Page 1 of 8

2018 Jag fotos

Posted: Thu May 10, 2018 7:48 am
by Kolhasie
More almal.
Die Seisoen is oop en ek sien nog nie regtig fotos en stories van bokke wat geskiet is nie?

Wat gaan aan?

Ek self het nognie geskiet eerlikwaar weet ek nie hoekom nie....

Gooi julle fotos hier dat ons jaloers kan raak en ek my sokkies optrek en veld toe gaan!

Groete KH

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 10, 2018 9:13 am
by NicoSmit
3006 110gr Vmax 80m naby Vrede

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 10, 2018 10:21 am
by J le Roux
Musina trippie.

Was baie trots op my kroos, elkeen 'n het Blouwildebeesbul met een bladskoot platgetrek, 30-06, 180gn Accubond teen 2565 fps.

Pappa moes maar terugstaan, maar dit was 'n voorreg.

Groete

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 10, 2018 10:49 am
by Askari
Ek en my vrou het middel April ons rekening gaan oopmaak net buite Jagersfontein. Dit was haar eerste jag en ons het die nodige tyd op die skietbaan deurgebring om haar gemaklik te kry met my 22-250 voor sy haar eerste bok gaan aandurf.
Blesbok resized.jpg
Howa 22-250, 123m, Peregrine 50gr VRG5 @ 3512 vt/s. Tussen die oog en die oor (moes die oë terugdruk vir die foto ::) ) en toe haal sy sommer met so bietjie hulp self pens ook uit.
Sprinbok resized.jpg
Nie lank daarna maak die Springbok rammetjie die fout om net duskant 80m haar nuuskierig aan te staar. Nog 'n hou op die helmet..... om te sê ek was baie trots is 'n understatement :) Maar.... ek het ook begin wonder of ek nie maar eerder my geweer moet bêre nie. Na 2 sulke skote kon ek die druk voel ;)
Springbok 2 resized.jpg
Sako 308, 155gr Berger VLD Hunting @ 2615 vt/s, 380m.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 10, 2018 10:55 am
by Askari
Blesbok 2 resized.jpg
Selfde 308 resep as in vorige post, 142m
Stap resized.jpg
Deur die loop van die dag het ek 2 Springbokke en 2 Blesbokke platgetrek, Marlene het 2 Springbokke en 4 Blesbokke laat bakkie ry. Sy het ook besluit my 22-250 is nou haar geweer. :o Ek sal die roer met 'n glimlag afstaan 8) Ons vlge jag is geboek vir middel Junie, die keer in die Karoo.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 10, 2018 12:02 pm
by NicoSmit
Ons jagtogte soveer vir die jaar

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 10, 2018 4:39 pm
by Kolhasie
sjoe baie geluk almal. baie mooi diere

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 10, 2018 5:29 pm
by william007
Goeie dag
Het die week n paar jagters gehad , baie lekker klomp manne by mekaar en baie lekker saam die manne gejag.
Die manne kan skiet en het baie respek vir die natuur.
Hier gejag waterval safaris Kimberley omgewing.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 10, 2018 5:33 pm
by william007
Manne lekker ontspan na n harde jag en ver stap.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Thu May 10, 2018 5:35 pm
by william007
Hier nog van so paar wat die manne plat gemaak het.
Lekker jag manne.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 8:17 am
by Kolhasie
william007 wrote:Hier nog van so paar wat die manne plat gemaak het.
Lekker jag manne.
william kan jy dalk n pryslys gee? ek soek n mooi eland as jy dalk het of van weet.

Groete KH

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 8:41 am
by DWB
Nie die beste van fotos nie maar my swaarste BWB nog.

146.5kg karkas.

