Page 1 of 1
My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Mon Oct 03, 2011 1:10 am
by JoevR
Ek is nie 'n trofeejagter nie, maar dit het my geluk om hierdie swartwildebees te kry op die Caledon Naturreservaat van Vrystaat Provinsie, naby Wepener, Julie 2000:
[img width=560 height=386]
http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... ledGnu.jpg[/img]
Geweer is my Musgrave 7 x 57, koeel was 'n 130 gr "Gen 1" Barnes X (Hierdie koeel word nie meer deur Barnes vervaardig nie). Die foto was wenner van die "Jagter en sy prooi" fotokompetisie by die SA Jagters se trofeekompetisie, November 2000 te Union Caterers, Pretoria. Die beoordeelaar was wyle Dr Lucas Potgieter. Swartwildebeesbul is 24 7/8 ", (Rowland Ward minimum is 22 7/8").
Groete
Joe
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Mon Oct 03, 2011 12:31 pm
by Coenie (Swift)
Joe
Dis 'n mooie baie geluk.
ek sien dis jou jagplek daai...werk jy daar of het jy kontakte om daar te jag?
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Mon Oct 03, 2011 3:49 pm
by JoevR
Dankie Swift. Nee, ek het nie kontakte vir die jag daar nie. Wens ek het gehad.
In die 90's het Vrystaat Provinsie jag op sy reservate beskikbaar gestel aan SA burgers op 'n looitjie basis. Elke looitjie was R10, jy kon soveel koop as jy wil. Die jagpakette was baie billik geprys, sou jou looitjie getrek word. Kyk bv. na hierdie jagpakket waar my looitjie getrek is:
[img width=560 height=72]
http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... an0001.jpg[/img]
Vandag kan jy nie eers 1 Zebra vir daardie bedrag jag nie. Teen 2000 is al die jagpakette beskikbaar gestel op 'n veiling. Ek het toe 2 op die veiling gekoop: Een op Caledon en die ander by Gariep Dam Natuurreservaat. Pryse was toe nog billik, vergelykbaar met wildsplase. Die jaar daarna het die pryse mal geword.
Die jagte op die resevate is gesog vir die volgende redes:
1. Daar is baie wild wat goed bestuur word vanuit 'n natuurbewaringsoogpunt,
2. Die wild kry kans om oud te word omdat daar nie te veel gejag word nie,
3. Dus is daar trofeebokke beskikbaar.
Een interessante aspek van jag op die reservate is dat jy die pakket op die veiling ten volle moet betaal, en die jag vind eers later plaas. Die diere van die pakket wat jy nie jag nie, is jou verlies. Ek het 4 jagte altesaam op die reservate gedoen, en nooit gesukkel om die pakket vol te jag nie.
Die veiling vind gewoonlik gedurende April plaas by Willem Pretorius Natuurreservaat, naby Winburg. Dit word gewoonlik geadverteer in die Magnum en/of Landbouweekblad. Hierdie springbokkie het ek gejag by Gariepdam Natuurreservaat:
[img width=560 height=386]
http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... gbok-1.jpg[/img]
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Mon Oct 03, 2011 4:45 pm
by Gerhard
Mooi Swart Williedood bees Joe,
Met wat se kaliber het jy hom gejag?
Vertel bietjie meer oor die jag.
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Mon Oct 03, 2011 7:43 pm
by Monrique (SJ)
JoevR wrote:
Geweer is my Musgrave 7 x 57, koeel was 'n 130 gr "Gen 1" Barnes X (Hierdie koeel word nie meer deur Barnes vervaardig nie).
Groete
Joe
Gerhard
Dis hy daai.
