Page 1 of 1

Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Jun 27, 2018 10:03 am
by tripodmvr
Boodskap per vleisboek ontvang. Waar of nie - Kapenaars kan julle bevestig?

Somchem het sopas bevestig dat hul Potch depo teen volgende week S335 sal ontvang. Die kaap het alreeds ontvang. Dus kan handelaars teen volgende week op stock. Safari het vanselfsprekend tonne bestel so indien lokale handelaars ontvang moet hul asb laat weet. Hier is genoeg manne wat kan koop.

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Jun 27, 2018 10:16 am
by ruaanb
Safari Stellenbosch het in voorraad.

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Jun 27, 2018 11:35 am
by joe rocket
Paarl het voorraad, maar voorraad is beperk.

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Jun 27, 2018 11:40 am
by Toyrsi
Paar plekke in Noord Kaap het ook voorraad.

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 8:47 am
by knipmes
Het iemand dalk van die nuwe vorraad/ lot nr getoets en vergelyk met die vorige lot nr?

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 9:08 am
by savage(P Coetzer)
Al wat ek gehoor het is dat die nuutste batch stadiger as nat kordiet brand.

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 9:13 am
by Fanta300
2% stadiger

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 9:49 am
by tripodmvr
Fanta300 wrote:2% stadiger
Dit nou blik se inligting?

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 10:00 am
by Philip J
tripodmvr wrote:
Fanta300 wrote:2% stadiger
Dit nou blik se inligting?
Nee Oom
Dis die reine waarheid. Ek het amper 100voet per sekonde verloor op my 303 lading.

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 10:28 am
by Arnold
Klink na 'n lekker lot vir die swaar koeels in 308 skiet? Hoe stadig brand die kruit?

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 10:41 am
by Fanta300
Dit staan so op die blik

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 10:44 am
by Frederik
Was gister by Oos Rand S&O en daar het heelwat blikke 335 op die rak gestaan.

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 1:15 pm
by OosKaapJagter
Philip J wrote:
tripodmvr wrote:
Fanta300 wrote:2% stadiger
Dit nou blik se inligting?
Nee Oom
Dis die reine waarheid. Ek het amper 100voet per sekonde verloor op my 303 lading.
Sjoe, as jy 2% spoed verloor en dit kom neer op 100 voet per sekonde, moes die oorspronklike spoed 5000 voet per sekonde gewees het!

Ek weet nie of ek beïndruk moet wees met daardie 303 of moet dekking soek as jy aanlê na iets nie. :):

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 3:14 pm
by Philip J
OosKaapJagter wrote:
Philip J wrote:
Nee Oom
Dis die reine waarheid. Ek het AMPER100voet per sekonde verloor op my 303 lading.
Sjoe, as jy 2% spoed verloor en dit kom neer op 100 voet per sekonde, moes die oorspronklike spoed 5000 voet per sekonde gewees het!

Ek weet nie of ek beïndruk moet wees met daardie 303 of moet dekking soek as jy aanlê na iets nie. :):
OosKaapJagter,
As die sommetjie so maklik was, dan het ons seker nie QL nodig gehad nie.

Ek het met n vorige lot S335 en 174gr Hornady RN koeëls, n spoed van 2400fps gekry.

Diselfde komponente, buiten die kruit lot, wat nou Lot 722 van 2018 is, het eergister n lesing van 2320fps gegee.

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 5:32 pm
by JPS

Phillip,

Toe die vorige lot getoets is wat was die atmosferiese toestande teenoor die lot
Wat julle nou getoets het? Min of meer dieselfde of heelwat verskillend?

Groete
Jan

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 6:43 pm
by Philip J
Naand Jan
Jy vra my vas. Ek het vir lank nie vir die 303 herlaai nie omrede ek nie so baie met hom skiet nie. Ek het nie regtig ander aantekeninge gemaak anders as wat die lading en tpl was nie. Het nie eers die kruit se lot nommer neergeskryf nie

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 7:08 pm
by andre007
Philip as jy daai 3 vuurhoutjiekoppe ingegooi het soos gewoonlik het jy lag lag > 5000 voette gemaak met jou Sanna >:D

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 7:26 pm
by OosKaapJagter
Ekskuus Phillip dat ek jou herlaaivermoëns onder verdenking geplaas het.

Synde ek self skepties is oor Somchem se amptelike syfers, het ek so vinnige ondeurdagte tong-in-die-kies opmerking gemaak. Sodra ek 'n paar breinselle toevoeg tot daardie opmerking, is dit duidelik ek was verkeerd. Ek het 'n direkte vergelyking tussen brandspoed van die kruit en die spoed van die koeël loop maak. Dit kan nie so werk nie.

Ek het self van hierdie kruit aangeskaf en sal waarskynlik my eie ladings ook moet gaan aanpas.

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Wed Aug 01, 2018 10:35 pm
by JPS
Philip J wrote:Naand Jan
Jy vra my vas. Ek het vir lank nie vir die 303 herlaai nie omrede ek nie so baie met hom skiet nie. Ek het nie regtig ander aantekeninge gemaak anders as wat die lading en tpl was nie. Het nie eers die kruit se lot nommer neergeskryf nie
Geen probleem,

Sou interisant gewees het as jy gehad het, somchem is maar redelik temeratuur sensitief en dit kon ook verduideliking wees vir deel van die spoed verskil.

Mooi loop.

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Fri Feb 11, 2022 8:16 pm
by tripodmvr
S335 word genoem as beskikbaar in die Vaaldriehoek teen R670 per blik.

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Sat Feb 12, 2022 5:18 am
by Fanta300
Het gekry @ R550 ‘n blik by my PGW. ALLES KLAAR UITVERKOOP.

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Sat Feb 12, 2022 1:43 pm
by HeinM
Ek het 'n maand gelede 2 blikke by Agri Distributors op Worcester gekoop. R750 per blik betaal. Dink daai blsem het my gerook >:D

Re: Bekikbaarheid van S335

Posted: Tue Mar 01, 2022 3:14 pm
by tripodmvr
Andre007 het laat weet dat hulle S335 ontvang het. Let wel dat slegs 2375kg gemaak is volgens die aangehegde spesifikasie vel wat die drymiddel vergesel.
S335 Maart 2022.jpg