404 het hom op die plek neergesit.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 9:06 am
by Nella
DWB daai is n duk bul!
Lyk my die blouwildebeeste gaan swaar trek die jaar...
Koei so twee weke terug geskiet. .
IMG-20180511-WA0016.jpg
Die is die jong bullietjie van die naweek. .
IMG-20180511-WA0017.jpg

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 9:17 am
by Frederik
My 204 Ruger ingelyf met twee mooi rooibok ramme die groot ene saam my in die foto is ook my swaarste rooibok wat ek nog ooit geskiet het 42kg uitgeslag.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 9:21 am
by Supacow
DWB jyt ook net net enough gun gebruik ;)

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 9:31 am
by DWB
Supacow wrote:DWB jyt ook net net enough gun gebruik ;)
Hehehehehe net net ja

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 10:09 am
by FrancoisW
Paar mooi diere hier bo. Maak 'n man lus.

Ruben het 'n on beplande SWB met sy oupa se 308 geskiet op 180 meter.
Was 'n mooi skoot. Koei het net daar geval.
DSC_3127.jpg
Hy moes ook vir sy oupa 'n hoender haan afhaal wat hy vir een van die werkers belowe het.
Kop skoot met die .22
DSC_3116.jpg
Sien uit na ons jag in Junie maand.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 11:02 am
by sako 30-06
Goeie werk Ruben.

Jy skiet verseker beter as jou pa. ;D

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 12:32 pm
by Capt. Yoda
Frederik wrote:My 204 Ruger ingelyf met twee mooi rooibok ramme die groot ene saam my in die foto is ook my swaarste rooibok wat ek nog ooit geskiet het 42kg uitgeslag.
Bitter mooi bok daai!

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 12:40 pm
by Frederik
Dankie Capt sy lyf is ook so groot dat die horings niks spesiaal lyk nie maar het tog 23" gemeet.

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 3:16 pm
by Trompie
17" Blesbok met die 300 Weatherby geskiet en toe die SWB met 143gr Eldx in die Creedmoor. Baie impressed met die Eldx'e
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201805 ... a9f8b5.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201805 ... 0c069a.jpg[/IMG]

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 3:23 pm
by JacquesT (Stompe)
Trompie wrote:17" Blesbok met die 300 Weatherby geskiet en toe die SWB met 143gr Eldx in die Creedmoor. Baie impressed met die Eldx'e
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201805 ... a9f8b5.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201805 ... 0c069a.jpg[/IMG]

Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Hi Martin,

Hoe ver was die swb en kon jy die koel herwin.

Mooi gemaak mater.

Groete

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 9:07 pm
by Johan Nel
Trompie wrote:17" Blesbok met die 300 Weatherby geskiet en toe die SWB met 143gr Eldx in die Creedmoor. Baie impressed met die Eldx'e
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180511/e72701f04397b1858680591b65a9f8b5.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20180511/37fe4072fd2cea6ec07153c3350c069a.jpg

Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Welgedaan!

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Fri May 11, 2018 10:57 pm
by Trompie
JacquesT (Stompe) wrote:
Trompie wrote:17" Blesbok met die 300 Weatherby geskiet en toe die SWB met 143gr Eldx in die Creedmoor. Baie impressed met die Eldx'e
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201805 ... a9f8b5.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201805 ... 0c069a.jpg[/IMG]

Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Hi Martin,

Hoe ver was die swb en kon jy die koel herwin.

Mooi gemaak mater.

Groete
Jacques hy was 208m en quartering to so effens gestaan. So ek moes bietjie blad tref om die vitals raak te kon skiet maar die skoot is regdeur hom. Mantel het agter gebly aan die anderkant maar die lood is deur. (Koeel op wit papier)

Daar was nog groot wildebees geskiet op 188m reg van voor in die kuiltjie. Hyt net gaan sit en omgeval. Selfde gemaak as my koeel. (Koeel op my hand)

Dink die spoed is nog baie hoog dus die separation.[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201805 ... cc42f2.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201805 ... 04d782.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201805 ... 64fc1c.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201805 ... f3125f.jpg[/IMG]

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

Re: 2018 Jag fotos

Posted: Sat May 12, 2018 1:22 pm
by Capt. Yoda
Lekker Trompster, eks bly daai 300 skiet