Page 1 of 1

Dimmers, DIMMERS en dimmers... en skietstoele

Posted: Sat Oct 03, 2009 11:36 am
by WillJak
Daar is al baie gepraat en gevra oor dimmers hier en ek weet daar's heelwat produkte op die mark - ek het ook na verskillende van hulle gekyk en vergelyk. Ek persoonlik het my dimmer loopbaan begin met 'n "meganies" dimmer wat uit 'n Mazda 323 kom. Toe't ek oorgeskakel na 'n Jackalpro (Allan Truter van Uitenhaag) dimmer (die 323 is my "spare") en ek kan hom ten sterkste aanbeveel - Sir T gebruik hulle ook al vir jare en die goed hou - maar as hy jou moeilikheid gee is dit die enigste ene wat ek van weet met 'n volledige waarborg  - as hy gaan word hy vervang/herstel, so maklik soos dit. Wat my hieraan laat dink het is die feit dat ek gister by Allan aanwas saam met Taffie vir 'n paar goete en dit het my weereens getref hoe gasvry, vriendelik en boweal profesioneel Allan en sy personeel is - en hoe hulle die ekstra myl gaan vir hulle kliente - ons klomp jakkalsjagters.

Ek gebruik ook een van Allan se stoele - en dis soos iemand hier al ges? het - as jy 'n stoel wil bou, koop hom eerder, want die manne het al hulle skoolgeld betaal - ek is self nie heeltemal onhandig nie en ek het gekyk - daar is nie 'n manier wat ek naastenby daai kwaliteit stoel vir daai prys kan bou nie..... Ek het gister weer gesien hoe die manne te werk gaan - dis een ding as 'n ou vaardig is - dis 'n ander ding as jy kan sien hy gen??t wat hy doen terwyl hy werk. Allan is self 'n ywerige jakkalsjagter en hy w??t wat dit vat vir 'n stoel om te werk en lekker te werk - na amper 200 van sy stoele wat in die veld is en werk en met konstante terugvoer oor hoe om hom beter en sterker te maak is dit seker die beste stoel op die mark en definitief vir die prys.

Dankie Allan vir die hartlike ontvangs en die profesionele diens, dis iets wat maar skaars raak en dit word opreg waardeer wanneer mens dit wel raakloop.

Re: Dimmers, DIMMERS en dimmers... en skietstoele

Posted: Thu Jan 21, 2010 9:19 am
by Andre
Geen Jakkalsjagter kan deesdae sonder Dimmers regkom nie en ek wil die Dimmer wat Henk Ellis bou aanbeveel.
Nadat ek Dawie se dimmer gesien het, het ek ook een van Henk bestel. Dit was profesioneel opgevolg en beste van alles, dit is baie stil (lae frekwensie) en jy hoef hom net dood te draai sonder die skakelaar-geraas. Die draadkwaleteit is goed, lank en met 'n "fuse". Dit werk goed saam met my nagsig-monocular.Prys is grondboontjies!
Kontak.
Henk Ellis

Tel: (021) 937 1177
Fax: (021) 937 1196
Cell: 082 331 3132
Email: henke@atns.co.za
:o :o

Re: Dimmers, DIMMERS en dimmers... en skietstoele

Posted: Fri Jan 22, 2010 8:54 pm
by Christo
Andre wrote: Geen Jakkalsjagter kan deesdae sonder Dimmers regkom nie en ek wil die Dimmer wat Henk Ellis bou aanbeveel.
Nadat ek Dawie se dimmer gesien het, het ek ook een van Henk bestel. Dit was profesioneel opgevolg en beste van alles, dit is baie stil (lae frekwensie) en jy hoef hom net dood te draai sonder die skakelaar-geraas. Die draadkwaleteit is goed, lank en met 'n "fuse". Dit werk goed saam met my nagsig-monocular.Prys is grondboontjies!
Kontak.
Henk Ellis

Tel: (021) 937 1177
Fax: (021) 937 1196
Cell: 082 331 3132
Email: henke@atns.co.za
:o :o
KAN DIT BE-AAM. SELFS AL KOPPEL JY HOM SOOS EK VERKEERD OP WERK HY STEEDS AS JY DIE BEDRADING UITGE"FIGURE" HET


CHRISTO

Re: Dimmers, DIMMERS en dimmers... en skietstoele

Posted: Sat Jan 23, 2010 12:14 pm
by hannesfouche
Ook een bestel na ek julle ouens se komentaar gelees het,,moet beaam,,van die beste wat ek nog gesien het,,teen n uitstekende prys,,dankie Henk ,vir uitstekende diens.

Re: Dimmers, DIMMERS en dimmers... en skietstoele

Posted: Sat Jan 23, 2010 7:27 pm
by Francois Marais
Hi Almal

Moet se ek werk nou al n klompie jare met n Tewis dimmer, my stoel staan buit as nie in gebruik is nie en reen partykeer nat.............na ongeveer 6 jaar het ek die dimmer nou di dag vervang met nog n Tewis dimmer, die ou dimmer se skakelaar wou nie meer op volssterkte skakel nie.

Het met Henk gepraat en vier van sy dimmers bestel, hierdie keer sonder die skakelaars, kannie wag om hulle te beginne gebruik nie, en sal terugvoer gee sodra ek van hulle beginne gebruik.

Henk se prys het gemaak dat ek na sy dimmers kyk.

Mooi loop
Francois