Page 1 of 1

Springhaas rot hoe jag ek hom.

Posted: Sun May 13, 2018 8:43 pm
by Dweetster
Hi ouens ek het so bietjie van n probleem waar ek vir n ou jakkals skiet, vandat ek die jakkalse onder beheer het neem die springhaas rotte oor.
Ek het al van hulle probeer skiet met n. 22 maar hulle is so lig sku as daai lig aan is hulle weg.
Hoe jag mens die rotte.

Re: Springhaas rot hoe jag ek hom.

Posted: Sun May 13, 2018 9:04 pm
by Francoisv
Ons het ‘n ou McCormic trekker gehad destyds. Met ‘n pyp vanaf uitlaatpyp die pringhaas rotte uitgerook. As hy uitkom word hy sommer met ‘n plastiek pyp vankant gemaak. Latere stadium met haelgeweer.

Rook hulle uit en sit reg met jou haelspuit.


Francois Vogel

Re: Springhaas rot hoe jag ek hom.

Posted: Sun May 13, 2018 9:12 pm
by Dweetster
Wow dit klink prettig.. Wanneer is die beste tyd in die jaar om hulle te beheer.

Re: Springhaas rot hoe jag ek hom.

Posted: Sun May 13, 2018 9:25 pm
by Francoisv
As ek reg onthou was dit in plant tyd, hulle grou die vars geplante saad uit. Ande was omgewerk, wat dit September/ Oktober in die oos Vrystaat gemaak het.


Francois Vogel

Re: Springhaas rot hoe jag ek hom.

Posted: Sun May 13, 2018 9:36 pm
by Dweetster
Dankie baie. Ek het aan gif gedink maar dit is my laaste opsie. Sal eerder dat die kinders fun he en kyk of ons hulle kan skiet...
Is hulle neste in n netwerk of is dit elkeen in dy eie gat?

Re: Springhaas rot hoe jag ek hom.

Posted: Fri Aug 10, 2018 11:18 pm
by HJ Prinsloo
Francoisv wrote:Ons het ‘n ou McCormic trekker gehad destyds. Met ‘n pyp vanaf uitlaatpyp die pringhaas rotte uitgerook. As hy uitkom word hy sommer met ‘n plastiek pyp vankant gemaak. Latere stadium met haelgeweer.

Rook hulle uit en sit reg met jou haelspuit.


Francois Vogel

doen jy dit in die aand of deur die dag?

Re: Springhaas rot hoe jag ek hom.

Posted: Fri Aug 10, 2018 11:46 pm
by Maanboef
Moeilik om hulle te beheer deur te jag. Wat wel ook werk is om n hoë paal te plant by hulle gate sodat n uil sitplek naby het. Hier was n paar jaar gelede groot rotplaag op ons lande hier in Noord wes Vrystaat. Ons moes hulle ongelukkig voorkomend met gif beheer.

Re: Springhaas rot hoe jag ek hom.

Posted: Sat Aug 11, 2018 10:57 am
by HJ Prinsloo
Ons gebruik reeds fostoksien pille en sinkfosfiet in die gate, behalwe dat die nie goed genoeg werk nie is dit egter baie gevaarlik aangesien enige dier wat daarvan eet, sal sterf.

ek soek n meer volhoubare opsie om die getalle ban die rotte te verminder en onderbeheer te hou.

Re: Springhaas rot hoe jag ek hom.

Posted: Sat Aug 11, 2018 6:29 pm
by Apie
HJ Prinsloo wrote:Ons gebruik reeds fostoksien pille en sinkfosfiet in die gate, behalwe dat die nie goed genoeg werk nie is dit egter baie gevaarlik aangesien enige dier wat daarvan eet, sal sterf.

ek soek n meer volhoubare opsie om die getalle ban die rotte te verminder en onderbeheer te hou.
Volhoubaar is uile die beste!

Soos hierbo , uile kort sit/rusplek en broeiplek.

In landbou is no-till of bewarings bewerking gewoonlik eerste waar die peste hulle koppe begin uitsteek!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Springhaas rot hoe jag ek hom.

Posted: Sat Aug 11, 2018 6:43 pm
by tripodmvr
As jy hul met uitlaatgasse wil uitrook is 'n petrol enjin se gasse beter synde hulle meer koolstofmonoksied produseer.