BC punt. Sal nie eleke jaar die loop wou vervang. Die 6.5x55 het groter dop volume so kan die selfde spoed as res van die korter 6.5 skiet met minder druk wat volgens die manne loop leeftyd sal verleng?
groete
Re: 6.5x55 vs 260 (AI?) vs 6.5 Creedmoor(CD)
Posted: Mon Oct 10, 2011 1:32 pm
by Arnold
My voorstel sal wees om na die gewone 260 Rem of die 6.5x55 te kyk.
Omdat die afstande bekend is vir die SA Jagters tabelle sou ek elkgeval voorstel dat jy na 'n swaarder koeel kyk wat meer weerstand bied teen die wind. Veldskiet is nou weer 'n ander knaap en hier soek jy meer spoed met dalk 'n effense ligter koeeltjie.
Na watter gewere kyk jy? Dit sou ook my keuse van kaliber beinvloed.
Indien jy sou wou Ackley, sou ek die 6.5X55 AI voorstel en nie die 260 Rem AI nie. Self sal ek baie van 'n Tikka Super Varmint in 6.5x55 AI hou

{Ek skiet nou 'n 260 Rem AI en met die 28.6" lang loop kan ek 'n 130gr koeeltjie teen 3050 fps skiet}
Re: 6.5x55 vs 260 (AI?) vs 6.5 Creedmoor(CD)
Posted: Mon Oct 10, 2011 1:50 pm
by Machann
Hi Arnold
Dankie vir jou raad. Op die oomblik kyk ek na die Tikka Super Varmint en die twsit van die 6.5x55 is vir my baie beter as die van die 260 in die slefde geweer. Ek sien ook Ruger het die CD in hulle varmint maar die Tikka sit baie lekker in jou hande uit die vys uit waar ek dink die Ruger front heavy gaan wees. Wat is die mimimum spoed wat jy vir velskiet sal aan beveel? Is die 6.5x55 vinniger of stadiger as die 260AI en het jy al te doen gekry met die 6.5x55 AI?
Dankie vir jou raad...
Re: 6.5x55 vs 260 (AI?) vs 6.5 Creedmoor(CD)
Posted: Mon Oct 10, 2011 2:01 pm
by Arnold
Ek het nog nie met die 6.5x55 of sy Ackley te doen gehad nie.
Min spoed voorstel vir veldskiet is moeilik, ek het met my 308 begin en het 155gr koeels teen 2640 fps geskiet. Enige iets wat jy uit die 260 of 6.5x55 gaan skiet is beter as dit omdat daai koeels se BC so hoog is.
Lees sommer 'n bietjie hier ook
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=1
Re: 6.5x55 vs 260 (AI?) vs 6.5 Creedmoor(CD)
Posted: Tue Oct 11, 2011 7:08 am
by Machann
Arnold baie interresante post en getalle en moet my asb nie na een of ander raad neem omdat ek jou getalle publish nie asb
Met 'n 130 gr Berger ... 24" .......... 26" .......... 28"
260 Rem ................. 2831 fps .... 2820 fps .... 3010 fps
260 AI ................... 2868 fps .... 2859 fps .... 3050 fps
6.5 X 55 Swede ....... 2763 fps .... 2870 fps .... 2861 fps
6.5 X 55 AI ............. 2922 fps .... 2914 fps .... 2905 fps
6.5-284 Norma ........ 2845 fps .... 2950 fps .... 2942 fps
Met 'n 140 gr Berger ... 24" .......... 26" .......... 28"
260 Rem ................ 2784 fps .... 2770 fps .... 2763 fps
260 AI .................. 2823 fps .... 2815 fps .... 2800 fps
6.5 X 55 Swede ...... 2732 fps .... 2820 fps .... 2815 fps
6.5 X 55 AI ............ 2873 fps .... 2864 fps .... 2856 fps
6.5-284 Norma ........ 2800 fps .... 2900 fps .... 2895 fps
Ek sien jy het nie hier gegaan vir spoed nie maar wel vir akkuraatheid en baie slim want almal wil altyd spoed he maar dit is nie waar jy altyd wil skiet nie. Sal graag meer oor daai program wil hoor wat jy gebruik Arnold. So uit korter loop is die 6.5x55AI die andtwoord. Wat is dit omtrent ekstra ($) om 'n geweer te laat AI en wie sal julle aanbeveel hier in Pretoria?
dankie sover. Dit help baie... Nou net om daai geldjies bymekaar te begin maak.
groete
Re: 6.5x55 vs 260 (AI?) vs 6.5 Creedmoor(CD)
Posted: Tue Oct 11, 2011 9:43 am
by Arnold
Jy kan hier lees oor die hele konsep van optimal barrel time
http://www.the-long-family.com/optimal% ... 20time.htm
Kontak bietjie vir Wouter Roets hier op die forum met jou Ackley vra. Hy is 'n groot Ackley voorstaander en het self al n paar gewere laat Ackley.
Re: 6.5x55 vs 260 (AI?) vs 6.5 Creedmoor(CD)
Posted: Tue Oct 11, 2011 1:41 pm
by Machann
thanks Arnold. Waardeer jou moeite en tyd...