Page 1 of 1
ELD-X in .243, hoe is julle ervaring?
Posted: Thu Jun 14, 2018 12:15 pm
by Cor Jacobs
More manne,
Ek was laasweek so gelukkig om te gaan Springbok jag, en skiet huidiglik met die V-Max 87gr. in my .243.
Die afstande het gewissel van baie naby, 170m tot en met 500m. Daar was n paar winderige dae ook. Dis meestal in die duine en vlakte skote gewees. Die V-max het nie sleg presteer nie, maar my gevoel is dat op die langer afstande jou skote baie meer sekuur moet wees aangesien ons net kop/nek skote neem.
My navraag is dus as volg, hoe is julle gevoel/ervaring oor die ELD-X vir hierdie jagtoestande?
Manne wat dit reeds gebruik, waste spoed kry julle ongeveer?
Enige terugvoering hieromtrent sal waardeer word, asook n alternatiewe aanbeveeling.
by voorbaat dank,
groete,
Cor
Re: ELD-X in .243, hoe is julle ervaring?
Posted: Thu Jun 14, 2018 1:55 pm
by Capt. Yoda
Wat is jou geweer se loop se twist?
Re: ELD-X in .243, hoe is julle ervaring?
Posted: Thu Jun 14, 2018 2:04 pm
by Cor Jacobs
Capt. Oblivious wrote:Wat is jou geweer se loop se twist?
Ek het die Afrika Mauser, so dis maar net n geweer gebou op die Mauser aksie, en sy twist rate is 1:10
Re: ELD-X in .243, hoe is julle ervaring?
Posted: Thu Jun 14, 2018 2:25 pm
by Capt. Yoda
Weet nie of daai ELD mooi 100% in hom gaan stabiliseer nie maar jy kan natuurlik skiet en kyk.
In n 1/10 twist is die 87gr Vmax ongelukkig klaar een van die beter ver skiet koele, jy kan die 87gr VLD probeer vir bq extra BC en dalk ook die 95gr Berger Classic hunter maar dit gaan ongelukkig nie n vreeslike groot verskil maak nie. Jy kan dalk ook kyk of jy nie n paar 105gr Amaxe in die hande kan kry nie, daar is hier en daar n 1/10 twist 243 wat hulle mooi skiet maar om die regte lang hoe BC 6mm koels tot hul volle potensiaal te gebruik het jy verkieslik n 1/8" twist loop nodig op daai 243.
As ek reg onthou is die 103gr ELD n rapsie langer as die ou 105gr Amax so jy kan dalk gelukkig wees in n 1/10 twist maar ek sal nie geld daar op sit nie. Hy kan moontlik mooi skiet maar as jy nie die koel 100% stabiliseer nie het dit n taamlike negatiewe impak op jou BC wat die hele oefening defeat
Re: ELD-X in .243, hoe is julle ervaring?
Posted: Thu Jun 14, 2018 2:45 pm
by Cor Jacobs
Kaptein,
Baie dankie vir daai stukkie insigewende raad. Ek het nooit die loop se twist in my berekening gebring nie.
Ek moet byvoeg dat ek glad nie ongelukkig is met die V-Max se akuraatheid nie. My enigste beswaar, oftewel ervaring met dit was dat waneer ek n Springbok reg van voor af skiet, en my skootplasing is so bietjie te laag, dit maklik geeindig het in n bekskoot. Op enige gegewe afstand soos genome hierbo.
Die hoofrede dus hoekom ek na ander opsies kyk, is om daardie tipe gevolge te vermy. Ek dink dus aan iets wat beter penetreer voordat dit expand. ( hoop dit maak sin )
Re: ELD-X in .243, hoe is julle ervaring?
Posted: Thu Jun 14, 2018 3:17 pm
by Capt. Yoda
Cor kyk na die 95gr Berger Classic hunter dan, ek het laas jaar n blesbok op 300 en iets meter op die brug van sy neus geskiet toe hy so neus in die lig staan en ruik. Daai koel is op deur die kop, in die nek af waar 2 dele weerskant van die nek uit is en die laaste deel van die jacket het al die pa in die nek af gegaan en het ek tussen sy blaaie gekry toe ons hom geslag het.