Page 1 of 1

Aanduidiging van druk punt tussen kolf en loop

Posted: Wed May 02, 2018 8:59 am
by Max Rossle
Goeiedag lede

Vertrou dit gaan goed met julle elkeen.

Ek het iets vreemds beleef met die eerste fase van lading ontwikkeling met my Howa Model 1500 Hog Hunter met Hogue kolf.

Die Hogue kolf is vol lengte gevul en "rigid" gemaak met Epidermix in die voorend (oor die ribbes en die holtes van die aluminium geraamte). Die loop is gefloat (meer as wat dit was uit die fabriek uit).

Ek het agtergekom tydens ontwikkeling oor n X-bag dat die eerste skoot baie hoog en regs print van die opvolgende 4 skote met die selfde lengte en dryfmiddel "charge" (ek het groeperings van 5 geskiet).

Die eerste skoot van elke 5 skoot string het so 3 tot 4" hoog en so 1" regs geprint op 100m... die opvolgende 4 skote het mekaar gesny so 3 tot 4" laag en 1" links van die eerste skoot af...

Ek vermoed dat daar iewers n druk punt tussen die kolf en loop is wat daai effek het op die groepering.

Is daar iemand wat dit kan bevestig?

Ek kan wel nog so 2mm per kant van die barrel channel uithaal en nog so 1mm onder die loop (tot en met die knocks se bedding).

Re: Aanduidiging van druk punt tussen kolf en loop

Posted: Wed May 02, 2018 9:26 am
by tripodmvr
Kyk of 'n waster voor op die voorste bout se pilaartjie nie 'n groter gaping gee nie. Baie makliker as om die kolf weg te skuur. Kyk ook mooi hoe jy die voorlaai op die X bag sit.

Skiet jy elke keer met 'n skoon loop, of maak dit nie hier saak nie?

Re: Aanduidiging van druk punt tussen kolf en loop

Posted: Wed May 02, 2018 9:34 am
by Max Rossle
tripodmvr wrote:Kyk of 'n waster voor op die voorste bout se pilaartjie nie 'n groter gaping gee nie. Baie makliker as om die kolf weg te skuur. Kyk ook mooi hoe jy die voorlaai op die X bag sit.

Skiet jy elke keer met 'n skoon loop, of maak dit nie hier saak nie?
Goeiedag,

Dankie vir u terugvoer.

Die is na 20 skote deur n splinternuwe loop... So dit is wel die "teething" fase van die geweer.

Ek het die X-bag dwars gedraai en bo oor hom geskiet en dinge het verbeter... wat my laat dink die bokant van die barrel channel "knyp" toe as die geweer se voorlaai in die X-bag se gleef gelê word.

Die enigste manier om dit te verhoed imo is om rondom die barrel channel bietjie materiaal weg te neem.

Ek sal ook verseker kyk daarna om die voorste aksie skroef op die voorste pillar teen 'n washer vas te trêk om die loop 'n exaggerated en clear lift te gee vanaf die bodem van die voorlaai.

Re: Aanduidiging van druk punt tussen kolf en loop

Posted: Wed May 02, 2018 9:38 am
by Malan123
Sal 'n druk punt net 1 flyer gee? Kan moontlik ook 'n koue loop wees? Volg Oom Marius se raad dan toets jy 1 ding op 'n slag. Die washer is 'n goeie idee en sodoende kan mens dan moontlikhede begin elimineer.

Re: Aanduidiging van druk punt tussen kolf en loop

Posted: Wed May 02, 2018 9:42 am
by Max Rossle
Malan123 wrote:Sal 'n druk punt net 1 flyer gee? Kan moontlik ook 'n koue loop wees? Volg Oom Marius se raad dan toets jy 1 ding op 'n slag. Die washer is 'n goeie idee en sodoende kan mens dan moontlikhede begin elimineer.
Dit het presies dieselfde gedoen met die 40gr s335 agter 168gr koeël net voor die vorige lading wat ek geplaas het (40.3gr s335).

Sien prentjie.

Re: Aanduidiging van druk punt tussen kolf en loop

Posted: Wed May 02, 2018 9:53 am
by Malan123
Ok wel dit elimineer alreeds my koue loop teorie. Try die washer dan laat weet jy.

Re: Aanduidiging van druk punt tussen kolf en loop

Posted: Wed May 02, 2018 10:25 am
by Max Rossle
Malan123 wrote:Ok wel dit elimineer alreeds my koue loop teorie. Try die washer dan laat weet jy.
Ek gaan beslis so maak en terugvoer gee. Ek wil net seker maak die waster se byvoeging lei nie tot kontak met die kolf op die boonste gedeelte van die barrell channel se wande nie.

Re: Aanduidiging van druk punt tussen kolf en loop

Posted: Wed May 02, 2018 12:51 pm
by Armand Steenkamp
Max, ek het 2 hogue kolwe op. N 204 varmint en n 6.5AI die 6.5 het die dunloop. Ek het altwee se voorlaaie vol steenvas gepak. Maar voor dit het ek met growwe skuurpapier die loop kanaale gied oop geskuur sodat daar baie spasie is. Hulle skiet baie moo.
Jammer ek kan nou nie meer help nie.

Re: Aanduidiging van druk punt tussen kolf en loop

Posted: Wed May 02, 2018 1:04 pm
by tripodmvr
Daardie waster is soos Viagra. Heelwat wat die loop optel.

Re: Aanduidiging van druk punt tussen kolf en loop

Posted: Wed May 02, 2018 1:14 pm
by Philip J
tripodmvr wrote:
Skiet jy elke keer met 'n skoon loop?
My 223 doen dit ook met eerste skoot uit n skoon loop. Daarna, gebeur dit nie weer nie.
Welliswaar nie soveel nie soos jou geweer nie, maar hy doen dit konstant as ek die loop goed geskrop het.
Jy sê jy is nog besig met "teething" probleme op n nuwe loop. As jy wel die loop skoonmaak tussen stringe(loop inbreek), is dit nie dalk waar jou probleem lê nie?

Re: Aanduidiging van druk punt tussen kolf en loop

Posted: Mon May 07, 2018 1:34 pm
by Max Rossle
Interessante ding.. het die loop kanaal heelwat oopgemaak (materiaal verwyder van bokant van loop kanaal) en die geweer skiet nou konstant die bogeplase groepering op 100m sonder "flyers"... Nice as dinge uitwerk...