Intro: PvR
Posted: Wed Oct 05, 2011 12:11 pm
M?re almal,
My naam is Paul van Rooyen en ek's n nuweling op die forum. Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik om myself voor te stel aan mede lede.
Ek's 43 jaar oud en is woonagtig in Moreletapark, Pretoria.
Ek het my liefde vir jag, gewere en alles wat daarmee gepaard gaan van my oorlede Pa "ge-erf". My eerste jagtog saam met my Pa was op 8 jarige ouderdom waartydens ek n bosvark en rooibok ram platgetrek het.
Ek besit huidiglik 2 gewere, albei is Ruger M77 MK11's, kaliber 243 en 30-06. Ek is tans ook besig om navorsing te doen op n groter kaliber aangesien ek beplan om binne die volgende 2 jaar n buffeljag te onderneem.
Ek wik en weeg al n geruime tyd om self ammunisie te herlaai en het in Februarie die jaar uiteindelik die besluit geneem en die nodige toerusting aangeskaf. Tydens my leer proses op onder andere die internet, het ek op die Jaracal website afgekom en besef dat die site n uitstekende bron is om my passie met ander "like minded" mense te deel asook om my kennis van die herlaai proses te vergroot. Ek glo ook dat ek op verskeie ander onderwerpe ook baie by ander lede kan leer.
Ek lees tans al die posts verwant aan die kalibers wat ek besit en sodra die tyd reg is sal ek graag n paar vrae wil rig aan die "experts" op die site.
Groete
Paul