Groetnis
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Mon Oct 03, 2011 8:22 pm
by JoevR
Gerhard, ek het die swartwildebeesbul vroeg die oggend al gesien, hy was in 'n trop. Ek en Dave Hayter, die natuurbewaarder en PH op die reservaat, het die trop gevolg die hele oggend. Teen een-uur die middag het ek 'n skoot gekry. Die trop was op 'n rant met bosse hier en daar, en ons kon te voet nader gaan. Die trop het in die rondte begin maal, en ek het die bul in die oog gehou. Ek het geweet dat die malery in die rondte die "opwen" is vir weer koers kry. Die geweer was op die skietstok, en toe die bul weer verby kom, toe skiet ek. Die trop en die bul kies toe koers oor die die rant, maar die bul het weggebreek van die trop voordat hulle oor die rant is. Toe ons op die rant kom, toe le die bul, met sy kop nog op. Nog 'n skoot was toe nodig. Die eerste skoot was effens te ver na agter op die blad. Ek het 'n koeel herwin:
[img width=475 height=480]
http://i285.photobucket.com/albums/ll49 ... arnesX.jpg[/img]
Links is die herwinde 7 mm 130 gr Barnes X, middel 'n koeel uit die boks en regs 'n gelaaide 7 x57 rondte. Gewigsretensie was 98 %. Dis 'n jammerte Barnes maak nie meer hirdie "Gen 1" koeel nie, dit het goed gegroepeer in my geweer. Die Barnes TSX is nie beskikbaar in 130 gr nie, wel in 140 gr.
Groete
Joe
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Tue Oct 04, 2011 10:12 am
by Evert
Hi Joe
Dis n bitter mooi Swartwildebees daar die baie geluk. Ek het hierdie jaar die die veiling se pryse gekry en dit het baie duurder geword maar daar was tot buffels en swartpitpense op gewees vir jag. Jy kan gelukig wees om nog vir daardie pryse te gejag het
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Fri Oct 07, 2011 9:12 am
by BLOUVALKIE
hallo oom joevR
baie baie baie netjies
daai wildebees lyk baie mooi
groete
BLOUVALKIE
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Sat Oct 08, 2011 2:20 am
by JoevR
E-Bird en Blouvalkie
Dankie, dit is maar net gelukkige toeval vir 'n jagter as die veld iets gee wat mooi is.
Groete
Joe
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Sat Oct 08, 2011 10:06 am
by BLOUVALKIE
oom JoevR
dit is 'n plesier
blouvalkie
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Fri Dec 30, 2011 6:07 pm
by Herman Venter
Sal darm wat gee om vandag teen daardie pryse te jag
Groete
Herman
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Fri Dec 30, 2011 8:21 pm
by douw
baie geluk man
groetnis
douw
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Wed Jan 04, 2012 7:05 am
by Ian
Beste Joe
Die wereld is darem maar klein, ek en my broer Johann het daar gaan jag in 2003 en Johann het ook 'n monster Swartwildebees geskiet. Ek verstaan dat Dave weg is op daai plaas, dit is 'n jammerte want ons het altyd lekker daar gejag. Johann het die swbees geskiet met 30 06, 150gr Sierra game king, 237m, 25 1/8".
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Wed Jan 04, 2012 7:08 am
by Ian
Hier sit Johan saam met Dave in die goeie ou dae.
Groete
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Wed Jan 04, 2012 12:39 pm
by JoevR
Hallo Ian
Baie mooi swartwildebees van jou broer, daar is verseker goeie gene daar op Caledon Natuurreservaat. Ek het lankelaas met Dave gepraat, weet nie waar hy tans is nie. Dave doen baie moeite met die neem van "jagter en sy prooi" fotos: geen bloed is sigbaar nie, die dier se ageterbene word netjies ingevou, ens. Alles om die dier met respek te behandel. En beste van alles, hy doen dit met ALLE gejagte diere, nie net die trofee bokke nie! Ek het iewers foto's van 'n springbok ooitjie wat Dave opgestel en vir my afgeneem het. Hy het dieselfde moiete gedoen as met my Swartwildebees.
Groete
Joe
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Wed Jan 04, 2012 5:18 pm
by Ian
Beste Joe
Nou praat jy waarheid, ou Dave het ook altyd 'n roskam wat hy die diere eers mee afborsel, hy doen altyd baie moeite voordat die foto eers geneem word, hy het 'n passie vir dit. Ek kan nog so 'n paar van sy foto's laai as jy wil.
Groete.
Re: My beste Rowland Ward Trofee
Posted: Fri Jan 27, 2012 7:56 pm
by Marc
Dags?,
Dis voorwwar 'n mooi voorbeeld ! Geluk, ek soek al lankal na so 'n mooi groote, maar hulle ontduik my... ek s? maar eerder niks oor die fooi nie.
Nogmals geluk.
Marc