Page 1 of 1
Howa vervangings sneller?
Posted: Sun Jun 10, 2018 9:56 am
by F.L.A.S.H
More more
Ek het by n mede forum maat n timney light op my mod80 laat sit wat hy toe gekielie het om by 8oc te breek.
Dat ek nou bederf is met die sneller is unquestionable.
Ek wil nou graag vir die howas n bietjie laat bykom.
Ek weet net van timney en Jard wat snellers maak (wat ons redlik maklik kan kry) vir howas maar ek is nie baie impressed met 16-22oc sneller nie..
Ek het n sudami sneller in een en hy nie sleg nie maar nie daar by 8oc nie (dalk sal n slim gumsmith hom kan choon)
Watse ander opsies is daar behalwe howa se eie sneller choon?
Groete
Lekker dag
P.S ek gaan nou gemsbok gaan soek

Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Sun Jun 10, 2018 10:00 am
by Aceofspades
Hoop jy kry daai gemsie.
Izak Hattingh choon Howa sneller heel goed. Dan kan hy jou andersins ook help met watookal ander sneller wat jy dink jy wil opsit.
Kriek
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Sun Jun 10, 2018 10:04 am
by F.L.A.S.H
Dankie Kriek
Izak het al klomp werk vir my gedoen. Sy howa sneller choon is goed maar dink dit is onmoontelik om te kry wat ek soek uit n standard howa sneller..
Ek wens manne soos timney of Jewel sou ligte howa snellers maak, ek sou tot uithaal vir n bix as hulle dit gedoen het
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Sun Jun 10, 2018 10:58 am
by joe rocket
Jard snellers breek op 12 onse.
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Sun Jun 10, 2018 6:15 pm
by Jackalsniper
Tokkie van Tonder op George het my Howa se sneller baie mooi fyn gekry. Die voortrek is uit en hy breek soos glas sonder dat ek n oog kan knip en my min geld gevra. Ek het hom nog nie gemeet om te kan se hoeveel presies nie . Ek het hom sonder n patroon oorgehaal en kolf gestamp en hy is solid.
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Sun Jun 10, 2018 6:39 pm
by edwill
Im running a Jard in my Howa. So far im really happy, break is clean and crisp.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Sun Jun 10, 2018 6:43 pm
by F.L.A.S.H
edwill wrote:Im running a Jard in my Howa. So far im really happy, break is clean and crisp.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Thank you edwill
Do you know what it is breaking and have you tried setting it lower?
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Sun Jun 10, 2018 6:46 pm
by edwill
I only dropped in. I was really happy out the packet. Its really light, but i dont have an exact weight. First few shots i was almost a pirate...
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Sun Jun 10, 2018 6:53 pm
by F.L.A.S.H
Thank you
I am so spoilt by the trigger on the 80 that anything that is not the same is now a disappointment
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Tue Jun 12, 2018 6:36 pm
by Morne Van Der Merwe
Ek het vir Bix n Andy n vraag gevra oor my sneller, en toe sommer gvra is daar in die pyplyn n sneller vir die howa, toe die eienaar/ceo Andy my terug geantwoord dat hul werk aan n howa sneller.
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Tue Jun 12, 2018 7:32 pm
by F.L.A.S.H
Morne Van Der Merwe wrote:Ek het vir Bix n Andy n vraag gevra oor my sneller, en toe sommer gvra is daar in die pyplyn n sneller vir die howa, toe die eienaar/ceo Andy my terug geantwoord dat hul werk aan n howa sneller.
Daai klink nou lekker
Hulle eenige idea gegee van waneer?
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Tue Jun 12, 2018 8:40 pm
by Heinds
Man, bou sommer vir jou 'n jewell in jou howa in. Enige smit wat sy sout werd is kan dit doen. Ek het een in myne en hy loop soos stroop.
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Tue Jun 12, 2018 9:24 pm
by Gawie(13mm)
Rifle Basix loop ook baie mooi. Kallie sal getuig dat die RB en 'n Jard soos vinkel en koljander is.

Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Wed Jun 13, 2018 8:33 am
by Capt. Yoda
Howa met n Bix & Andy. Nou raak dit rof
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Wed Jun 13, 2018 8:55 am
by joe rocket
Netso sneller kos meer as die roer. Izak Hattingh maak n Jewel pas.
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Wed Jun 13, 2018 10:44 am
by Capt. Yoda
Die Howa snellers wat ek al me geskiet het wat Chrisjan en Izak aan gewerk het was niks minder as ongelooflik nie, huidiglik hier dink ek as jy iets ander wil op sit is dit maar n Jard wat net onder n pond gaan breek.
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Wed Jun 13, 2018 11:02 am
by Gawie(13mm)
.....en 'n Rifle Basix!!!!!!
Rifle Basix vir Howa 1500
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Wed Jun 13, 2018 11:08 am
by Toyrsi
Het tans die Sudami in.
Hy breek op 8oz en die gewerkte Howa kom nie naby nie.
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Wed Jun 13, 2018 11:16 am
by Gawie(13mm)
Toyrsi wrote:Het tans die Sudami in.
Hy breek op 8oz en die gewerkte Howa kom nie naby nie.
Onthou dat 'n daar nie iets soos 'n "Sudami sneller" bestaan nie.

Sudami vervaardig 'n sneller beuel wat die "HACT" sneller verander na die oorspronklike enkel fase sneller sonder die voortrek. Deur die wentel-as punt van die beuel te skuif is minder druk nodig om die sneller te laat glip.
Baie goeie stukkie meganika!
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Wed Jun 13, 2018 11:17 am
by Finder20
Toyrsi wrote:Het tans die Sudami in.
Hy breek op 8oz en die gewerkte Howa kom nie naby nie.
Hi Toyrsi,
Hulle is so 2.6k vir n sneller ne?
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Wed Jun 13, 2018 11:35 am
by Heinds
Onthou net as jy ligter as 300gram soek gaan jy sukkel met enige sneller behalwe 'n jewell en Bix. Ek het al rifle basix, en die sudami sneller geskiet en altwee voel vir my soos klip. Hang af wat jou applikasie is..
Beste van die bunch sou ek se is die sudami sneller conversion maar dan moet jy ook maar die springs 'n bietjie werk.
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Wed Jun 13, 2018 12:01 pm
by Toyrsi
Gawie(13mm) wrote:Toyrsi wrote:Het tans die Sudami in.
Hy breek op 8oz en die gewerkte Howa kom nie naby nie.
Onthou dat 'n daar nie iets soos 'n "Sudami sneller" bestaan nie.

Sudami vervaardig 'n sneller beuel wat die "HACT" sneller verander na die oorspronklike enkel fase sneller sonder die voortrek. Deur die wentel-as punt van die beuel te skuif is minder druk nodig om die sneller te laat glip.
Baie goeie stukkie meganika![/qu
Soos Gawie noem is dit nie n kompleet sneller nie maar sleg die Beuel wat jy vervang.
Hy werk rerig goed.
Re: Howa vervangings sneller?
Posted: Wed Jun 13, 2018 12:03 pm
by Toyrsi
Finder20 wrote:Toyrsi wrote:Het tans die Sudami in.
Hy breek op 8oz en die gewerkte Howa kom nie naby nie.
Hi Toyrsi,
Hulle is so 2.6k vir n sneller ne?
Hi Finder hulle was laas R1600