Page 1 of 1

Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Mon Jun 25, 2018 6:11 pm
by Jacques05
Goeie Dag!
Ek is dringend opsoek na biltong jagplek in die area van Kathu, Deben, Postmansburg of Kuruman. Los vir my 'n e-pos of reply op ad asb.
Groete Jacques.
heinleinjacques5@gmail.com

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Mon Jun 25, 2018 7:38 pm
by Aceofspades
Hi Jacques. Lees die forum reels, stel jouself voor by die nuwe aansluitings sodat die ouens jou van nader kan betrag en dan sal iemand jou miskien bystaan. Ons hou daarvan om min of meer te wil weet wie is wie hier rond

Kriek

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Mon Jun 25, 2018 8:03 pm
by joe rocket
Jacques Bel 0833243344 die man is goedkoop daar naby Kuruman. Daar is van n steenbok tot n luiperd. As jy luiperd skiet kry jy twee koedoes verniet. Vra dr. SMUTS hy het plek.

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Mon Jun 25, 2018 8:19 pm
by Jacques05
Dis reg sal so maak! Baie dankie.

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Mon Jun 25, 2018 9:40 pm
by joe rocket
Onthou hy is baie in teater en besig met pasiente bedags, bel liewer na 10 saans.

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Mon Jun 25, 2018 9:44 pm
by Rudie
Dit laat my nou dink aan daai liedjie van daai visvang show op Kyknet...... HIER GAAN ONS ALWEER

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Mon Jun 25, 2018 9:46 pm
by Aceofspades
Rudie wrote:Dit laat my nou dink aan daai liedjie van daai visvang show op Kyknet...... HIER GAAN ONS ALWEER ImageImage

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Kan jy daar visvang ook? Ek sal as ek eendag van die koëels af kan wegkom moet plan maakImage

Kriek

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Mon Jun 25, 2018 9:49 pm
by joe rocket
Rudie wrote:Dit laat my nou dink aan daai liedjie van daai visvang show op Kyknet...... HIER GAAN ONS ALWEER ImageImage

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Hierdie is n jag draad nie n visvang draad nie...

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Mon Jun 25, 2018 9:50 pm
by Basjan123
Aceofspads wrote:
Rudie wrote:Dit laat my nou dink aan daai liedjie van daai visvang show op Kyknet...... HIER GAAN ONS ALWEER ImageImage

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Kan jy daar visvang ook? Ek sal as ek eendag van die koëels af kan wegkom moet plan maakImage

Kriek
Ja ons het groot nommers daar uit getrek vir daai program op kuns aas....

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Tue Jun 26, 2018 8:38 am
by fluisterbuis
kom jag eerder hier in die noorde, hardekool ruik en braai net soveel lekkerder as witgat en kameeldoring

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Tue Jun 26, 2018 1:49 pm
by Plaashaas
joe rocket wrote:Jacques Bel 0833243344 die man is goedkoop daar naby Kuruman. Daar is van n steenbok tot n luiperd. As jy luiperd skiet kry jy twee koedoes verniet. Vra dr. SMUTS hy het plek.
Ha ha ha ha ha

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Tue Jun 26, 2018 3:18 pm
by joe rocket
Jacques05 wrote:Goeie Dag!
Ek is dringend opsoek na biltong jagplek in die area van Kathu, Deben, Postmansburg of Kuruman. Los vir my 'n e-pos of reply op ad asb.
Groete Jacques.
heinleinjacques5@gmail.com

Hallo Jacques sien jy het my pm gestuur en gesê die dokter weet nie van jag plek nie. :laugh: Hy is heeltemal reg. Die dokter is n "groene" wat nie van jagters hou nie. Hy is van Landmark Foundation, wat luiperde en katte en jakkalse beskerm. Sy nr. is op hulle webwerf.

Elke jaar kom sluit hier manne by ons geliefde Jaracal aan net om jag plek te soek en verdwyn dan soos mis in die son. Ons geliefde Jaracal is nie n "wham bam thank you mam" forum nie. Hierdie forum is na my eie familie, my tweede familie en is baie na my hart. As jy my kan waarborg dat jy n positiewe bydrae tot die forum kan maak kan ek vir jou n jag vriendelike nommer pm waar jy naby Kuruman kan gaan jag. Beskou hierdie draad as jou ontgroening. ;)

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Tue Jun 26, 2018 3:56 pm
by Willeboer
Bwahahahaha, het nou amper self daai dokter gebel.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Tue Jun 26, 2018 4:22 pm
by jankraay
Hahaha jis ek kan nie help om te lag nie. Jacques kom gesels saam en geniet dit hier dan sal jy sien die manne is meer as bereid om te help.

As jy nie geskrik het nie sou ek myself gaan voorstel en dit dan van daar af vat


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Tue Jun 26, 2018 4:53 pm
by Herman Huyser
Joe rocket, jy rocket meneer. Ek hou van hoe jy dink. Dit was nou 'n goeie boere manier om 'n man 'n les te leer.

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Wed Jun 27, 2018 7:12 am
by FHM
Willeboer wrote:Bwahahahaha, het nou amper self daai dokter gebel.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Julle behoort nou al die vuurpylman te ken... ;)

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Wed Jun 27, 2018 7:37 am
by Aceofspades
Ek moet sê toe ek die heel eerste keer van Dr Smuts se plaas hoor het ek nogal daaraan gedink om die nommer te bêre vir latere gebruik. Dis nou vir ás ek nie 'n winter in die garage spandeer nie. Maar gelukig was ek nie die teiken van daardie een nie

Kriek

Re: Dringend Jagplek gesoek!

Posted: Wed Jun 27, 2018 8:52 am
by Daneel
Ja manne, ek dink ons almal moet maar n plan maak en daai Dr Smuts bel vir jagte.
Hy is so n gawe Mr en ek is seker hy sal dit baie wardeer as hy net so een of twee oproepe n dag kry van die jagters af.
Wie weet miskien kan hy dit in sy hart kry om van daai "free range" jakke van hom te laat Trophy jag beskikbaar maak...

So wie gaan heirdie week bel en wie volgende week? Net so twee of drie n dag, en soos genoem is maak seker julle bel na 10pm want die Dr is maar altyd besig deur die dag...